From a Jack to a King

  • 0

Die strata van die samelewing bevat vele variasies van seksualiteit, met die variëteit van hetero vs homo synde die algemeenste.  Ingevlek tussen die twee is die sekswerkers wat op beide vir heenkome teer.

In die hetero-gemeenskap is dit vrouens (waarvan ‘n groot persentasie lesbiërs is wat hetero-mans bevredig, en gigelo’s (mans, waaronder homo’s ook te vinde is) wat merendeels sakevrouens teen besoldiging bevredig. In die geval van die homo-mark, is hulle merendeels “straight” hetero mans wat in die hoedanigheid optree as “gay for pay”.  Ryk Lesbiërs is geneig om na lesbiese vroulike sekswerkers te gaan wat “straight” mans bevredig.

Waar die ryk mark bedien word, verkeer beide  manlike en vroulike sekswerker onder die meer gesofistikeerde benaming van “Escourt Services”; in die arm mark veragtend as “hoer” (vroulik) en “rent” (manlike).

Vir doeleindes vir hierdie brief, beperk ek my tot die “rent”, arm, gewoonlik werklose jong mans wat op gayseks teer vir inkomste.  Die rent is geneig om “solo” op te tree en nie in samewerking met ander nie.  Meeste het ‘n meisie wat van die opset bewus is.  Sodra die rent genoegsame inkomste elders bekom, staak hy gewoonlik sy “gay” aktiwiteite.  Die meeste as gevolg van hulle optredes, word nou bi-seksueles, in minder gevalle uitsluitlik hetero of  uitsluitlik homo.

In menige gevalle verander die status van die rent vanuit die sloot tot ‘n heer in die herehuis. Dit is as gevolg van ryk “patrons” gewoonlik welgestelde ou mans, wat hul ontferm oor die betrokke persoon, in ruil vir gereelde seks en getrouheid aan die “patron” alleenlik. In die meeste gevalle werk dit goed vir albei, met die “rent” wat dan en wan ‘n skelm knippie met ‘n meisie agter die rug van sy “patron” vang.

My storie gaan oor ‘n soortgelyke geval, van ’n  “rent” tot uiteindelik Keiser van die Byzintium Ryk.  Basil I is sy naam, keiser vanaf 867 – 886

Basil, ‘n Armeen, is as baba deur die Bulgars ontvoer; en in sy vroeër 20 jare, ontsnap hy van hulle en vlug na Konstantinopel, sonder geld en sonder heenkome.  Daar verdien hy inkomste als “rent” en ontmoet mettertyd ‘n ene Nicholas  van die kerk St Diomede met wie hy ‘n verhouding aankweek, en gaan deur ‘n huwelikseremonie in die kerk met die man.  Later ontmoet hy ‘n ryker man, los Nicholas, en “trou” met Theophilus. Intussen ontmoet Basil ‘n plaaslike meisie met wie hy in die geheim trou.  Nie tevrede met sy verbeterde posisie, skuif hy verder die leer op, en trou (in die kerk nogmaals) met die skatryk John. John was ook ‘n intieme (bed) besoeker van die keiser, en daardeur trek Basil die keiser se aandag met sy besonderse gespierde lyf en aantreklike voorkoms.

“But first Basil had other fish to fry and other beds to occupy, on his climb to the throne.   First was the young Emperor Michael III, who still in his teens.  Michael became so attached to Basil that he named him ‘companion of the bedchamber’, a position usually held by a eunuch.  Ultimately he named Basil co-emperor.” (John Boswell. “Same sex unions in Pre-Modern Europe”)

Op aandrang van die keiser moes Basil sy vrou skei, en vir die skyn een van die keiser se “hou-vrouens” trou.  Kort daarna vermoor hy die keiser, en betree self die keiserlike troon in 867.

“For all his ruthless opportunism and brutality, Basil displayed genuine ability and a lofty sense of his office”.

Truly - From a Jack to a King

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top