Gal word gespoeg oor bv plaasmoorde, rooi ballonne die lug ingestuur deur die praters (die Afrikaner-gekkegrens). In teenstelling. Die daders (AfriForum) bewerkstellig strategie om boere te beskerm. Poog met die kommissaris van polisie om die moorde te prioritiseer, sodat iets daadwerkliks daaromtrent gedoen kan word om dit te probeer bekamp.
Wat egter wel beklemtoon moet word is dat AfriForum en slagoffers van plaasaanvalle in die afgelope twee jaar meer as tien pogings aangewend het om met die minister van polisie, Nathi Mthethwa te praat om ingryping te vra. Wat van Mthethwa verwag word is eenvoudig: Prioritiseer plaasmoorde. Wat beteken dit in die praktyk? Dit is ook eenvoudig: 1) Erken dat dit ’n probleem is; 2) kategoriseer dit as ’n unieke misdaad en reik statistieke hieroor uit (hoe meer inligting daar is, hoe beter kan dit beveg word) en 3) ontwikkel ’n gefokusde teenstrategie in samewerking met plaaslike gemeenskappe om dit te stop.
Die kommissaris se siening en houding is: “dat boere nie “goue seuns en dogters” is nie en dat plaasmoorde dus nie spesiaal behandel moet word nie. Hy argumenteer dat plaasmoorde “net moord” is en dat dit nie sin maak om een verskyningsvorm van ’n bepaalde misdaad uit te sonder nie. “Ons kan nie sê dat daar moord is, maar ook plaasmoorde nie,”
Volgens Ernst Roets van AfriForum: “Dit klink dalk soos ’n goeie argument, maar Mthethwa se vooroordeel is duidelik uit sy onkonsekwente optrede. Dit is maklik vir die regering om te verklaar dat stropery ’n misdaad is, maar dat renosterstropery spesifiek aangepak moet word, of dat aanranding ’n misdaad is, maar dat geweld teen vroue en kinders spesifiek aangepak moet word, of dat diefstal ’n probleem is, maar dat diefstal van koperkabels spesifiek aangepak moet word.”
Op 27 Nov 13 het AfriForum hierdie verskynsel onder Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede gebring en hulle toegespreek. Die SA ambassade was onthuts hieroor, en AfriForum gevra hoekom hulle nie eers die saak met die S.A. regering onderhandel het nie. Kan jy dit nou meer!
Lees die volle berig op: https://www.afriforum.co.za/afriforum-spreek-vn-toe-oor-plaasmoorde/
En die gekkegrens? Het hulle AfriForum geloof, gekomplimenteer hieroor, of selfs ondersteuning aangebied? NEE!! ‘n Doodse stilte aan hulle kant. Nie ‘n woord hieroor in Praag webblad te vinde nie. En Sunette Bridges se siening oor AfriForum? “Lyk my Afriforum stel net in inkomste belang,” Omrede hulle nie verteenwoordiging na haar vergadering toe gestuur het nie. (http://praag.co.za/?p=14947).
Jaco Fourie

