Heil die leser.
Vir geruime tyd sleep Dirk Rigter ALLE wit Afrikaners by sy oordrewe skuldgevoel aan kwansuis die grootste misdaad teen die mensdom naamlik; APARTHEID.
Ten einde gewig aan sy onsin te verleen spog hy graag dat hy 'n student van Hermann Giliomee was.
Dirk Rigter is maar net nog 'n asempie in die apartheid propagandamonster wat totaal verwyder van die daaglikse werklikheid deur sulke kwansuis slimmes ’n eie lewe toegelaat is - Dirk Rigter - ook maar net nog 'n afgewaterde asempie in vergeleke met die ewe "slim" Jaco Fourie wat ewe graag met sy drie jaar BA graad en geskiedenis as vak hier spog.
Duidelik beset die "ultra- (s)linkse" tjomme dieselfde longdrop!
Elders stel Dirk Rigter sy fundamentele en minderwaardige standpunt as volg: "My [Dirk Rigter se] punt is eenvoudig: Of ons Afrikaners nou daarvan hou of nie, apartheid was, om dit sag te stel, kwetsend en soms krimineel. Of ander volke / nasies / lande dieselfde gedoen het of nie, versag nie die onreg wat ons hiér aan mense gedoen het nie. Suid-Afrika pluk vandag die vrugte van die dekades-lange strukturele geweld van die vorige eeu. Punt."
Ek't vrede dat Dirk Rigter se "ons" homself en al sy geliefdes as sulke lae misdadigers teen die mensdom brandmerk, maar neem ten sterkste aanstoot waar hy my, en enige om my, by sy sieke minderwaardigheid probeer bysleep.
Dirk Rigter se minderwaardigheid en neo-liberale onsin noodsaak hom egter daarby tot nog verdere aksionabele en sikofante gedrag.
In absolute vermetelheid en kwaadwilligheid verdraai hy enigeen se standpunt wat sy inferioriteitskompleks en bog aan die kaak stel.
My standpunt dat blanke Afrikaners nie vir apartheid uitgesonder kan word nie, is elders deur Dirk Rigter met opset en byvoorbeeld as volg skeefgetrek: "...Cornelius Henn in verskeie skrywes en kommentare die totale skuld vir apartheid eensklaps op die Engelse geplaas, so asof die Afrikaners geen aandadigheid daarin gehad het nie" (die vetdruk is deel van Dirk Rigter se waan).
Ek het Dirk Rigter reeds verskeie keer gedaag om sy laakbaarheid met minstens 'n aanhaling te staaf.
Nodeloos om te seg; Dirk Rigter het gewoon net nie die moed om eerlik te wees nie - hy ploeter maar in sy minderwaardigheid voort met die verdagmakery aan sy gewronge bluf van ander se persoon.
Een van die grootste oorsake van sogenaamde katgevegte op die werf, is juis die feit dat kwansuis spiritueel intelligentes en ander slimjanne gedurig en moedswillig enigeen wat hul opponeer se standpunt verdraai en dit dan met soveel reëlmaat herhaal dat hulle hulself naderhand glo.
Dit gebeur soos klokslag dat neo- liberales soos Dirk Rigter, Jaco Fourie en die klug Wouter Ferns ... jeens 'n gebrek aan oortuiging in hul kruipery hulself tot sulke sluheid wend.
Sulkes se lis is daarin om enige uitdaging om hul gewronge en aksionabele veronderstellinge te staaf te ignoreer en hul aanval vol te hou met net nog meer onsinnigheid.
Ek het ook reeds die klug Wouter Ferns se selfde soort bedrog sonder enige antwoord daarop hierin bevraag.
Ek stel dit dus dat daar GEEN rede met enige sulke lafaards te voer is nie en dat ek na die plasing van my betoog gewoon onderaan elke veinsery van Hermann Giliomee se gebreinspoelde student Dirk Rigter en sy tjomme, hierna sal verwys.
Cornelius Henn

