Kom ons speel dan almal lekker saam in die speletjie waarin woorde verdraai mag word. CM is soms onbewustelik so reg in die kol. Die lewe se prognose is inderdaad nie goed nie. Dit is in effek 'n chroniese onbehandelbare terminale siekte wat uiteindelik en genadiglik dan gerus tot 'n einde kom.
Toe ek so twaalf was, het iemand by ons huis opgedaag om aan my ouers begrafnispolisse te verkoop. Ek was nog op universiteit in my finale jaar, toe het 'n vent my kom besoek om aan my ook so 'n begrafnispolis te verkoop.
Van kleins af het ek Sondagskool toe gegaan. Ons Sondagskoolonderwyseres het vir ons vertel dat Jesus uit die maagd Maria gebore is. Ek wou by haar weet wat 'n maagd Maria is. Haar verduideliking was dat dit 'n meisie is wat nog nie getrou het nie. Toe ek vir haar vra of sy 'n maagd Maria is, het sy my uit die klas gejaag om buite in die bloedige son te sit "sodat ek 'n voorsmakie kan kry wat die hel is, die dag as ek doodgaan".
Elke Sondag preek die dominee van die kansel af dat diegene wat hulle nie bekeer nie, hel toe gaan die dag as hulle doodgaan. Die bekeerdes sal hemel toe gaan as hulle sterwe.
Kommentaar
Kom ons speel dan almal lekker saam in die speletjie waarin woorde verdraai mag word. CM is soms onbewustelik so reg in die kol. Die lewe se prognose is inderdaad nie goed nie. Dit is in effek 'n chroniese onbehandelbare terminale siekte wat uiteindelik en genadiglik dan gerus tot 'n einde kom.
Rêrigwaar? Ek weet nie van so iets nie. Tussen watse soort mense lewe jy?