Dat die Weste in vryval is, is helemal onbetwisbaar, selfs skuim-ommie-bek Wester-baster-apologete, soos die vergete Piettie Redlinghuis bv, kan dit nie vir langer as 'n nano sekonde ontken nie...
Kom ons kyk bietjie wat nou eintlik aangaan. Ok, die probleem het natuurlik 'n elle-lange aanloop, veral as mens in ag neem dit het basies begin met die barbaarse kretinne wat uit die Tuin van Eden geskop is...
Die Tuin van Eden is natuurlik net 'n metafoor vir die hele Afrika-kontinent, terwyl die buitenste duisternis was natuurlik die verbanning van Gam se geslag na die EU toe ... in die vorm van die Neandertals, wat deur God selwers uitgedryf is soos die bose geeste wat hulle was, en wat toe wel in die uiterste en buitense duisternis van die EU voortgegaan het met hul duiwelse praktyke van afgodery en mensvretery!
Intussen het die Goeie Afrikane wel natuurlik ook plekke soos Asië en OZ en NZ suksesvol kon koloniseer en beskaafd maak.
Intussen het die Neandertals van die EU besluit om weereens die Tuin van Eden te bestorm, dit teen die direkte bevele van God selwers in.
Die Goeie Afrikane het hulle aangevat by Armageddon, en die heidene feitlik uitgedelg.
Ongelukkig was daar tog nog uitwekelinge en vlugtelinge wat wel weer kon aanteel, en hulle valse kultuur en religie gebaseer op infame leuens kon vervolmaak tot in die huidige geslagte toe en die hele wêreld kon besmet het met hulle idees.
Die hartseer ding is natuurlik die Wit Westerling se oorontkomlike en oorweldigende selfhaat wat weer oorspoel in walglike verwyte teen enige iets wat voortspruit uit die Tuin van Eden uit, soos ons kan sien in die volgehoue aanvalle en progroms en konsentrasiekampe en uitwissingsveldtogte en slawerny wat die EU onverpoosd loods teen die Goeie Afrikane.
Maar as jy iemand in 'n diep gat wil instoot en vertrap dan eindig jy op in jou eie strik, en dis presies waar die Weste vandag sit, diep in sy eie gat - pun unintended - stewig vasgevang en buite enige hoop of redding.
Jy kan nie die mense van Eden wil aanvat en hoop om te wen nie, dis net nie moontlik nie, veral as jy in ag neem dis God selwers wat agter ons staan, en ons behoede van die Bose nie.
Waar is die Weste vandag dus?
Eenvoudig...
In vryval.
En die bodem leg nog diep...onpeilbaar.
In die EU word dinge soos dwelmmisbruik en hoereerdery nou bygetel by die GDP-syfers om kunsmatige 'rykdomme' te skep.
Die sg 'sterre' en die 'rykes' leef mildelik en openlik op dwelms en van misdaad, waarvoor hulle net meer en meer beloon word deur hul korrupte maatjies in big biz en natuurlik die sg 'regerings van die dag', wat niks meer is as voertuie vir diefstal en korrupsie nie.
Die hawelose hordes word stelselmatig uitgedruk na die kantlyne en straathoeke toe.
Pornografie is algemeen in die hoogste gestoeltes en die rykes het elkeen hul eie 'celeb sex tape' en 'coke-sniff tapes', die rykes betaal geen belastings nie, terwyl die hawelose hordes moet uithaal en wys, die grootste oorblywende besighede is nou gesetel rondom openlike misdade, soos taks-ontduiking, bankkorrupsie in sy totaliteite, dwelmsmokkelary, kollusies tussen sg big biz en die regerings met hul marionet politici, vernietiging van die omgewing, ninja-rekeningkunde en vervalsing van syfers in boekhouding in ieder en elke besigheid, die goedsmoeds aanvalle op swakkeres van ander nasies, die uitbuiting van armes, prostitusie, die verval van die skoolsisteem, die verval van die familie en korrupsie in die algemeen deur die lengte en breedte van enige Westerse land...
Dis in 'n neutedop die somtotaal van lewe in die HEL van die Weste.
En dis waar die Westerling toeka se tye al moes heen verban gewees het, Hel toe, maar nou in hul eie bose wysheid het die Westerling wel suksesvol sy eie hel kon skep.
Julle het julle beddens gemaak, slaap nou daarin.
Afrika vir die Afrikane!!!
En basta!!
Francois Williams


Kommentaar
Vir baie van ons mag Francois se woorde na 'n ge-gorrel klink. Maar dit bevat diep waarhede selfs in humor en in raakvat.
Spaar ons tog jou skuim-om-die bek gegorrel, en jou kinderagtige aandring op aandag.
Ons weet goed dat jy ook verslaaf is aan pornografie, jou tweegesig. Daar is baie bewyse daarvoor in jou eie skrywes in die verlede aan SêNet.
Pieter Redelinghuys
Francois Williams
Pleks daarvan om op LitNet gal te braak, kom eerder huistoe want die Bloemfonteiners onder leiding van die uiters bekwame ANC sit met moerse waterverliese en het na wat berig word nog net 4 maande se voorraad.
'n Bekkige ou soos jy bedrewe in 'fout uitwys' sal mos die ou probleempie in 'n japtrap kan oplos,dan hoef jy jou nie langer te verkneuter in die Weste se vryval, of hoe dan nou?
Of is jou boodskap aan jou mede 'Comrades' ook :"Julle het julle beddens gemaak, slaap nou (dors) daarin."
Tipiese Pietie!! Hou nie van die boodskap nie, want kan nie die waarheid hanteer nie, nou val hy die boodskapper aan!! Die enigste ander plek wat net so in vryval is as die Weste, is toevallig Thailand huh!!
Wat gaan aan met jou deesdae?
Met jou kleinburgerlike moralistiese oordele van die Weste, blyk dit of daardie Filippynse katolieke poppies met wie jy so rondslaap jou bekeer het tot die Roomse geloof!
... eish Pieter, wat 'n wonderlike dag!!!
Filippynse poppies hettie pyne nie...so goed soos goud, en miljoen maal beter as enigiets uit Finland en Thailand uit...en dis feite...