Hoe Mandela SA se ekonomie ook mos red!!

  • 27

Baie van SA se KKKs verbeel mos die ou SA was 'n land van melk en heuning, maar wat hulle nie WIL weetie is dat SA was wesenlik bankrot toe Mandela oorneem, en dit het een reuse regruk poging geverg van die ANC om SA te omskep in die welvarende land wat dit reeds is!!

So lees ons in Rapport, uit die perd se bek:

Die herstel van vertroue in Suid-Afrika se ekonomie in 1994 was ’n merkwaardige prestasie. Apartheid het die land in ’n verstoteling-staat verander, onderhewig aan internasionale sanksies en boikotte. Die ekonomie het buitelandse kapitaal uitgebloei; daar was net genoeg reserwes om 10 dae van invoer te dek; die begrotingstekort was 9,1% van die bruto binnelandse produk (BBP).
Toe Mandela Chris Liebenberg gevra het om die minister van finansies te word, het hy dit gedoen op voorwaarde dat die land ’n markverwante ekonomie aanvaar en fiskale dissipline beoefen.
“Dit was moeilike tye,” sê Liebenberg. “Ons wat op pad na bankrotskap. Mandela was baie bewus daarvan dat die ANC, wat nog nooit regeer het nie, nie so skerpsinnig sou wees met die bestuur van die ekonomie soos dit moes wees nie.
“Hy het my genader omdat ek ’n bankier met baie internasionale kontakte en ervaring was.”
Liebenberg het belasting verhoog en die verdedigingsbegroting besnoei. Die land het in 1994 $750 miljoen deur effekte-verkope ingevorder. Teen 1999 is die begrotingstekort verminder tot 2,3% van die BBP.
Mandela kon Chris Stals, president van die Reserwebank, oortuig om sy aftrede met vyf jaar uit te stel om die land se oorgang te help bestuur. “Ons het van dag een af bestendige vordering gemaak in daardie eerste vyf jaar,” sê Stals.
“Ons belangrikste taak was om ons weer in die wêreldekonomie in te bring. Mandela het beslis ’n groot rol daarin gespeel. Die vertroue wat mense in hom en sy beleid gehad het, het ons in staat gestel om ’n baie goeie fondament te lê.”

Interessant, wys jou wat een mens met bietjie insig kan doen, ek meen, die blankes het almal indrukwekkende grade en goeters dannie, en kyk hoe lykkit in die EU en die Weste, hulle is nou waar SA in 1994 was, maar daar is geen Mandela wat hulle gaan regruk nie...

Francois Williams

  • 27

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    .... And it is impossible to see how it [Suid Afrika] can do anything but become more dangerous, more corrupt, and more impoverished under the shabby leadership of a ‘100 per cent Zulu boy’...

    Ja François, ek verstaan dis baie moeilik vir jou om dit te glo ... maar lees hierdie skakel van bo tot onder en sien hoe selfs die Ingelse wat Nelson so verhef het (Afrika se leiers elders is duidelik min gespin oor jou messias) ons Suid Afrika vandag die afgrond sien tuimel ...

    http://www.dailymail.co.uk/debate/debatesearch/article-2519706/Mandelas-greatest-feat-saving-South-Africa-bloodbath-current-President-Zuma-plunged-violence-corruption-poverty-By-John-Humprhrys-Stephen-Robinson.html#ixzz2mzUPtovQ

  • Hoor hier jou voor-op-die-wa klein japsnoet (en met 'klein' bedoel ek nie fisies klein nie want die foto wat ek van jou gesien het lyk jy so 4 etes voor en drie kakke agter), Mandela het NIE die SA ekonomie kom red nie, inteendeel ....
    Jan Rap
    NS Ek kan nie vir jou sê wat ek eintlik wil sê nie want die redaksie modereer dit moer toe (too close to the bone).  Ek hoop jy het al agtergekom jy kan die grootste klomp stront praat en hulle sal dit publiseer bloot omdat  so ooglopend is dat jy twak praat.

  • Jannie, as jy die artikel mooi lees, sou jy sien dis mense soos bv Chris Stals wat vertel het hoe Nelson die Afrikaner regering se gemors moes opruim...dis nie ek nie...lyk my as jy nie van die boodskap hou nie, val jy die boodskapper aan, wat kaaind?

    Neelsie, ek weetie in watter opsigte is Zoema bv swakker as enige ander prez in die wêreld nie?
    Lig in asb?
  • Jan Rap, eet jy met daardie mond? Soos ek voorheen vir jou verkrampte pél Neelsie gesê het: As julle geen feite het om na die debat te bring nie, hoekom hardloop julle dan reguit rioolslyk toe om handevol op te tel en almal  wat nie soos julle dink nie daarmee te bestook? Raai wie stink eerste?

    Jy openbaar 'n absolute gebrek aan styl. 'Skuus, jy weet nie wat styl is nie...? Jammer, dan kan niemand jou meer help nie.

     

    Dirk Rigter

  • CorneliusHenn

    François ... ek dink julle moet julle slim vragies vir die skare by Soccer City gaan vra ... persoonlik dink ek dat by 'n geleentheid waar selfs die Boer FW de Klerk langs Soweto applous ontvang het, die uitjouery voor die hele wêreld deur die skare van jul "100% Zulu boy" by dieselfde geleentheid nogals iets beduidend is ... Dirk Rigter, ek moet erken dat ek teleurgesteld is in jou vermoë om rede te voer ... om een of ander rede het ek meer van jou verwag ... maar, dis okei, ek had nog altyd respek vir die meerderheid belangstellendes se intelligensie hier en weet dat hulle jou riool maklik sal onderskei ... Boeregroete, Cornelius Henn

     

  • Ja-nee, ek is nogal spyt oor my kommentaar hierbo aan Francois Williams.  Nie oor ek NIE die woord 'poefies' gebruik het in plaas van die woorde wat ek wel gebruik het nie maar omdat ek toelaat dat 'n ou wat soveel twak praat my omkrap.

    Ook is ek jammer ek het nie 'Waarskuwing: Francoiswilliamsiaans SNLV >18 !' bo-aan geplaas nie om 'n ou soos Dirk Rigter die hartkloppings, hehiebie-dzjehiebies, stuipe en paperellakoors te spaar. 

    Van Dirk gepraat:  Dirk, waar het ek nie feite gegee nie, sê net en ek gee hulle vir jou.  Dat ek nie styl het nie is gewis; was seker te lank in die bos (konstruksiefirma).  Terloops, Soois kan laster, met nog meer gegeurde taal as wat ek ooit gebruik het daarby en jy swyg, heelwaarskynlik oor hy kwansuis 'liberaal' is maar laat net, wat jy as 'regs' beskou,   'mapstieks' sê dan moet jy met vlugsout gelawe word. 

    Trienie, jy's reg, hy vang my; nie met humor nie maar met sy voor-op-die-wa-geit en sy geblaf saam met wat hy dink die Rottweilers is.  Ek moet sê, darem nie met al sy briewe nie; net met die waar hy so laster.  Nie dat ek nou oorgodsdienstig is nie, net die blote vermetelheid van die  kêrel.  As Dirk nou nie so'n hewige liberaal-demokraat was nie (en dus in dieselfde kamp as Williams) sou hy gesê het DIT is nou gebrek aan styl.

    En Dirk, weer eens, laat my nou weet watter feite ek uitgelaat het.

  • Henn, kan jy nie lees nie? F Williams se skrywe handel oor die rol wat Mandela gespeel het om die SA ekonomie te laat herstel. Jy kan met Williams saamstem, of van hom verskil. As jy verskil, motiveer jou saak met feite, moenie op hom vloek en skel nie.

    En nog iets: Wat het die "100% Zulu boy" ding en Soccer city met Mandela en die ekonomie uit te waai? As jy nie teenargumente het nie, bly liewer stil, moenie jou gebrekkige debatsvermoë uitstal vir almal om te sien nie!  Arme FW De Klerk krimp ineen as hy sien hoe jy hom as grashalm gebruik om nie in jou eie onvermoë te versuip nie.

  • CorneliusHenn

    Dirk Rigter, die dwaal dat Nelson Mandela die land se ekonomie gered het, is joune en die andere soos François Williams, Jaco Fourie en die klug "Lilly White Wouter Ferns Elizabeth Costello op 'n bootreis".... Nelson Mandela was wel die president wat wette op die wetboek moes plaas om swartmense se ekonomiese posisie drasties te moes verbeter, maar het negentien jaar later ‘n handjievol obseen ryk swart elite opgelewer terwyl die arm massas roep om brood ... volg hierdie skakel en word wys: http://www.bloomberg.com/news/2013-12-09/was-mandela-right-to-sell-out-black-south-africans-.html?alcmpid=view ... Dirk Rigter, dis werklik tragies hoeveel ek aan 'n grootbek soos jy reeds hier moes leer! ... die gedagte dat Nelson Mandela en jul ANC organisasie Suid-Afrika se ekonomie gered het, is dus in enige ingeligte geselskap iets absurd! ... en o ja,  jou verwysing na "die 100% Zulu boy ding", is hoe ons geagte president Jacob Zuma na homself met waardigheid in die openbaar verwys - ja, natuurlik het jy dit ook nie eens geweet nie ... siestog ...hoop jy leer weereens iets sodat jy nie so in jou arrogansie verder hoef te versuip nie ...

  • Corneelis...weetie wat het oor jou hart geslinger nie, maar jy poep verward rond, dis gewis!!

    Eerstens het Mandela die hele SA gered, selfs verligting gebring aan mensies soos die verwese jannies van die wêreld, wat nou heel openlik selfs op Sondag hulle se Playboy kan koop, en selfs lekka in Afrikaans 'n rukkie op die toilet kan verwyl met bv 'n opelyf, en natuurlik 'n Loslyf daarby ... en wie moet ons bedank, wie???
    Kry net kop asemblieffies tog...en Zoema?
    Wat van Zoema?
    As hy nie die reguit paadjie loopie is hy uit op sy gat, dis al...en nee, FW gaan nie 'n terugkeer maakie, dis onmogentlik...nuwe stemme kom deur, vir die Nuwe NSA...maak jy yt...
  • CorneliusHenn

    Beste François, ek sukkel om my antwoorde op jul aantygings geplaas te kry - hoe ek dit ookal versag ... nietemin, ek deel die volgende stelling met die hoop dat dit wel 'n plek kry en dat jy sal verstaan dis nie eens die hare op die monster se ore nie: [Binne Suid-Afrika het die Zuma-“bashing” in felheid toegeneem, maar op die oog af nie sy grondvlaksteun genoegsaam aangetas om die ANC te laat herbesin oor sy voortgesette presidentskap nie. Selfs na die yslike gedenkdiens-verleentheid lyk dit of die ANC eerder simptome as oorsake wil aanspreek] ... as jy dit copy&paste in Google se soekblokkie, sal die bron daarvan op jou skerm verskyn ... lees sommer die hele storie daar as jy wil ... die punt is dat onse "100% Zuma boy" die NSA en die ANC amptelik verteenwoordig en ongeag Zuma se krom paadjies, hy nog lank gaan regeer - die people wil dit so het! ... ek respekteer jul optimisme, maar die dag as jy die diskriminasie aan jou eie lyf voel hoop ek jy verstaan ook my pleit vir meer realisme omtrent die stagnasie in Nelson Mandela se erfenis hier in Mzansi ... Namaste! Cornelius Henn

  • Cornelius, ek hopie jy beweer dat diskriminasie in SA is nou erger as wat dit was 17 jaar gelede nie? SA is in 'n proses, a work in process, net soos die Ninjas 'n gedugte katana in die hande kon hou slegs na eenmiljoen houe met die swaar hammer, nadat in die vuur moes in en uit, en in yswater gedoop was...dis SA, niks wat so gedug soos die Katana is kom eenvoudig of makik nie, MAAR ek waarborg jou die eindproduk sal die beste wees wat die wêreld ooit gesien het...en my eenvoudige doel is om te leef in die land wat die beste is wat die wêreld ooit gesien het in die geskiedenis van die mensdom...ons sal daar kom as ons almal ons plig doen...almal sonner uitsonderings...

  • CorneliusHenn

    Beste François,

    Ek respekteer nogmaals jou optimisme.

    Nogtans, ek deel ook graag die volgende in Ingels met jou:

    I spoke to the fairies the other day, and they told me that President Jacob Gedleyihlekisa Zuma will withdraw peaceably from active politics. I visit Fairyland from time to time, where the fairies, bless their angelic hearts, tell me what I want to hear. They stumbled a little over Gedleyihlekisa, but were quite clear about Zuma. I suspect many South Africans, more particularly those from the middle-classes, also go to Fairyland. There is nothing wrong with this - hearing what you want to hear. It raises the spirits when the future looks grim. Anyway, I asked the fairies why Zuma would withdraw, and they replied that it was the booing of him - by black ANC supporters - at the Soweto stadium when tribute was being paid to Nelson Mandela. The sheer volume of it. Zuma felt humiliated, crushed. To retain a shred of self-respect he has no choice but to give up the presidency. He will retire to Nkandla (with his four wives). Further, President Barack Obama, in his outstanding speech at the stadium, while urging South Africans to be the "master of their fate and the captains of their soul", omitted any mention of Zuma. Analyst Justice Malala summed up the day: "It was an absolutely joyless experience. When the big moment came, South Africa didn't live up. They didn't play."

    ... ensovoorts, ensovoorts, ensovoorts ...

    Lees gerus die res verder hier: http://www.politicsweb.co.za/politicsweb/view/politicsweb/en/page71619?oid=482320&sn=Detail&pid=71616

    Dis net een van menige bronne en beskouinge dat dinge nie so belowend in Feëtjieland lyk as wat die persmannetjies en vroutjies die arme slimmes daarin wil laat glo nie.

    Nee, dis net die profytmakers/winsjagters wat nog altyd in die Nuwe Suid-Afrika floreer het!

    Daar is werklik min in terme van gelykheid en menswaardigheid vir almal in onse Nuwe Suid-Afrika, en dis in hierdie opsig wat ek meen die huidige vorme van sistematiese diskriminasie op alle vlakke gewis erger is as wat dit 17 jaar gelede was.

    Die redes vir die Groot Trek en wat leiers soos Adam Kok destyds ingesluit het, is niks anders vandag nie.

    Sou jy seg dat die Griekwas en Boere se wegtrek uit die Kaap lafhartig was, of was dit dapper van onse voormoeders om te seg hulle trek kaalvoet oor die berg as dit moet, maar van die Kaapse kruipers en Ingelse is hulle gatvol verby?

    Dis nie om dowe neute wat die Ingelse prins Charles hier kom "hit & run" het voor ons herinneringsdag by onder meer die Vrouemonument nie. Hy het hoeka nie eens sy eie Prinses Di te goed behandel nie!

    François, ek wens jou en jou geliefdes intussen ook 'n geseënde en voorspoedig jaar. Ek sien uit om ons gesprek verder in die nuwe jaar te voer. Glo my, daar wag 'n GROOT jaar op ons almal.

    Namaste!

    Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    ... dis 'n lekker lang vakansie  François ... hier is nog ietsie om te lees as jy wil: http://www.theweek.co.uk/world-news/nelson-mandela/56463/charlize-theron-reminds-us-shameful-episode-our-history ... die Ingelsman se getalle is hier en daar verkeerd, maar sy hart is gewis reg!

     

    Maar dan is daar genadiglik ook onse geliefde Aartsbikop Emiritus Desmond Tutu se uiters gewaardeerde en betekenisvolle verskoning aan die Afrikaners die afgelope ruk ...

     

     

    Statement from Archbishop Emeritus Desmond Tutu on Reconciliation Day: 16 December 2013

    This Reconciliation Day in South Africa is unlike any other. It comes a day after the nation bid farewell to its founding father, its architect and builder, Tata Rolihlahla Nelson Mandela.

    It is fitting to reflect on the past 10 extraordinary days of mourning and celebrating. To give thanks to God once again for the gift he gave us, and – even as we grieve – to draw lessons from Madiba. To ask ourselves, continuously: What would he have said? What would he have done?

    The events that were organised to honour Madiba and to remember his legacy were uniformly very good, and some were outstanding. Madiba united South Africans in life and death.

    The funeral was superb; the main venue quite splendid. It was hard to believe we were in a tent!

    The choir and orchestra were heavenly, though their contribution was curtailed due to time constraints. Ahmed Kathrada's eulogy was so perfectly heartfelt and poignant. Whoever thought of including a recording of a children's choir singing for Madiba deserves a medal; speaking of which, the Defence Force excelled itself with the precision of its marching, its sombre formality and spectacular flypasts.

    The organisers really did themselves, and us, proud. Of course we were embarrassed by the behaviour of some elements in the crowd at the FNB Stadium but, overall, we gave Madiba the send-off he deserved.

    I do, however, want to issue an apology in my capacity as a member of the faith community: We were amiss in not being as inclusive as Madiba would certainly have been.

    The most blatant exclusion was of the Afrikaner community. We, the faith leaders, failed to include someone from the white Dutch Reformed Church in what should have beeb a representative group of faith leaders at both the FNB Stadium Memorial and the State Funeral in Qunu – and we failed to use Afrikaans in the proceedings except for a few sentences in the final benediction.

    Madiba would have been appalled, for he was quite determined to be inclusive. Just look at our National Anthem, the 1995 Rugby World Cup, the lunch and tea engagements with the widows of apartheid Presidents… He went out of his way to ensure Afrikaners felt part of the new nation we were building.

    To the extent that I can do so meaningfully, I apologise to our sisters and brothers in the Afrikaner Community.

    I also believe it may have sent out a more inclusive message had the programme directors at the Memorial and Funeral - both national and State events – not both been senior office–bearers of the ruling party.

    Madiba was a nation-builder. I pray that we will uphold this critical aspect of his mission forever.

    God bless you!

    Desmond Tutu

     

    https://www.facebook.com/pages/The-Desmond-Leah-Tutu-Legacy-Foundation/1400262613528921?fref=ts

  • francois williams

    Neels, nee maar regso.

    Laat ek jou spesifiek vra:
    Watter leiers wereldwyd doen beter as zUMA EN WAAROM? bEGIN GERUS IN DIE wESTE EN GOOI DIE NAME OP EN DIE REDES HOEKOM HULLE BETER IS AS zUMA ASB??
    2 - Watter lande eweneens is beter as SA, en hoekom??
    Jy skiet rond en bont maar kom nie tot die punt nie...as jy nou jou kop oppe blok plaas kan ons lekke redeneer...maar jy kannie wille bewerings maakie sonner redes nie...laat ons dan vergelyk, ek seg SA en ons regering is steeds beste terwereld...wie plaas jy dan bo ons???
  • CorneliusHenn

    Beste François,

    Baie dankie vir jou ooreenstemming met my dusver.

    Jy vra: "Watter leiers wereldwyd doen beter as zUMA EN WAAROM? bEGIN GERUS IN DIE wESTE EN GOOI DIE NAME OP EN DIE REDES HOEKOM HULLE BETER IS AS zUMA ASB?? 2 - Watter lande eweneens is beter as SA, en hoekom??"

    François, dit hang natuurlik van jou eie waardes af.

    Ek dink Prez Zuma het losweg die meeste vroue en kinders vergeleke met enige ander leier in die wêreld. Prez Zuma was ook die meeste in die hof vir sake soos verkragting en korrupsie. Prez Zuma het ook die grootste woning vergeleke met sy bure, as enige ander leier in die wêreld. Met respek; ek dink ook Prez Zuma is die enigste leier in die wêreld wat van beeswagter met standerd ses tot die leier van 'n land gevorder het. Ook 'n lansie aan ons "demokrasie": Prez Zuma is die eerste leier wat voor die hele wêreld deur 'n skare van sy eie mense uitgejou is!

    Daar is dus gewis menige onderskeid waarin jy Prez Zuma heel bo aan die lys kan plaas.

    Indien groei aan bruto inkomste per landsburger 'n maatstaf is, of eerste wêreldbeskawing en norme vir jou belangrik is, dan vaar Prez Zuma onder gemiddeld - selfs op 'n derde wêreldse ranglys.

     

    Prez Zuma, kan onmoontlik gemeet word aan eerste wêreldstandaard. Selfs oom Bob van Zim oorskadu menige leier in die hele wêreld as dit by geleerdheid kom.

    Ek dink Thabo Mbeki beantwoord ook voorts jou vraag hierin: http://www.channel4.com/news/thabo-mbeki-jacob-zuma-south-africa-power-corruption-people

    Jou tweede vraag: Watter lande eweneens is beter as SA, en hoekom??

    François, weereens hang dit van die maat af.

    Persoonlik ag ek my erfenis en die sonskyn in SA as die heel beste in die wêreld!

    My enigste ervaring aan eerste wêreldstandaarde is tot Prins Edward Eiland in Kanada beperk. Daar is beslis geen vergelyk in terme van gesondheidsdienste, opvoeding, paaie, veiligheid, toekoms ... ensovoorts tussen Mzansi en PEI nie - natuurlik met "Anne of Gables" se eiland heel bo aan die lys!

    Ek het ook dan en wan kontak met Ysland, alhoewel ek nog nooit voet daar gesit het nie. Weereens kan dit wat ek daaruit agterkom, nie met die hool hier vergelyk word nie. Ek dink jy behoort saam met my 'n ode aan Ólafur Ragnar Grímsson te rig vir sy oorwinning oor die Westerse Geldmag in Ysland. Alles klink pragtig daar. 'n Mens moet liefs net nie Juanita se Skarumba daar sing nie - dis verban omdat dit woorde en frases bevat wat vulgêre betekenisse in Yslandies het. Die frase “Ahadi hooi Skarumba!” kan glo letterlik in Yslandies vertaal word as “Ek wil ‘n pikkewyn naai”.

    Voorts wil ek jou uit ervaring verseker dat dit uiters vreedsaam en veilig vergeleke met SA in Zambië, Botswana en Namibië gaan. Selfs Moz was tot onlangs nog 'n paradys gemeet aan Zuma se Feetjieland. Malaria in die res van die Suidpunt van Afrika, maak SA miskien beter - maar dis waar dit eindig.

    François, ek is al 'n hele entjie oor die halfeeu merk. Ek is ook op grond van my velkleur net nog 'n ekonomies deur die landswette gemarginaliseerde SA burger. Ek kan dus nie vir my elders burgerskap koop, of selfs maklik vir 'n studie of werkpermit kwalifiseer nie. As daar wel 'n deur vir vlugtelinge oopgaan, is my voet in! ...  ek probeer ook soos jy Ingels aan onskuldiges elders te gaan leer ... enige raad sal waardeer word ...

    Intussen stry ek die stryd en mik maar die heeltyd om vir my 'n wa te koop om oor die berg te trek - weg van die Anglo en Amerikaanse korrupte profyt jagters en uitbuiters in SA. Ek is oortuig dat 'n hele paar renosters ook maar net te bly sal wees om dit vir my te trek.

    Die koalisie vir 2014 se verkiesing gee my wel 'n bietjie hoop - tyd sal leer. Kom ons sien of Afrikaners hierdie keer vir Afrikaners sal stem. Die Black Sash anti Zille lyk my het meeste van die politiek geskape Afrikanertjies so getoor dat hulle nooit weer hul swart serpies sal afhaal nie - selfs al moet hul eie kinders in skaamte die wêreld rondswerf.

    Dis nie my bedoeling om jou optimisme te demp nie, maar respekteer asseblief net die feite, en veral ander in die SA hel se eerstehandse redes. Ek dink ook dis verkeerd om so te verlustig oor vandag die skoen aan die ander voet in SA.

    Namaste!

    Cornelius Henn

  • Soois, nou waaroor wil jy 'lekke redeneer'?  Hierbo het Cornelius nou mos duidelik vir jou gewys dat tot Biskop Tutu bevestig die Afrikaner word afgejak in jou Nuwe! Verbeterde! Suid-Afrika!
    Jy vra watter lande beter as SA is?  Die antwoord is AL daardie lande wat vir SA aalmoese gee, EN dan nog 'n paar ander ook.  Kyk maar op die lysies.

  • Beteken  ekonomiese voorspoed enigiets as dit nie met  veiligheid gepaard gaan nie.Die vraag is dus in watter land wil jy die graagste woon.'n Welvarende land met hoë misdaadsyfers of 'n arm land met lae syfers.

    Volgens   'http://www.frontline.org.za/Files/PDF/murder_southafrica (5).pdf "

    "This (die voorafgaande statistieke)equates to 309,583 murders from the year 1950 to 1993 (44 years –averaging 7,036 per year), meanwhile according to SAPS statistics, 193,649 murders were committed in 8 years after the “new democratic dispensation” came to power, thus giving an average of 24,206 per year(crime statistics for 2002/03 are not as yet available)"

    Die volgende statistieke is verkry vanaf:http://www.africacheck.org/factsheets/factsheet-south-africas-official-crime-statistics-for-201213/

    Street or public robberies increased by 2 534 cases to a total of 60 262 incidents. This is 4.4% higher than the 57,728 incidents recorded the previous year. It means that every day on average there were 166 cases of street robbery in 2012/13.
    House robberies are reported when people are attacked by armed gangs while they are in their homes. This crimes increased by 7.1% to 17 950 incidents representing an additional 1 184 households being attacked when compared to the previous year.

     On average 49 households were attacked each day in 2012/13. Business robberies increased by 2.7% to 16 377 incidents.  This crime type has consistently  increased in the past eight years so it is 345% higher than in 2004/05.

    There were an additional 426 armed attacks on businesses in 2012/13 as compared to the previous year.

    Vehicle hijacking increased by 5.4% to 9 990 incidents. This means that 28 motor vehicles were hijacked every day on average in 2012/13.This is of particular concern given that most of these cases are as a result of organised crime syndicates.

     The number of truck hijacking increased by 14,9% from 821 incidents in 2011/2012 to 943 incidents in 2012/2013. As with vehicle hijacking, this crime is generally perpetrated by organised crime syndicates. These increases suggest that organised crime is on the rise in South Africa. -
    See more at: http://www.africacheck.org/factsheets/factsheet-south-africas-official-crime-statistics-for-201213/#sthash.16QQ42n5.dpuf

    Daar was ook goeie nuus sommige misdade het afgeneem.

    Hoe 'n mens politieke vryheid en ekonomiese voorspoed opweeg teen hoë misdaad hang seer sekerlik af
    uit watter agtergrond en oogpunt 'n mens dit beskou.

  • CorneliusHenn

    François, ek vat hierdie gewis saam met my "...net soos die Ninjas 'n gedugte katana in die hande kon hou slegs na eenmiljoen houe met die swaar hammer, nadat in die vuur moes in en uit, en in yswater gedoop was...dis SA, niks wat so gedug soos die Katana is kom eenvoudig of makik nie" ... ja, ons Boerenasie ken van gelouter word, maar ons ken ook van plesier! ... hierdie is darem nie Ysland nie, daarom deel ek graag hierdie met jou: http://www.youtube.com/watch?v=kfiJlSUNB-8  ... voorspoedige nuwe jaar en 'n geseende feestyd vir jou François! ... Cornelius Henn

     

  • francois williams

    nee maar Neelsie, ek is bly jy het jou koppie vir een sekonde uit jou poeopl kon ruk en bietjie spesifiek antwoord!! So jy reken Kanada is die plek huh??/ Wel, kom ek haal gou aan oor die leier van Kaknada se grootste stad, Toronto:Pope Francis might be Time magazine's person of the year, but for Canada, there can be little doubt who our main noisemaker has been. Toronto's mayor, Rob Ford, with his acknowledgments of crack smoking, drunken stupors, driving while under the influence and socialising with drug dealers, has made Canadians cringe in an unexpected way.Consider that Canadians view much of the world through American media, which places us in a very odd, existential state: we experience much of the world from the perspective of a country that barely knows we exist. When Canada does make the news, either as a Simpsons one-liner or a news story about some extreme weather, it sets off a collective frisson – a brief but thrilling sensation of being acknowledged.Ford's ongoing fame is that much more agonising, given its epic scope. He has become one of the most famous Canadians in the world, attaining the kind of recognition usually only granted to one of our citizens once they have left the country, like William Shatner, Celine Dion or Justin Bieber.But Ford's notoriety, which now includes the opening sketch for Saturday Night Live and a New Yorker cartoon, is horrifying to Canadians for another reason. It's the terror of recognition. Sadly but truly, Ford has become the very personification of what Canada has become.http://www.theguardian.com/commentisfree/2013/dec/13/crack-smoking-toronto-mayor-rob-ford-epitomises-canada

  • francois williams

    Vervolg...And that makes the image of Ford all the more unsettling. What was once Canada the cool, the country a 1991 Economist cover story called the "post-modern nation-state", has now devolved into a rightwing hellhole. Ford was elected in 2010, one year prior to Canada's Conservative party winning a majority in the national parliament. Since then, Harper, a man who once referred to global warming as "a socialist conspiracy", has pushed Canada's policies sharply to the right.Canada now has tough-on-crime legislation that includes strict minimum sentences – enacted despite the advice of some American Republican lawmakers, who pointed out that similar legislation south of the border has been expensive and ineffectual. Harper moved to dismantle the long-gun registry, which was brought in after a brutal 1989 mass shooting left 14 women dead at the hands of a deranged gunman. The registry was ended despite the pleas of victims-rights groups and police officers, who almost unanimously supported it.But Canada's ideological reversal of fortune is perhaps most devastating when one considers environmental issues. Under the previous Liberal government, Canada had been one of the key architects of the Kyoto protocol; Harper's Conservatives officially withdrew Canada from the protocol, and instead are championing Alberta's tar sands, a development many predict will have a catastrophic impact. In an announcement in November that was eclipsed by the Ford soap opera, the Washington, DC-based Center for Global Development ranked 27 countries in terms of their commitment to environmental protection. Canada came in 27th.

  • francois williams

    Vervolg...ek sien jy spoel lekka bek uit oor hoe kwansuis kak is Zuma, en dan nomineer jy 'n beter land met beter leiers as Kanada!!!
    Hahahahaha!!!
    Weetie of jyselwers dalk Rob Ford se voorbeeld volg nie, en mildelik op die coke en ander happy substances is, maar boet, jy moet darem bietjie huiswerk probeer doen voor jy jouself so in die pote skiet selwers, agge nee man, en ysland!!!
    SAL JOU LATER DAAROP ANTWOORD, MAAR ek dink eerlikwaar jy het 'n intense sielkundige probleem, en sal dit later uitspel boonop...soos hulle seg...Each time Ford appears in the media, it's another eerie reminder of what we've become: crude, swaggering, bungling, irrational and mendacious. We've reached that staggering moment in a brilliant horror film when our protagonist realises the truth: Rob Ford is the New Canada. He is us.
    Jaak, jy bewonder leiers wat suiplap alkolisties is, wat met kriminele heul vir kokaine, wat korrup is tot die been toe, en wat deur sy kiesers bewonder word vir daai eienskappe...dit seg veel van jouself...en goddank dan, dat jy nie Zuma of SA ondersteun nie...wyk Kaknada toe boet...

  • francois williams

    Al het Zuma net Std 6, dink ek tog hy het veel meer inbors en gesonde kommin verstand as Neelsie se baie blank, hoogs geleerde helde in Kaknada...On one wire tape on 20 April, an alleged gang member is heard saying, "Rob Ford was smoking his rocks today" and that he would post a picture on Instagram.On Wednesday, Ford laughed and ignored questions as he left his office.Ford, who's become an international media sensation, acknowledged last month that he smoked crack in a "drunken stupor" about a year ago. He previously denied the existence of the video.Ford has refused to resign as mayor of Canada's largest city and financial capital, despite mounting pressure after a string of incidents that have embarrassed Canadians, from public drunkenness to appearing in another video that showed him threatening "murder" in an incoherent rant. Police say they overheard that Lisi threatened to "put the heat on" the gang if he didn't get Ford's phone back and that the alleged gang members said they would not tolerate Lisi's threats because they had a picture of Ford "on a pipe," which police believed meant a crack pipe. Police say Lisi gave the men marijuana in exchange for the return of the mayor's phone.City councillor Joe Mihevc said police need to examine the allegations that Ford tried to obtain the tape."The mayor can't come out and say, "I'm sorry, I'm sorry, I'm sorry,'" Mihevc said. "This man needs help. He needs a lot of help."Bill Blair of Toronto police declined to comment on the newly released documents. The wiretaps are evidence in the case against Lisi, who faces trial on drug and extortion charges. The mayor has not been charged.
    Is dit enige wonner outjies soos Neelsie wil graag daar kom nie??

  • francois williams

    MrBoet, of boot dan, soos altoos maar is die oplossing tot al jou probleempies eenvoudig...pak jou sak en wyk uit na jou paradys toe, toe asemblieftog...

    Ek sien nerens in jou misdaad relaas dat jy SA se misdaad syfers met ander lande vergelyk nie?
    Daar is tog talle kategorietjies van misdaad nie waar nie?
    Ek wed jou nou dadelik, dat in verreweg die MEESTE van hierdie kategorietjies van misdaad kom SA nie naby die groot honde van misdaad soos VSA, VK, NZ, OZ en 'n hele paar ander sg 1ste wêreldse lande nie!!
    Wat wed jy?
    Maar natuurlik, in SA het ons betroubare stats waarmee ons misdaad beveg, alle sg 1ste wêreldse lande bedek hulle misdaad op allerlei maniere soos gebrek aan stats om mee te begin, polisie wat weier om hul werk te doen, ens ens...maar SA is steeds een van die veiligste lande ter wereld...en verbeter daagliks...In 1993 onder die Wit regering was oor die 100 000 vermoor, vandag, het daai syfers al ver geval, en ek voorsien 'n misdaadvrye SA in die nabye toekoms...
  • Gooi 'n mens 'n knuppel in die hoenderhok dan kekkel francois williams. Dit gaan nie oor hoeveel moorde ens nie, maar wel oor statistieke per 100 000 inwoners. 'n Mens kan dus nie 'n bevolking van 315 Miljoen (Amerika) vergelyk met Suid Afrika se bevolking van 51.8 Miljoen tensy dit per 100 000 inwoners gedoen word nie, want so vergelyk 'n mens appels met appels.

    'n Mens kan eenvoudig nie verbykom by die feit, al kekkel jy hoe hard, dat tussen 2 en drie keer meer mense hul lewens verloor onder die nuwe demokratiese bestel as onder die ou regering nie. Die vraag is dus is Suid Afrika 'n meer veiliger of onveiliger land?

    Die statistieke spreek vanself en dit word weerspieël in die feit dat 'n mens al meer afgesperde gebiede, veral in Gauteng aantref as voorheen. Gaan gerus na http://www.frontline.org.za/Files/PDF/murder_southafrica (5).pdf en soortgelyke publikasies en jy sal sien dat jy nie net spek skiet oor die 100 000 moorde in 1993, maar sommer die hele vark gooi.

    Sal jy asb die aandui waar die 100 000 vermoorde mense begrawe is en hoe hul aan hul einde gekom het?

  • CorneliusHenn

    Beste François,  

    Jy het duidelik nie eens die vaagste benul hoe die regering in Kanada werk nie.  

    Heel eenvoudig gestel; die regering van Kanada is 'n federasie bestaande uit tien provinsies en nog drie gebiede.  

    Prins Edward Eiland wat ek hierbo aan jou genoem het, is een so 'n provinsie in die federasie van Kanada en is nes al die ander provinsies, in 'n grote mate onafhanklik.  

    Prins Edward Eiland is wel die kleinste en armste van al die provinsies in Kanada, maar het nes al die ander provinsies in Kanada hul eie parlement.

    Tewens, die geboorteplek van die Kanadese Konfederasie, is die hoofstad van Prins Edward Eiland - Charlotte Town. 

    Die brug wat PEI met die kontinent verbind, staan ook juis daarom as Conferderation Bridge bekend.  

    Die brug alleen is selfs 'n prestasie wat nie in Zuma of jou ANC se Feetjieland sal gebeur nie (wat nog Suid-Afrika se $11,000 in vergeleke met PEI se $37,000 per capita en die res van die lewenstandaard op PEI)!  

    Die soewereine hoof van PEI, is die Kwien van Ingeland - Elizabeth II (... en ja, as Boer dra ek weldeeglik kennis daarvan)! 

    Die huidige Premier van Prince Edward Island, is Robert Ghiz..  

    Die premier van PEI  is ook die eerste minister van PEI.  

    Robert Ghiz is dus PEI se hoof van die regering en de facto uitvoerende hoof.  

    Robert Ghiz is ook die leier van die Liberale Party. 

    Om Rob Ford hoegenaamd met enigeen in PEI se regering te vergelyk, is soos om Dr. Dan Roodt vir Robert Mugabe se manewales in Zimbabwe te blameer.  

    Dus François, jou desperate en persoonlike beswaddering van my tersyde; jy weet werklik veels te min om eens hierdie soort gesprek met jou te kan voer.  

    Ek is seker dat selfs Prez Zuma in sy mou sal giggel as hy lees hoe hy as derde wêreld leier bo die burgermeester van Toronto, jou slegste voorbeeld in Kanada, Rob Ford  troon.

    Rob Ford is boonop net 'n burgermeester in geheel 'n ander provinsie as PEI. Rob Ford se skandes is ook erg onskuldig in vergelyk met menige ANC ampsdraer in Mzansi. Hoe erg het jy kontak met die werklikheid verloor Francois?

    Ek is eweneens oortuig dat Zuma sy kop in skaamte sal sak as jy dit sou waag om hom met PEI se uiters gewilde en gerespekteerde Robert Ghiz te vergelyk!  

    Wel François, nes die bose drie-eenheid karikatuur "Lilly White Wouter Ferns Elizabeth Costello op 'n bootreis", Jaco Fourie en hul afgewaterde skootbrakkie Dirk  Rigter, het jy weliswaar BAIE omtrent die politiek te leer voor jy jou bek so kan rek!  

    Nietemin, ek ag steeds en nederig die spiritualiteit ook in jou.  

    Namaste!  

    Cornelius Henn  

    (en o ja ... spaar ons asseblief jou waan omtrent enigiets in Ysland)

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top