... so lees die stelling op die voorblad van Dr MK Strydom se boek: Healing begins with sanctification of the Heart. Sy ontdek die volgende: “In the latest cutting edge medical research, 87 – 95% of all diseases have been traced back to what goes on in our thought life!”.
Die boek lê swaar in die hand. 594 bladsye dik geprint op A4-grootte. Ek is nie seker of dit al beskikbaar is by alle boekwinkels. As mediese dokter, het Strydom die begeerte ontwikkel om die werklike oorsaak van siektes asook redes waarom sekere siektes ongeneesbaar is, gesoek. Dit het haar op ‘n baie interessante ontdekkingsreis geplaas.
Ek blaai vinnig na bl 284 wat praat oor Leukemia, die kanker wat ekself gesmaak het. Daar staan: Behind these cancers is deep rooted bitterness coming from un-resolved rejection by a father. There is found a breach between the person who has the cancer and their father. Abondonment by a father, literally or emotionally. Ek was bevoorreg om deur kennis ontdek asook die Here se genade met hierdie wortel te kon deel op ‘n bybelse voorskrif in my lewe.
Vanoggend lees ek in Beeld op bl. 7: Van al die babas wat in 2012 in SA gebore is, is 67% sonder pa se besonderhede geregistreer. Skokkend. Verwerping van ‘n vader figuur kan al so vroeg soos in die moederskoot ontwikkel. Want die gees van die mens vasgevang in die liggaam van die baba, is alreeds volwasse. Dit is nie soos die siel onderhewig aan kennis, opgroei en intelligensiewording nie.
Waarheen beweeg die wêreld? Wat dink God van alles? Eenvoudig. God haat egskeiding. Dit gaan nie daaroor of die 10 gebooie waar is, maar eerder die werklikhede wat ons in die gesig tans staar. Die 10 gebooie bly die beste rigtingwysers wat in enige wetties sisteem opgeteken kan word. Moenie dit beveg. Want dit mag tot jou eie nadeel strek.
Sommige gelowiges redenaar dat God in vandag se dae nie meer genees. In ‘n mate is hul reg - God wil nie mense genees nie, Sy wil is dat hul in die eerste plek nie siek sou geword het nie.
Maar die siel van die mens van vandag is siek. Vrees, depressie, wanhoop en seksuele mistastings om maar ‘n paar te noem. Hierdie dinge is die oorsaak dat die liggaam daaronder kwyn. Let ook op sekere skrywes wat in hierdie forum aangetref word. Skrywers is besig om hul eie begeertes en siel op papier te ontbloot of uit te woed. Daar is nie meer so iets soos skaamte of respekte vir die mens se siel of liggaam nie.
Wie ly die ergste onder hierdie sogenaamde skrywes wat nie vir kinders se oë bedoel is? Die skrywer self, nie die leser wat net aangaan en die volgende artikel weer lees en sy brein so skoon kry.
Dit bring my weer terug na die kruk van die saak. Mense is opsoek na liefde. Valse-liefde of valse-troosmiddels, soos die seksuele of drugs, word dan aangegryp om die siels-leegte te probeer troos. Daar is net een Bron wat hierdie vakuum binne in die mens se hart ooit sal vul. Die Een wat Homself voorhou as die LiefdeGewer. Keer terug na jou Bron.
Bewaar jou siel van die verderf, sodat jou liggaam gesond kan bly.
Trienie


Kommentaar
Ek is op soek na die bogenoemde boek asb.
Baie JESUS-liefde vir julle.
Ek wil asb bitter graag die boek hê. My kleindogter het erge allergie en ek het fibromialgie en rugprobbleme. Ek glo en bid al so lank, maar ek word net nie genees nie.
Estie en Retha, soek “Eagles wings ministries” op. Alles is op haar webwerf, julle kan daar aflaai.
Ek is soek na enige iets in afrikaans van Dr Strydom asb?
Google Eagleswings ministries: Dr Michelle het 'n kursus wat die boek beskryf daar. Jy kan net die kursus doen - dit is fantasties.
Marietjie, Michelle het in Zimbabwe grootgeword en bly tans daar. Sy praat Engels, en ken Afrikaans beperk. Haar video's is op YouTube beskikbaar en haar kursus is 3 video's elke Vrydag. Dit is voorwaar 'n openbaring. Haar boek is in Engels en haar video's ook. Maar dit is baie goed verstaanbaar.
Groete, Mignon Nolte Smit
Retha, hierdie word beide in die gratis video's van Michelle bespreek. Google "Eaglewings Ministries Michelle Strydom Course".