Die verskil tussen wit en swart DOEN!

  • 3

Na moerse probleme is die Sochi Winterspele blykbaar aan die gang, nadat daar wêreldwyd reusebetogings, veroordelings en veldtogte geloods is teen Poetin en sy baie blanke regering ...

Onwillekeurig onthou mens die WB in SA paar jaar terug, wat as 'n sportsgeleentheid natuurlik veel groter en omvattend was as die huidige Sochi-kaskenades.

SA en haar mense het die toets wonnerlik geslaag regoor die land, en in alle uithoeke het besoekers veilig en rustig kon rondreis en hulleself kon verdiep in die vreugde van die gawe mense van SA, maar hoe lyk dit met wit mense, en hulle se houding en hulle organisasie en alles ivg???

Ons lees nogals in Rapport van alle plekke hoe uiters kak hulle is wanneer hulle probeer organiseer:

'As daar egter een ding is waarin die Russe nie regtig uitblink nie, is dit doeltreffendheid en organisasie. Die Sowjetunie, met sy oorweldigende militêre krag en al, was ’n stinkende nes van verval, korrupsie en soms selfs chaos.

Met die Moskouse Spele kon dit goed gesien word. Ondanks groot pogings kon die berugte slegte Sowjet-dienslewering nie behoorlik weggesteek word nie.

“Dit was ’n vreugdelose ervaring,” het ’n Amerikaanse joernalis, Anthony Barbieri, die afgelope week onthou in ’n onderhoud met The Washington Post.

Wat van Sotsji?

Om mee te begin is dit duidelik ’n megalomane Russiese onderneming. Luidens berigte kos die Spele $51 miljard (sowat R567 miljard), wat dit die duurste Spele tot nog toe maak.

Dié koste was inderdaad nodig, want die uitdaging was om ’n subtropiese strandoord geskik te maak vir skaats, ski en allerlei ander sportsoorte waarvoor jy temperature onder vriespunt nodig het. 

Maar dis nie al nie, want volgens ’n opposisieleier, Boris Nemtsof, het maklik $30 miljard (R333 miljard) daarvan in die sakke van Poetin en sy maatjies beland.

Joernaliste berig die laaste dae uit Sotsji die hotels en verblyfplekke van die sportlui is plek-plek nog ver van klaar. Stof en vullis van die bouery lê in talle slaapkamers, gloeilampe ontbreek, talle hysers werk nie, bruin water kom uit die krane en foto’s wys twee toiletpotte langs mekaar in één toilet.

Oor die stad heen, sê besoekers, staan talle halfgeboude geboue sonder bouwerkers wat dit moet voltooi. By die stasie is daar ’n halfvoltooide winkelsentrum met geen enkele werkende winkel nie.

Maar die grootste probleem is talle state wys hul misnoeë met die wet wat Poetin onlangs laat aanneem het om “homoseksuele propaganda” onwettig te maak. In die praktyk is dit eenvoudig ’n rookskerm om homoseksuele te terroriseer.

En dus bly verreweg die meeste regeringshoofde weg ofskoon daar, anders as in 1980, geen groot wegbly-aksie onder die sportlui is nie.

Die Italiaanse premier, Enrico Letta, is daar, soos ook koning Willem-Alexander en Mark Rutte, premier, van Nederland. (Laasgenoemde kon ’n storm van verontwaardiging in sy land slegs ontlont deur ’n afspraak met Poetin te maak sodat hy Poetin oor dié se gebrek aan demokratiese oortuigings kan kapittel).

Noorweë stuur sy (mans-) minister van gesondheid, die openlik homoseksuele Bent Hoeie, wat saam met sy man in Sotsji is.

En dan is daar natuurlik die gevaar van terreur. Dit gaan nie hier primêr om ’n organisasie soos Al-Kaïda nie, maar om terroriste van verskeie naburige, Kaukasiese streke, waar die Russe die inheemse mense kwaai verdruk.

By die 40 000 polisielede en soldate is in die omgewing van Sotsji ontplooi. Maar die vrees is ’n “swart weduwee”, die vrou van ’n Tsjetsjniese vryheidsvegter wat deur die Russe vermoor is, is reeds daar, gereed om ’n selfmoordaanslag te doen.'

Dit dan Rapport ... shaaim huh ... hoekom sukkel Blankes so met korrupsie om hul kak houdingkie aan te vul?

Waar is die vreugde en die menswees?

Draai alles dan slegs om die eie gekke ek?

Die Russe sal nooit beskaafd kan word nie, want hulle haat swartes en hulle haat gays, en hulle haat veral by uitstek hulself ... hulle leef reeds in die hel, en dis 'n baie ysige hel ...

Francois Williams

  • 3

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    François, die wêreldbeker waarna jy verwys was op die rug van die toe nog intakte Boere infrastruktuur ... nes Rusland vandag, is ons reeds 'n wyle die kommunistiese erfenis van Nelson Rolihlahla Mandela in ... 'n wyse man het op 'n keer geseg: A society based on real freedom to choose [ dus nie gebreinspoel soos in onse piesang demokrasie nie ] is better than a society based on the principles of socialism, communism and coercion ...

  • francois williams

    Agge nee, Neelsie, jy kannie perdedrolle verpak as vye nie, ek het toevallig ogies om te sien...SA se infrastruktuur, rykdom, en voorspoed is ligjare beter as wat dit was teen 1990, onherkenbaar verbeter...SA is die droomland van baie miljoene mense wêreldwyd en dit sluit baie mense in van Skannenawia bv, en die res van die EU...waarom dan as SA glo so kak is??

    Misien is jy die kak kol in SA...sou jy eerder in Rusland wil loop woon?
    Traai dan maar Bosnia of Oekraine, ek hoor hulle wikkel daar...los onse Mandela uit, hy was veel beter as enige katoolse katolieke gotjie, pous, of jesus vir Afrika...
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top