Eie belang – Pieter Redelinghuys

  • 3

Pieter

Ek het jou bydraes rakende VSA vergrype en afgryse gelees, en gewonder hoekom  jy juis so teenoor hulle gekant is, want wat jy oor hulle te skryf  het  kan net  sowel aan die ander wêreldmoondhede ook toegepas word, binne die raamwerk van  elkeen se eie pogings om hul eie belange op die wêreldfront af te stempel, wat insluit die Franse, Duitsers,  Sjinese, Japanese, Russe, ens.  Met elkeen  is daar ook genoegsame betroubare feitebronne wat hulle vergrype en afgryse  uitlig, soos wat jy in jou briewe, onbetwisbaar oor die VSA  vir ons uitlig.

Jou benadering is moralisties en op die beginsel van regverdigheid gegrond.  Maar ongelukkig en feitlik word eie-belange, veral ekonomies, altyd voor enige  moralistiese belange gestel.  Dit sal altyd die oorwegende faktor van enige staat wees, afgesien van enige godsdienstige beskouing daarvan deur enige  betrokke  land.

My eie waarneming en ondersteuning van enige staat is ook onderhewig aan my persoonlike eie belang, sou ek myself  in enige sodanige staat als burger bevind, ook ongeag enige morele regverdiging al dan  nie daarin betrokke.

Ek ondersteun bv die volgende vir verskeie redes, ongeag afgryse deur hulle gepleeg, nl:

  1.  Die VSA omrede hulle vir my die minste euwel vergeleke met enige ander moondheid toon.
  1. Ten spyte van Israel se verdrukking en onderdrukking van die Palestyne, het hulle ‘n rekord van vryheid teenoor al hul eie burgers,   ongeag geslag,  ras, godsdiensnering en seksuele orienteering, vergeleke met die Palestyne  wat onder die vaandel van Islam, en  ander, selfs van hulle eie volksgenote wil onderdruk en almal  in ‘n “box” wil indruk.
  1. Die omvergooi  van  die demokraties gekose  regering van Egipte, nl Die “Muslim Brotherhood” wat Egipte in ‘n Islamietiese  teokrasie wou  omskep met die gepaardgaande onderdrukking van Christene en ander Islamietiese sektes wat nie Sunni Islam aanhang nie.  Die sekulêre staat van  Mubarak het Vryheid aan ander gelowiges verskans, en homoseksualiteit, alhoewel nie vry nie, was ook nie vervolg nie.  Tyd sal leer of die huidige regeerders soortgelyke pad sal volg.
  1. In hindsight, was die diktator Saddam  Hussein vir my ‘n minder euwel vergeleke met die huidige Irak se leierskap.  Sy sekulêre staat het godsdiens buite die politiek gehou, Christene het vryheid van godsdiens geniet, en gays was nie vervolg nie.
  1. Ek het vir eers die protesteerders teen die Siriese regering ondersteun, maar die het sedertdien verdamp toe die Al Qaeda militante oorgeneem het, ten doel om Sirië in ‘n Islamitiese staat te wil omskep.  Die Russiese ondersteuning van die regering was by my nooit ‘n faktor nie. Ek ondersteun  voorlopig nou die menseregte oortredende Siriese regering, weens die feit, soort gelyk aan Saddam Hussein, Christene Vryheid onder hulle geniet, en gays word nie vervolg nie.
  1. Ten spyte daaraan dat Rusland ‘n demokrasie is, sal ek hulle nooit ondersteun  in enige internasionale saak nie, totdat hulle hulle homofobiese wetgewing onlangs goedgekeur, terugtrek.
  1. Ek sal my ondersteuning aan die vernietiging van die volgende state se regerings wees, nl.  Saudi Arabia, Iran, en enige ander staat wat hul godsdiens op ander wil afdwing, asook enige staat soos Haiti, en Gebon, wat gays wreedaardig vervolg.

 

Jaco Fourie

  • 3

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Jaco,

     

    Dank vir jou inset. Die begin het my 'n bietjie onthuts maar soos wat ek verder gelees het , het ek merendeels begin saamstem. Jy is  korrek deur te konstateer dat lande deur eiebelang gedryf word, en dat moraliteit hier geen plek het nie, of rolspeel nie. Dalk wil ek net hê dat 'n land soos die VSA wat hom roem op "christelikheid", ook 'n bietjie "christelikheid" toon.

     

    Soos 'n skrywer jare gelede hier op SêNet kwytgeraak het, hou hy van die VSA omdat hulle die beste gay pornografie produseer. Dus eiebelang het hier beslis 'n deurgewende rol gespeel.

     

    Groete,

     

    Pieter Redelinghuys

  • Pieter

    Ek hou van jou laaste sin.  Net 'n regstelling.  Prague in die Czeck Rep vervaardig die beste gay Porn, nl. Bel Ami en Kristen Bjorn, en verskaf van die mooiste en grootste bedeelde mans.

    Jaco Fourie

  • Naughty, naughty, very naughty, maar genoeg ander argumente ook oor om te dink....En dankie dat jy vir Pieter gevra het, hoekom is hy so kwaad vir die VSA....

     
    Pieter ek wou jou ook al vra, maar het my weerhou aangesien ek nie 'n geheelblik het van die VSA se buitelandse beleid om te kon bepaal nie (al het ek nou al 'n paar boeke oor die onderwerp uitgesit), in die woorde van Bill Clinton, alhoewel gebruik in 'n ander konteks, of die VSA 'n 'net positive or a net negative' is?
     
    Ek hou van die idee, want niks is net goed of net sleg nie, maar is oop vir die uitsonderings daarop, in daardie konteks sal die VSA net soos die Roomse Kerk oor hulle bestaan beide goed en sleg gedoen het. 
     
    Na watter kant sal die oordeel dan val? 
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top