Lees gister in “Weekliks” bl 8 ( Rapport ) die essays van Mondi Makhanya (assistent redakteur City Press ) en Tim du Plessis (ex-redakteur Rapport ) se “Swart op Wit en andersom” raak.
Die swarte en witte klim mekaar goed in.
Maar dit ís mos hoe dit met ons gestand is.
Die een kant het gestruggle vir gelykheid en ‘aanvaarding’ wat hy in ’94 reggekry het. Maar in ’99 het dinge begin verander en sedert ‘09 word die vaart al hoe wilder. Al doller raak die tog nou.
Die wittes moet dit nou aanvaar, “verengelsing is altyd die beginpunt van alle transformasie”. Klim bo-op die witte, trap hom in die grond in, moenie raaksien wat hy vir versoening gedoen en nog doen nie.
En toe lees ek vandag in die Daily Dispatch van Oos Londen (23/03/15, bls 4 ) “Khoisan king says its okay to use k-word”.
Ek haal uit die koerant aan : King of the Hamqumqa Royal house of the Khoi Khoi and San, Daniel Brown, was responding to a question after an ambassador of the kingdom, Grady Brooks, twice used the k-word in his speech at a Human Rights Day celebration. The celebrations were held in the Parkside Hall where the entire program was done in Afrikaans.
Brooks, addressing about 100 people, said he wanted to teach people how to respond to black people. He said: “I am not talking to anyone specific, but I want to teach you what to say to k****rs when they say coloureds are a mix of them and white people”, Brooks said.
Versoening...? Nie so maklik nie.
Raed-na-Gael


Kommentaar
Almal praat van versoening. My weergawe van versoening is dat dit plaasvind tussen mense wat mekaar geken het, twis opgetel het en weer vrede maak. Die woord versoening in die SA politieke landskap word te maklik gebruik. Ons het nie veroening nodig nie. Ons het verdraagsaamheid, regverdigheid en gesindheidsverandering nodig. 'n Rugby, sokker of krieketwedstryd bou nie nasie nie. Om hand om die blaas met ander te wees ook nie. Wedersydse vertroue is ook nodig. Verguising, vertrapping en ewigdurende verwyte en beswaddering is beslis nie nodig nie.
Die massas soek nie versoening nie, hulle soek die totale uitwissing van die witman. Nes die Arabiere, die sg Palestyne nie vrede met Israel soek nie, hulle soek die totale uitwissing van die staat Israel.
Die witman in Afrika gaan dit nie maak nie, oor die baie eenvoudige rede, hy het geen plek waar hy dit kan maak nie, hy het nie een enkele lappie grond waar hy sy eie ding kan doen nie. Sonder sy eie grond kan geen nasie oorleef nie. Die witman kan nie eens die uitweg van andere vat en assimileer nie, want hy lyk anders.
Wat die oplossing is weet ek nie en ek het baie simpatie met die wie gruwels aangedoen word.
In SA is na 1994 van die 'Reënboognasie' gepraat – dink die oorsprong van die uitdrukking was by Desmond Tutu en dit het algemene aanklank gevind. Toe word Mbeki die tweede president met sy wrewel teenoor wit en klem op Africans. Versoening sal seker maar geneig wees om 'n hobbelrige paadjie te loop.