Die verworwe en bedorwe Blankes van SA

  • 9

Ja, toe trek die Wittes Mamelodi toe ... virre maand ... lekka!

http://www.theguardian.com/world/2013/sep/03/white-south-africans-move-black-township

Die wiel draai, en geregtigheid sal geskied ... of is dit geskiet ...

Francois Williams

  • 9

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Jy word meer walglik by die dag.

     

    Nou verlustig jy jouself ook in die swaarkry van onskuldige kinders.

     

    Die redaksie van SêNet behoort hulle te skaam vir die publikasie van jou aanhoudende snert.

     

     

    Pieter Redelinghuys

  • francois williams

    Pietie, kom lewer jou kommentaar by my bydraes oor die FEITE van NZ en OZ oa...ek kom nog by Finland ook...vasbyt ouboet...die waarheid seëvier...maar hoekom is jy nie bly nie?

    Maar jy wil mos alles witwas en afwas...shaaim...
  • So 'n wit gesin wil ondervind hoe dit voel om onder haglike omstandighede in 'n swart woongebied te woon. Nou kom ou verloopte francois williams en maak allerhande gevolgtrekkings, soos die wiel draai en geregtigheid sal geskied/geskiet.

    Hy vra nie hoekom amper 20 jaar nadat die ANC aan bewind gekom het mense nog steeds onder sulke haglike omstandighede bly  en dat geregtigheid nog nie in die opsig geskied het nie, en hoekom die R220miljoen om 'n  president se Nkandla te beskerm, nie eerder aan die opknapping van die krotbuurte bestee is, as hy werklik so ernstig is dat geregtigheid moet geskied. Dit wil mos voorkom of hy in die opsig  'mos alles wil  witwas en afwas. en dit is nog rerig ..shaaim..."

  • Eish, ek kan myself nou skop dat ek myself verwerdig het om op een van die persoon se sotlikhede te reageer. Ek probeer om 'n profiel nav die man se briewe, saam te stel maar ek moet bieg, dit is moeilik. Ek glo ook nie ek sal suksesvol wees nie. Die prentjie lyk nie mooi nie. Dit is nie gepas in die geselskap nie.

  • Pieter Redelinghuys

    Beste FC Boot,

     

    Dat jy jouself verwerdig om te antwoord op williams se snert vind ek nogal merkwerdig.

     

    Trouens jy is heeltemal korrek in jou opmerkings oor die rekord van ANC bevind, en dieselfde word ge-eggo deur die gerespekteerde Kanadese skryfster, Naomi Klein, in deel 4 van haar "The Shock Doctrine" wat konstateer dat die swart bevolking in Suid-Afrika ekonomies swakker onder die ANC bewind vaar as daarvoorheen. In tussen het daar ook 'n groter gaping ontstaan tussen die obseen ryk elite en die "res".

     

    Maar hierdie feite sal geen indruk maak op 'n vent wat verblind is deur haat en vermaak nie.

     

    Beste groete,

     

    Pieter Redelinghuys

  • CorneliusHenn

    Met die grootste respek en empatie; Pieter en Reusedwerg ...  

     

    François Williams kom as gematig vir my voor gereken teen Piet Croucamp, Gillian Schutte, Jaco Fourie en Wouter Ferns se geveinsde nuanses in hul populistiese napratery teen, en minagting vir blankes in die algemeen - bo en behalwe hul geveinsde haat en disinformasie jeens Afrikaners.  

     

    Lees enige van die genoemdes se slimmighede op die werf, en kalmeer dan met hierdie "Dear White People" van Gillian Schutte: http://www.thoughtleader.co.za/gillianschutte/2013/01/02/dear-white-people/  

     

    Ek glo dat julle met my dalk sou kon saamstem dat François Williams so 'n bietjie agter geraak het in sy anti-wit aktivisme.  

     

    Namaste!  

     

    Cornelius Henn

     

     

  • Lyk my ek het Kobus de Klerk se ereplek als Neelsie, se aarts-vyand ingeneem het.

    Dat hy sy stront hiebo en elders blyk te glo, maak van hom 'n jammerlike en verwarde persoonlikheid.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    HAHAHAHAHA, dankie vir 'n nog 'n lekker lag vir die dag Jaco Fourie ... dink net, jy het nou rêrig rede om vir jouself jammer te voel - jy nou in die arme Kobus de Klerk se posisie - hahahaha -  jy kwyt jouself gewis goed daarby ook in sy plek - hahahahaha - HOU SO AAN!

     

     

     

     

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top