Die tirannie van die meerderheid

  • 0

Die ANC soek ‘n tweederdes meerderheid hierdie verkiesing om sodanig die konstitusie te kan wysig om veral vir blankes verder die politieke en veral die ekonomiese woestyn in te  dwing.

Voordat daar  konstitusionele uitsluitsel mbt tot die “Employment Equity Amendment Act” bekom is, het Zuma dit as wetgewing onderteken en dit als sulks verklaar.

‘Section 42 (2) and 42 (3) of the amendment bill affords the Minister of Labour too much arbitrary power. This will enable the minister to issue regulations that could force any designated employer to ensure that its workforce is a reflection of the national racial demographics at all levels and in all workplaces”.

“This is an attempt by Zuma to simply undo several crucial court decisions on affirmative action by ratifying a law empowering the government to do exactly what the court has labelled as unfair discrimination.”

Vir die volledige berig lees:  http://www.politicsweb.co.za/politicsweb/view/politicsweb/en/page71654?oid=518589&sn=Detail&pid=71616

Hierdie wetgewing (werksresevering) ontneem die werkgewer, veral in die private sektor, sy reg om die beste person vir die geskikste pos, ongeag ras,  te kan  kies. 

Wat gebeur in die praktyk.  Blanke besigheidseienaars is gedwing om te sorg dat die meerderheid poste deur swartes gevul word.  In die praktyk het swart besigheidseienaars geen blanke indiensneming nie, nieteenstaande hierdie wetgewing.

In die Wes- en Noord-Kaap waar bruin mense die meerderheid bevolking is, sal teen hulle gediskrimineer word, deur swartes in te voer om aan die wet se vereistes te kan voldoen.  Om werk te kan bekom, sal bruinmense na ander dele van die land  moet verhuis.  Moontlik is dit ook ‘n slenter aan die kant van die ANC om hierdie twee provinsies se demografie tot oorwegend swart te laat verander.

‘n Kaapse hof: “ruled that when appointments are made on the basis of the national racial demographics, and unique regional differences such as those existing in the Western Cape are disregarded, it amounts to unfair discrimination.” (ook in dieselfde skakel hierbo te lees).

Dit sal interessant wees wanneer hierdie wetgewing  in die konstitusionele hof getoets gaan word.  Indien dit onkonstitusioneel verklaar is, sal die ANC met die spreekwoordelike “egg on its face” sit, soortgelyk in  die geval met die ontbinding van die Valke, en dan daarna moet retireer.

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top