Dirk Uys & Johannes Kerkorrel

  • 11

Good morning

Can you advise on how best to access the correspondence that took place between Dirk Uys and Johannes Kerkorrel during April 2002 and that dealt with the relative importance of the two musicians' contribution to the Voëlvry movement?

Thanks in advance.

Deborah Pelser

  • 11

Kommentaar

  • Jan, ly jy aan minderwaardigheid oor jou Afrikaans-wees? Die vrou se naam (dis nou die noemnaam! Jan) is ENGELS.  Ek vermoed egter jou eintlike probleem hier is Kerkorrel en Uys asook  die Voëlvry-beweging. Nét te progressief vir jou. Sê so, man, moenie vir Deborah oor haar eerste taal kasty nie, jy maak 'n karikatuur van jouself en ongelukkig ook mede Afrikaners. Gaan luister liewer na die Briels se sakdoekliedjies.

     

    Dirk Rigter

  • CorneliusHenn

    Dirk Rigter, die ware karikatuur (politiek geskape Afrikaner) wat al die Afrikaners en hul nageslag so graag by sy eie minderwaardigheid as misdadiger teen die mensdom in sy oordrewe skuldgevoel jeens apartheid wil bysleep, se mondspoel oor die "minderwaardigheid" van ander Afrikaners hierbo ...

    Deborah, as jy wel hier lees, verskoon asseblief die slimmighede wat niks met jou navraag te doen het nie - dis maar hoe dit hier geraak het ... Voëlvry groete, Cornelius Henn

  • Neelsie, oppas vir gatomswaai soos laaskeer. Gaan leer eers om Afrikaans in ordentlike, kort volsinne te skryf en kom dan terug hiernatoe. Jou twak maak geen sin nie.

    Hoe, dink jy, versterk ons Afrikaans met sulke negatiewe nonsens soos om vir iemand soos Deborah uit te trap omdat sy nie 'n eenvoudige versoek oor Afrikaanse musiek in Engels rig nie? Ek skaam my as Afrikaner vir jou en Jan Rap. Julle jaag welwillendes weg van Afrikaans. Punt.

     

    Deborah, sorry that your request have solicited such poor reaction from Jan Rap. We call him and his followers "randeiers" which means..."ons is nie almal so nie"

     Sure you understand that!

  • Dirk, as ek aan minderwaardigheid gely het oor Afrikaanswees sou ek Engels geskryf het.
    Met 'n van soos Pelser het Deborah of 'n Afrikaanse pa of 'n Afrikaanse man so as sy inligting oor Afikaanse sangers op 'n Afrikaanse forum soek kon een van die twee haar gehelp het.  Buitendien, al was haar van Pilkington-Smythe sou dit net goeie maniere en bedagsaam gewees het om in Afrikaans hierdie soort van inligting te soek want dit is heelwaarskynlik Afrikaanssprekendes wat haar die beste sal kan help.  Nog 'n buitendien, 'Deborah' kan ook 'n Afrikaanse naam wees maar dis nie eintlik ter sake nie.
    Uys en Kerkorrel is nie te progressief vir my nie want ek is so progressief dit pyn.  Ek is egter nie gek na hierdie twee nie weens hulle verkramtheid; dit was tog o so hoog mode om te protesteer, derms uit te ryg en te kweel.  Party (meeste?) van julle het daar vasgehaak.
    En wat is fout met die Briels?
    Jan Rap

  • Dirk, ek sien jy skryf in Engels vir Deborah.  Voel jy nie sleg om So Te Wees Nie, so kompromiterend?  Gelukkig is ons nie almal so nie.  Buitendien, dis uiters paternalisties van jou; dink jy sy's te dom om Afrikaans te verstaan?  Tog vir seker nie, anders het jy in die eerste plek nie so op jou perdjie gespring oor my blote vraag aan haar hoekom sy, 'n Pelser, in Engels vir Afrikaanssprekendes om hulp vra.

    Indien Deborah Engels is, is haar Afrikaans enige tyd so goed soos jou Engels; soos jy het sy dit tot op matriekvlak gehad.  Indien sy Afrikaans is, is dit belaglik dat sy vir Afrikaanssprekendes inligting oor Afrikaanssprekendes in Engels vra, dan is sy dalk ook So.  Gelukkig Is Ons Nie Almal So Nie.

    Deborah, indien jy  Engels is kon jy gerus die bedagsaamheid aan die dag gelê om vir Afrikaanssprekendes inligting in Afrikaans te versoek. Dit sou nie eers moeite gewees het nie want jy het mos Afrikaans op skool gehad.  Dit was mos nou sommer pure arrogansie.

    Indien jy Afrikaans is, is dit absoluut belaglik dat jy jou versoek in Engels gerig het; dit getuig van 'n kommerwekkende kniebuighouding wat al hoe meer onder Afrikaners voorkom.  Gelukkig Is Ons Nie Almal So Nie.

  • Jan

    Ian Cameron van AfriForum is 'n Afrikaner.  Met sulke Engelse naam en van, verwag jy van hom hy behoort nou kwansuis Engels te praat?  Volgens jou logika hierbo lyk dit so!

    Jaco Fourie

  • Jan

    'n Van is nie deurgans 'n aanduiding van 'n persoon se kultuur nie.  Daar is baie gevalle waar Afrikaner jong kinders 'n ander kultuur (in S.A. meerendeels Engelse) stiefpa of stiefma (as gevolg van dood of egskeiding) verkry, waar die huistaal en opvoeding nie Afrikaans gaan wees nie.  Dieselfde geld vir mense met Engelse naam en / of van wat 'n Afrikaner stiefpa of stiefma verkry.  Hoe anders dink jy dat daar so baie Afrikaners met Engelse vanne is.  Voorbeelde, Fraser; Stuart; Mc Donnald, ens.

    Ek dink dit is vermetel van jou om te verwag dat Pelser automaties 'n Afrikaner moet wees suiwer omrede Pelser tradisioneel 'n Afrikanervan is, veral gesien jy die persoon en die se agtergrond nie eers ken nie. 

    Jou houding teenoor 'n onbekende wat vir die eerste keer hier op SeNet skryf, is vieslik om die minste van te sê.

    Jaco Fourie

  • Jaco, al die 'Engelse' vanne wat jy noem is Skotse vanne.  Ons houtwerkonnie was Afrikaans en sy van was McAlpine, my eie ma het 'n Skotse van maar hulle was Afikaanssprekend.  Alhoewel 'n afstammeling van die 1820 setlaars het my oupa as penkop in die Engelse oorlog geveg; hulle was teen daardie tyd al Afrikaanssprekend.
    Maar dit alles net eintlik terloops.  Ek kan nie verstaan dat jy en Dirk so derms uitryg nie; ek het mos nie die arme meisie verwilder of iets nie, ek wou net bloot weet of, met 'n van soos Pelser, sy nie in Afrikaans skryf nie.  Glad nie 'n onbillike vraag in hierdie tyd wat skugter en gedienstige Afrikaanssprekendes so 'opgradeer' Engels toe nie om nou Breyten se woorde te gebruik.
    Buitendien, al is sy Engels, is dit ongepoets om vir Afrikaanssprekendes inligting omtrent Afrikaanssprekendes in Engels aan te vra.  En dit is absurd, belaglik, puur gedienstigheid, van jou en Dirk om dit goed te praat.
    Jan Rap

  • CorneliusHenn

    Beste Deborah,  

    Daar is moontlik 'n verwysing na die inligting wat jy soek in die boek " Voëlvry: The Movement that Rocked South Africa" deur Pat Hopkins, Koos Kombuis en Lloyd Ross.  

    Ek haal 'n kort gedeelte daaruit aan: [Then came the biggest brouhaha of all. In a profile of Dagge-Dirk Uys, on 16 April 2002, Hanelie Booysens wrote, ' Although Uys has no illusions about his talent as a singer, he made an impact as a songwriter.  This hits "Anargy", "BMW" an "Almal moet gerook raak" , are actually his songs. That he has not received recognition does not cause him sleepless nights. He says "It naturally hurts when you don't get recognition you deserve, but I learnt that there are greater rewards once dust has settled." Booysens went on to suggest that Uys believed that Kerkorrel did not lived up to the expectations post-Voëlvry because the performer had abandonded rock and roll and was nothing more than a caberet artist.] p 230  

    Deborah, hieruit lei ek af dat jy beslis jou antwoord by die joernalis Hannelie Booysens sal kry.  
     

    Groete uit die Voëlvry hoenderhok, 

    Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top