Of dan sonder 'n sin vir humor. Hulle verstaan nie wanneer Jan Rap tong in die kies praat nie, soos as hy vertel van sy berekening van hoe oud die aarde is, of die wonderlike (ongelooflike) dinge wat hy op TV gesien het. Word wakker kêrels!
Nou ja, sy geteem oor die stand van Afrikaans en die gemors in die land is al holrug gery en verveel mens bietjie, hoewel ek merendeels met sy sentimente saamstem.
Jan, jy moet by dit alles darem ook kennis neem dat die ANC baie positiewe dinge vermag het. Miljoene huise is vir armes gebou, baie meer mense het toilette en lopende water - sommer baie, baie meer. Daarby het miljoene ook nou 'n inkomstetjie met die pensioene en toelaes wat betaal word, hoewel dit natuurlik 'n baie omstrede kwessie is. Ek self het geen beswaar as pensioene betaal word aan oues nie, of ongeskiktheidstoelaes aan die wat dit verdien. Oor die baie wat kindertoelaes ontvang, is ek egter bekommerd, myns insiens moedig dit die armstes van die armes aan om buite-egtelike kinders te hê, sodat hulle darem ook 'n inkomstetjie kan kry. Ons land is al amper oorbevolk, daarom moedig ek mense aan om gay te word.
Groete,
Varkspek
Kommentaar
Spekkies ek stem heelhartig met jou saam. Hier is te veel mense op die Net wat hulself te slim hou en dan soos jy seg boonop humorloos is. Jan Rap kry dit meesterlik reg om die ouens se gatte te krap en dan trap hulle in die slaggat. Ek stem ook saam daar is 'n moerse klomp goed wat beter is as in die ou dae. Gelukkig het ek nie meer die gemoedsbekakking wat baie ander het nie. Ek is redelik tevrede met my sigselwers en vlieg onder die radar. Ek wil net nie dat daar aan my gekarring word nie.
Hello,
Varkspek ek het vir jou 'n antwoord. Jy kry "wetenskaplikes" en wetenskaplikes. Op hierdie werf is die meeste van hulle in die eersgenoemde groep.
Die feit dat jy reeds so lank op hierdie werf is en aanhou, ten spyte van die naam wat jy vir jouself gekies het sê nogal iets. Sterkte. George B
Hoekom moet 'n mens nou kwansuis 'amptelik' verklaar waaraan jy glo?
SêNet is nie net vir ernstige sake nie, maar ook vir pret, soos getuig word deur die baie humoristiese stukke wat oor die jare hier geplaas is.
Ek is min of meer van 2002 af al betrokke by LitNet/SêNet en het talle briefskrywers van baie soorte sien kom en gaan. Min van hulle was ooit so temerig en vervelig soos jy, met jou lang uitgerekte braaksels wat jy hier plaas en wat ek in elk geval nie meer lees nie. In daardie opsig klassifiseer ek jou saam met Kobus de Klerk as iemand om te vermy.
Onthou, in hierdie land kan mens jou werk verloor as jou politieke standpunte rugbaar word. Daarom skryf heelwat ouens onder skuilname. Ek self doen dit vir die pret, hoewel omtrent almal, behalwe blykbaar jy, al lankal weet wat my regte naam is.
Buitendien, party van ons het nog nie eintlik besluit presies wat ons glo nie. Ek self wik en weeg tussen Yljins en 'n goedaardige God. (Volgens Kobus, natuurlik, is God nie goedaardig nie, maar is hy 'n bose, jaloerse en wraaksugtige entiteit).
Geen groete vir jou nie.
Varkspek
Hello Varkspek,