Die werklikheid van God en die katolieke Kerk

  • 0

Heil die leser.

Wyl ek die laaste in die kantoor en besig is om die ligte af te skakel vir 2013, het ek gedog om net gou te loer wie die laaste woord vir die jaar seg op die werf.

Nes die duiwel dit wil het op hierdie geseënde dag voor ons Christusfees, is dit die bose drie-eenheid en gesplete karikatuur "Lilly White Wouter Ferns Elizabeth Costello op 'n bootreis", weereens toe met 'n oorweldigende spul leuens en verdagmakery en soos altyd van my as persoon.

Ja, wyl hy/sy/dit ook soos gewoonlik geen poging aanwend om die feite in my algemene toeligting te weerlê nie.

My uitdaging aan die karikatuur Wouter Ferns waarin ek sy/haar/dit se laakbare verdagmakery van ander se bronne en persoon roep in plaas daarvan om met die feite te handel, staan steeds: https://www.litnet.co.za/Article/brief-n-veldtog-vol-modder

Tussendeur sy/haar/dit se eentonige spoeg en plak, merk ek toe wel ook die volgende herhaling en van juis dit waaroor die klug "Wouter Ferns" se haat eintlik handel.

Die klug "Wouter Ferns" tik onder meer die volgende:

"Hello, Daar is niks van belang in die kommentaar van Henn waarop reageer kan word in goeie trou nie, behalwe vir 'n korreksie op die volgende wanvoorstelling gemaak deur Henn naamlik dat ek sou aanvoer dat, "selfs Katolieke en Protestante elk hul eie God aanbid". Die agtergrond moet onthou word is die hutspot skepping van die 'katolieke kerk' met sy 'miljoene katolieke lidmate' wat Henn beweer is 'n entiteit wat daar buite bestaan. 'n Entiteit waaroor gelees kan word en 'n historiese agtergrond wat opgeskryf is. Die is aan Henn uitgewys is 'n produk van Henn se verbeelding en bestaan net in Henn se skedel en is Pous Benedict XVI aangehaal wat die dogma van die Roomse Kerk oor die onderwerp bevestig het. Daarom, dus glad nie die stelling hierbo gemaak nie maar een met 'n agtergrond wat al holrug gery is, die stelling van die 'katolieke kerk'. Daar is dus niks verder wat hier bespreek kan word nie."

Die vetdruk in die aanhaling hierbo is deur die uwe aangebring.

Dis ewe algemeen bekend hoe graag sinici soos Kobus de Klerk  en "Wouter Ferns" (die kante van dieselfde munt), hul eie verklaring aan die algemene betekenis van woorde voeg en ander dan met hul slimmigheid daarmee probeer onderdruk.

"Wouter Ferns" se gebruik van die woord "entiteit" in hierdie geval, kon sekerlik ook enigiets in die satire deur Wouter Ferns se karikatuurmeester beteken.

Daarom, en vir die doel van my rede, ag ek die volgende algemene betekenis aan die woord entiteit: entiteit, =e. Iets wat werklik bestaan.

Lees 'n mens dus "Wouter Ferns" se sterk afkeur aan die katolieke Kerk in die aanhaling hierbo, dan is dit presies dieselfde haat wat hy/sy/dit omtrent Godsdiens in die algemeen koester: God is derhalwe mos ook nie 'n werklikheid (entiteit) volgens die bose karikatuur nie ...

Nes God egter as 'n entiteit (werklikheid) waaroor gelees kan word en 'n historiese agtergrond wat opgeskryf is bestaan, net so bestaan die katolieke Kerk as 'n entiteit (werklikheid) waaroor gelees kan word en 'n historiese agtergrond wat opgeskryf is -ongeag selfs die "ware gelowiges" se miskenning daarvan!

En dis die punt: Vir jare reeds is Godslasteraars en die sogenaamde sondelose ware gelowige strooipoppe soos Kobus de Klerk en Trienie Mahne, juis daarop uit om die spirituele werklikheid (entiteit)in ander se harte te misken, te bespot en te ondermyn.

Gegewe die biblioteke vol oor millennia heen omtrent die ervaring van God en die katolieke Kerk en as 'n entiteit in mense se harte, dan is dit duidelik hoe waansinnig die aanname deur "Wouter Ferns" is dat die katolieke Kerk nie 'n werklikheid  is  waaroor gelees kan word en daar nie 'n historiese agtergrond daaroor bestaan wat opgeskryf is nie! 

Met katolieke (met 'n kleinletter k) Kerk, bedoel ek soos altyd die omskrywing daarvan soos onder meer in die Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 27.

More is Kersfees.

Ek het reeds menigmaal my pleit hier gelewer dat ander se geloof en ongeloof gerespekteer behoort te word.

2014, gaan gewis 'n jaar vol uitdaging wees waarin sulke spotters en anderhaters hul laakbare bedrog sal voortsit - hoe lank nog; wens ek geweet het ...

Wyl ek egter die genade ontvang sal ek voortgaan om die bespotting van die entiteit in ander se harte deur ware gelowiges en eweneens Godslasteraars, teen te staan.

Ek bid dat 'n ieder 'n geseënde Kersfees had en wens dat almal 'n uiters voorspoedige 2014 sal geniet.

Mag Jesus Christus onse HERE, ons gou weer kom haal in Sy ruimteskip genaamd die Ster van Bethlehem ... hier aan die donkerkant van die maan ...

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke Boeregroete en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top