Hoekom raak SA agter ivm Afrika??

  • 1

Dis GEEN geheim dat Afrika is die blink diamant in die swartgallige ekonomiese heelal soos wat ons hier kan lees in Rapport ook  http://www.sake24.com/Ekonomie/SA-verbruikers-glimlag-halfpad-20130917:

Suid-Afrikaners sien minder donker wolke saampak; mense in Nigerië, Marokko en Kenia sien die son deurbreek.

Hier aan die suidpunt van die vasteland was daar meer redes om mense optimisties te stem oor die tweede halfjaar as die eerste.

Maar Suid-Afrikaners was met 56,3 indekspunte (’n verbetering van 8,3 punte) nie naastenby so optimisties soos verbruikers in die ander Afrika-lande wat aan MasterCard se peiling oor verbruikersvertroue deelgeneem het nie.

Nigerië is Glimlagland, geoordeel aan sy indekspunt van 94,3. Marokko en Kenia staan op onderskeidelik 85,2 en 76,5 indekspunte.

Dié indekse is gegrond op ’n peiling waarin verbruikers uitgevra word oor hul verwagtinge vir die ekonomie, indiensneming, die aandelemark, hul inkomste en hul lewensgehalte.

Die peiling is in April en Mei onder 12 205 mense in Afrika, die MiddeOoste en die Stille Oseaan-streek gedoen.

Martyn Davies, onafhanklike ekonoom en uitvoerende hoof van Frontier Advisory, sê Suid-Afrika raak ook al hoe verder agter wat ekonomiese groei betref. “Al is dit die grootste ekonomie in Afrika, gaan Suid-Afrika vanjaar met net 2% groei, teenoor die 5,1% wat vir die hele Afrika suid van die Sahara voorspel word.”

Terwyl die gierige Weste geheel en al in die hek duik, links en regs bankrot speel, terwyl hulle banke soos dominoes val op 'n kakstreep, blink Afrika uit soos die Himalayas bo 'n kakhuisie! Net SA sukkel effe, maar waarom, waarom??? Jaak, helemal te veel slim Witmense in SA, met hul slim slinkse slenters...of so iets...shaaim...

Francois Williams

  • 1

Kommentaar

  • Goeie middag.   

     
    Ek het jou brief gelees grootliks omdat ek besig is met my Meesterstudie in Internasionale besigheid en veral op SA besighede wat uitbrei na Sub-Sahara-Afrika toe. Dis wel waar dat Suid-Afrika 'n daling in groei beleef. Die grootste rede hiervoor is ons groeiende politiese risiko, maar Suid-Afrika bly steeds die hartklop van Afrika.   
     
    Die rede waarom die res van Afrika groei begin beleef is weens beleggings in hierdie lande -'n land met 'n hoë risiko beleef beter "return". (Verskoon die Engels, maar dis die taal waarin ek studeer en verdere navorsing ook in voorkom). Suid-Afrika is een van die grootste lande wat in die Sub-Sahara belê op hierdie oomblik in tydens en met die onlangse handelsooreenkom met die Europese Unie behoort Afrika nog meer groei te beleef.   
     
    30 jaar gelede het die Westerse lande begin internasionaliseer - Suid-Afrika, en dus Afrika is nou waar hulle daai tyd was. So dink bietjie waar ons oor 30 jaar van nou af gaan wees. Wees bly Afrika groei. Want as Afrika groei, groei die groot groep beleggings wat Suid-Afrikaanse maatskappye in daardie lande gemaak het ook.    
     
    Ons huidige groei situasie is net tydelik. Ja, ons het probleme wat aandag aan gegee moet word sodat ons weer ons "country risk rating" (dit wat lande gebruik om te bepaal of jy 'n goeie belegging is of nie) terug te kry.   Maar ons sal daarby uitkom. Onthou -Suid-Afrika en Afrika is saamgeweef weens die verskeidenheid beleggings en handel ooreenkomste wat ons met beide Afrika en Europa het. As die een groei sal dit die ander een op een of ander manier affekteer.  
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top