Mens sidder en beef as jy dink oor die gevolge as die ANC dalk die verkiesing verloor: Sal hulle dit aanvaar, of gaan hulle gewelddadig raak en 'n staatsgreep uitvoer? Want ons ken die tradisies van Afrika as dit kom by verkiesings.
Die regerende party maak al weer allerlei beloftes aan die kiesers. Daar is beloof om ses miljoen werksgeleenthede te skep, en hoewel hulle dit voorheen ook beloof het en daar niks van gekom het nie, glo die mense hulle steeds. Want die miljoene werkloses is desperaat, hulle gryp na strooihalms en hoop dit kom hierdie keer waar. Net so is die miljoene mense wat in haglike omstandighede in plakkershutte woon, wanhopig. As God hulle dan nie help nie, miskien sal die ANC hierdie keer tog ...
Dit lyk my dan, om die regerende party se mag te breek, moet opposisie partye dieselfde doen: Beloof sewe miljoen werksgeleenthede, beloof huise en water en elektrisiteit en onderneem om die maatskaplike toelae te verhoog en uit te brei na meer mense.
Dis dalk al kans wat ons het.
Groete,
Varkspek


Kommentaar
Ek stem saam. Die ANC sal ook sorg dat hulle in dag des lewens nie 'n verkiesing verloor nie. Ek is bewus daarvan dat daar meer mense vir die ANC stem as wat daar kiesers in 'n kiesafdeling is. Dit laat die vraag ontstaan is daar nie kiesbriefies voor die tyd in die stembusse gegooi nie. Dit sal my nie verbaas nie. Niks is onmoontlik met die manne nie.