Et1 en Cornelius Henn se reaksie op my skrywe oor apartheid

  • 3

Opvolgende tot die debat oor apartheid, skryf Jan Rap die volgende: "Die Portugese onderdruk nie die Duitsers omdat Duitsers nie in Portugal mag stem nie". Ek maak die stelling af as absurde twak. Et1 beskuldig my in sy reaksie dat ek nie weerlegbare feite gee nie. ‘n Paar vrae:

Aan Et1, verduidelik jý dan vir my hoe die bostaande stelling van Jan Rap hoegenaamd énige toepassing het op sy betoog dat apartheid goed was (of nie té sleg nie soos hy, lyk dit vir my, eintlik bedoel. Ek wag in spanning.

Aan Cornelius "boeregroete" Henn,

Verduidelik jy dan sommer ook vir my wat die woord "republiek" byvoeg / toevoeg tot my stelling dat Swart / Bruin burgers wat binne die grense van hierdie republiek gebore is, hul stemreg hier ontsê is.

Dirk Rigter

PS: Et1, as jy nie weerlegbare feite kan raaklees nie, is dit nie my probleem as jy disleksies is nie. O jy weet nie wat disleksies beteken nie? Kyk dan in die woordeboek. O, jy weet nie wat ‘n woordeboek is nie? Genade….

  • 3

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Mooi Dirk Rigter, dis altyd goeie maniere om te vra as jy nie weet nie ... sien, nie alles kan geGoogle word nie ... dit staan ook nie in jou goedkoop propaganda koerant waarin jou gedagte so gespoel is nie ... probeer die volgende te DINK; 1835 -1846 die Groot Trek (geen stemmery nie - net onafhanklike volke oral versprei aan die Suidpunt van Afrika) ... VRYHEID en VREDE, dis waarvoor daar van die Ingelse so ver getrek is en die Boere tussen 1846 en 1902 in nie minder as 15 - ja vyftien - onafhanklike state en republieke gedy het ... elkeen se stemreg - ongeag kleur of geslag - is vanselfsprekend tot hul burgerskap in die vele onderskeie onafhanklike gebiede beperk ... 1902 ----- 'n betekenisvolle beskrywing van die verloop van stemreg en al die res na die moord deur die Britte op een derde van die Boerevolk (waarvan meer as 90 persent weerlose vroue en kinders was), kan aan die Apartheid Museum se mure gelees word: Segregation - In 1910 South Africa was united for the first time into a single nation known as the Union of South Africa. The majority of blacks, along with white women, were denied the vote. Racial segregation became the official policy throughout the Union and laid the foundation for apartheid. The two dominant politicians at the time, Jan Smuts and J B M Hertzog, were the architects of segregation. The new state was immediately confronted by opposition from several quarters such as the South African Native National Congress (later known as the ANC), the white miner strikes (from 1913 to 1922) and the first Trade Union (the ICU). Much of this opposition was suppressed by force. http://www.apartheidmuseum.org/segregation ... 1948 kom die ideologiese geskape Afrikaner aan bewind en op 31 Mei 1961, kry hulle onafhanklikheid van die Britse kwien ... vry van die Ingelse, het doktor Verwoerd dadelik met groot ywer vir ALMAL aan die Suidpunt van Afrika se opvoeding en onafhanklikheid gewerk ... behalwe vir Swaziland, Botswana en Lesotho, sou daar vandag vele meer sulke onafhanklike lande rondom die Boere gewees het ... die Ingelse het nie daarvan gehou nie en die dood van doktor Hendrik Verwoerd (mag Jesus Christus onse HERE sy siel genadig wees), het ook die einde aan menige volk aan die Suidpunt van Afrika se VREDE en VRYHEID beteken ... daarna het die een na die ander Ingelse lakei die ideologiese geskape Afrikaner in die Anglo en Amerikaanse arena voorberei, tot waar ons vandag almal as misdadigers aan die grootste misdaad teen die mensdom - in werklikheid niks anders as die Britte se ingebore rassehaat  - beswadder word ... ja Dirk Rigter, die Britte het die sogenaamde Afrikaner goed voorberei om hul skande te dra ... en dis slegs 'n bitter klein gedeelte van die pad tot waar jy my vandag ook in jou waan by jou oordrewe apartheidskuld probeer bysleep ... as 'n Voortrekkernasaat  met 'n federale en konserwatiewe erfenis wat self ook ALLES doen om van die Ingelse se ingebore anderhaat en rassisme weg te kom, sal jy my gewis nie daarby sleep met jou boonop gebrekkige kennis nie ... nederig trots en waardige Boeregroete, Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    Lees eers weer my kommentaar hierbo Wouter Ferns ... jy sal dit dalk nie wil glo nie maar ek het die skakel spesiaal daar vir jou geplaas ... en die res Wouter Ferns? ... hoekom vra jou slim maatjie Dirk Rigter sulke vrae as hyself die antwoord kon Google? ... wyl alles nie geGoogle kan word nie, kan sommige dinge wel geGoogle word! ... ja, net nog 'n poging om alles te ontsier deur die klug "Lilly White Wouter Ferns"!

     

     

     

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top