Lag jou gat af vir die spul hansworse!!!
http://www.theguardian.com/world/video/2013/nov/20/rob-ford-mayor-toronto-video
Neelsie ten minste sal jy goed inpas in die gekkespul daar!!
Niemand sal eers agterkom jy kort paar skroefies nie of hoe ...
Francois Williams


Kommentaar
Beste François,
Soos reeds elders aan jou uitgewys - Toronto het f@k@l met PEI te doen nie!
As Kanada KANADA is - dan is Afrika seker AFRIKA volgens jou ook.
Jy het duidelik nie die vaagste benul wat in Kanada aangaan nie en jy herinner my sterk aan die poepholle wat dink daar loop leeus in Jozi se strate - wat nog die pienkies oor die groot water wat dink oom Bob is baas in Kaapstad!
Nee wat François, jy't my erg teleurgestel en val nou selfs in die klas van 'n Dirk Rigter en "Wouter Ferns".
Cornelius Henn
Nee Neelsie, komaan asemblieftog, laat ons net eerlik wees met mekaar! Jy wil 'n breukdeeltjie van Kaknada vat en dit dan vergelyk met die hele SA...is dit nie teleurstellend en erg oneerlik nie? Jy wil Zuma neem as die groot voorbeeld wat sleg is aan alle Suid-Afrikaanse leiers, maw, jy is intellektueel oneerlik...maar as ek dan dieselfde doen met Kaknada maak dit jou ontsteld? Hoe rym dit? Jy will dubbele standaarde toepas, maar myne maak jou kwaad?? Ten minste is ek konsekwent, dis doodmaklik om die ergste van een plek met die beste van 'n ander plek te vergelyk, maar as jy nie kan insien jy is oneerlik nie, dan wat dan???
Francois, jy is weereens erg die wal af met jou veronderstelling "n breukdeeltjie van Kaknada vat en dit dan vergelyk met die hele SA" ... Francois, nes SA 'n breukdeel van AFRIKA is - net so is PEI 'n breukdeel van Kanada ... dus, vergelyk die HELE Afrika met die HELE Kanada as jy wil, of vergelyk SA as 'n deel van Afrika met PEI as 'n deel van Kanada ... maar, dan is jy ook geheel inkonsekwent daarin deur 'n burgemeester iewers in Kanada se manewales met Zuma as 'n PRESIDENT van 'n ONTWIKKELENDE land in Afrika te vergelyk - hel man, as 'n burgemeester iewers in Kanada die hele Weste in skande kan steek volgens jou, hoeveel te meer Zuma as die PRESIDENT van Suid-Afrika ons hele land deur die modder sleep met sy onvermoë ... Francois, gaan staan nou voor die spieël en lees die res van jou twak soos "intellektueel oneerlik - dubbele standaarde toepas - jy is oneerlik - kwaad", vir jouself!
Corneels, DENyle is supposed to be a river in Africa...you really do not get it...
Dis okei Francois, ek verstaan ... Afrika is ewig AFRIKA met sy DENyle en al ...