God en films, 'n kort nota

  • 2

Hallo,

Dit is nie veel van 'n kommentaar nie, maar aangesien die onderwerp oor films gaan, het ek oor die volgende gewonder. Die werk van Terrence Malick volg ek nou al vir jare vanaf "The Thin Red Line", tot die twee onlangse films, "The Tree of Life" en "To the Wonder". Hierdie is sonder enige twyfel 'n uitsonderlike spirituele regisseur en sy films handel met die onderwerp met respek.

Hierdie, aangesien ek die naweek "To the Wonder", gekyk het. Richard Brody van die New Yorker, het hierdie film ten hemele geprys. Ek is nie so seker of dit so goed is nie, "The Tree of Life", was 'n roerende uitbeelding van spiritualiteit, die geestelike en die verhouding van die mens met God. Maar ek volg Richard Brody se verwysings en vertrou in sy smaak, dit is "net" met "To the Wonder" waarmee ek verskil het.

'n Vriend van my is altyd verstom om die films in my versameling te sien wat oor godsdienstige onderwerpe gaan. Voorbeelde soos, "Diary of a Country Priest", 1951, van Robert Bresson, of "The Gospel According to St. Matthew", 1964, van Pier Paolo Pasolini. Krzysztof Kie?lowski se Dekalog en wonder ek ook daaroor.

Hierdie naweek kry ek die volgende voorlopige antwoord. Die antwoord is opgesluit in 'n bespreking van "Musings on Mortality From Tolstoy to Primo Levi" van Victor Brombert en is deur Joseph Epstein in die Amerikaanse Joodse tydskrif Commentary gepubliseer.

Die antwoord, oor hoekom die films my trek, vind ek in die volgende:

In Willa Cather's The Professor's House, Professor St. Peter remarks to a student: "I don't myself think much of science as a phase of human development. It has given us a lot of ingenious toys; they take our attention away from the real problems, of course, and since the problems are insoluble, I suppose we ought to be grateful for distraction. Science hasn't given us any new amazements, except of the superficial kind we get from witnessing dexterity and sleight-of-hand. It hasn't given us any richer pleasures as the Renaissance did, nor any new sins – not one! Indeed, it takes our old ones away.I don't think you help people by making their conduct of no importance – you impoverish them."

Professor St. Peter's view is that in losing religion we have lost the "gorgeous drama with God," in which men and women believed in "the mystery and importance of their own little individual lives."

Die sleutel, "gorgeous drama with God", "the mystery and importance of their own little individual lives".

Dit is die rede, hoe groot sou die bestaan nie gewees het nie, indien dit die werklike stand van sake was nie, 'n bestaan gevul met grootsheid en 'n belangrikheid wat verhewe is bo die alledaagse.

'n Voorlopige antwoord, oor hoekom, en hoekom die impuls daar is, die wens om verhewe te wees bo die alledaagse, die wens dat daar moet "iets" meer wees.

Jammer om dit te doen, maar kan dit ook nie net wees, "take our attention away from the real problems, of course, and since the problems are insoluble, I suppose we ought to be grateful for distraction".

Hetsy dit religie of wetenskap is, dit verblind die mens vir sy werklike probleme en die probleem van bestaan.

Of is ek nou absurd?

Baie dankie

  • 2

Kommentaar

  • Nee Wouter, jy is nie absurd. Want jy sien ons almal sit met 'n leë vakuum (gees) wat om vervulling roep. Die soeke na ons oorspronklike Bron. Dis soos 'n vis, haal hom uit die water (bron) en hy sterf, maar plaas hom terug in sy bron van lewe (water) en hy floreer. Daarom sal geen wetenskap, geletterdheid, kennis of godsdiens vervanging of satisfaksie bring nie. Slegs jou Bron van oorsprong.

    Daarom die impuls binne jou na: daar moet iets meer wees ...

    En ja - daar is meer.

    Geniet jou flieks.

    Trienie Mahne

  • Hello Trienie, 

     
    Baie dankie. 
     
    Baie goed gestel van jou kant af, die oorspronklike Bron en stel ek dit op teen die  die woorde wat die priester in "To the Wonder" gebruik: 
     
    "There is a love that's like a stream that goes dry when rain no longer feeds it. But there is love that is like a spring coming up from earth. The first is human love, the second is divine love and has it source above". 
     
    Met die oorspronklike, onuitputlike bron. 
     
    Dalk is "To the Wonder", beter as wat ek gedink het, na ek dit nou 'n paar dae gegee het om in my gemoed tot ruste te kom. Nog rede, hoekom films so perfek is hiervoor en dan toneelstukke ook, dit maak die uibeelding van daardie""gorgeous drama with God", so duidelik.
     
    Dit is hoekom ek so aandring in gesprek met die vriend van my, dat films is 'n fantastiese manier om ander perspektiewe te ervaar. 
     
    Hy stem saam. 
     
    So ek sal aanhou kyk. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top