Ek behaal my Ph.D

  • 5

My studies het gegaan oor die "Evolusie van die Piranhas se tande sedert hulle in die 16de Eeu begin het om veral Mensvleis te eet". Die doktorsgraad is aan my toegeken deur die Universiteit Rio de Piranha in Brasilië. Dit is op die dorp met dieselfde naam in die digte Amasone-woude. (Meer mensvleis is natuurlik geëet omdat die mensbevolkings toegeneem het.)

Daar is geen elektrisiteit op die dorp nie, ook nie selfoontorings of satelietskottels nie. Geen paaie is soontoe aangelê nie, daar is nie eens landingsplek vir 'n helikopter nie. Die riviere is onbevaarbaar.

So, as iemand my kwalifikasies wil nagaan, sal hulle 'n ekspedisie moet uitstuur te voet. Neem gewapende lyfwagte saam, want daar is baie gevare, ingesluit kannibale. Die ekspedisie sal 'n rukkie daar moet vertoef, want daar is ook geen tikmasjiene nie en alles word met die hand geskryf. Veerpenne en seekat-ink word gebruik. Sorg ook dat jy jou eie papier saamneem.

Ek sal nou aansoek doen vir die pos van Hoof Uitvoerende Beampte by die SABC. Daar sal ek my veral beywer vir die vrye uitsending van pornografie.

Terloops, op daardie dorp is daar baie mans wat nie meer die gereedskap het om seks mee te geniet nie. Dis opgevreet deur die piranhas. Dus kan jy jou dalk daar vestig en jou eie dinastie begin, met sowat twintig vroue per bekwame man.

Varkspek (Ph.D)

  • 5

Kommentaar

  • Geagte Doktor Varkspek (Ph.D),

     Was dit nie dalk hier in Rio de Piranha waar daai dokter jou ingespuit het en jy toe so snaaks begin voel het nie, soos jy onlangs aan ons almal beskryf het nie. Dis dalk tydens hierdie trippie wat jy jou doktorale tesis per hand met 'n veerpen geskryf het.

     Terloops, ek wonder, was jy ook een van die "bekwame mans" wat 20 vroue besig gehou het wyl jy tyd met jou doktorale studies verwyl het?

  • Beste Varkspek,

    Dis nou deksels interessant, en vir jou verhandeling behoort jy eintlik 'n dubbele D te kry. Dit is so dat groente nie meer lekker was vir hierdie visse nadat hulle vleis geproe het nie. Hulle tande het daarby begin aanpas om te skeur ipv om te maal. Die dubbele ry malers het plek gemaak vir ses saagtande. 
     
    As jy slegs belang gestel het in 'n Ph.D, dan het jy heeltemal te veel moeite gedoen. Jy kon dit sommer oor die internet gekoop het vir seker so R1000. 
     
    Groete,
    Angus
  • Nee Dirk, dit was na ek terug gekom het dat ek die inspuiting gekry het. Toe ek tuiskom het ek my familie vertel van my avonture en my prestasie, en neem hulle my daarop dokter toe, want hulle het gevrees ek het dalk kieme opgetel daar in die woude. En daar gee die dekselse dokter my toe die inspuiting.

    Natuurlik het ek by tye ontspan ook, en die dames was gretig om my ter wille te wees. Die probleem is, daardie vrouens is baie vrugbaar en raak al te maklik verwagtend, toe moes ek vroeër padgee as wat ek wou.

    Angus, waarvoor staan die tweede "D"? Dalk vir "Doos"?

    Ek is 'n man wat glo in harde werk en sal nie sommer 'n graad aankoop nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top