Die stommerik-kommentator

  • 10

Die mens wat gedurig op hierdie forum sulke blertsies soos muismis laat en wat homself CM heet is die sprekende voorbeeld van een...

Sy kommentare soos ‘Die stomme ongelowiges moet verdelg word omdat hulle onsigbare almagtige wesens bedreig’ en ‘Die handelaars wat bulderend ekstra lewe adverteer, verkoop net katte in sakke’ en ‘ ‘n Menigte gee voor dat hulle heel modern soos gode dink, soos omskryf deur primitiewe voorgangers’ en ‘Die werklikheid is oneindig groter as die ruimte begrens deur ‘n kopbeen,’ dui duidelik daarop dat hy ’n agnostikus, selfs ’n ateïs, is, wat op sigself aandui dat hy homself gedurig met sy muismis-blertsies uitlaat oor dinge waarvan hy kennelik niks weet nie.

As hy iets geweet het van dié dinge waaroor hy so blerts, sou hy besef dat die ongelowiges nie verdelging in die gesig staar omdat hulle die onsigbare Almagtige bedreig nie – hoe kan hulle dít immers regkry – maar juis hulself omdat dit juis dié onsigbare Almagtige is Wie die bron van die Lewe is, waarvan hulle hulself só graag wil distansieer en hul mettertyd hul sin sal kry ... met groteske nadelige gevolge vir hulself.

Hy beblerts die sogenaamde ‘handelaars’ wie ekstra lewe in die hiernamaals adverteer, maar as hy wis waaroor hulle praat, sou hy kon besef dat hulle niks verhandel nie, omdat dié Boodskap van ewige Lewe by God, wat hulle verkondig, nie vir húlle vergoeding inhou nie, maar juis vir die stommerik wat dit verwerp, as hy dit maar sou aanneem ... so asof die stommerik vir dié Lewegewende geskenke iets moet betaal ... en dan meen hy so ewe dat dit katte in sakke is, so asof hy iets daarvan weet ...

Hy meen ook dat die sogenaamde ‘moderne’ op sy eie bene staan en dat die antieke (hy noem dit primitiewe) sonder waarde is, maar as hy werklik iets daarvan verstaan het, sou hy besef dat daar haas níks in die ‘moderne’ is, wat nie sy fondament stewig gevestig het in dít wat antiek is nie, want daar bestaan niks nou, wat nie al in die antieke óók bestaan het nie ...

Ergste van alles is dat sy stommiteit só gevorderd is dat hy nie kan besef hoe hy homself met sy eie blerts afkraak nie – want hy erken en verkondig dat die werklikheid oneindig groter is as die ruimte begrens deur ‘n kopbeen, terwyl hy self en die ander soos hy, juis in hul lewensfilosofie dié waarheid vertrap, omdat húlle juis nét daarmee wat tussen hul úíters begrensde kopbene is, ’n ewe begrensde werklikheid probeer skep en dan sulke goed kwytraak soos wat ons hulle dit sien doen.

Dit is juis die gelowige wie die waarheid van die feit dat die werklikheid oneindig groter is as die ruimte begrens deur ‘n kopbeen, erken, herken en uitleef. God is die Werklikheid Wie glad nie deur die kopbeen begrens kán word nie.

Maar hoe sal die stommerik-kommentator dít nou kan weet, hy wat vir homself binne die uiters beperkte vier mure van sy eie kopbeen, wat hy sy 'rede' noem, ’n hele werklikheid probeer skik. Ons ander besef hoe ’n onbegonne taak dít is en ons besef maar net terdeë hoeveel van die werklikheid dié stommerik moet weglaat omdat die binne-die-kopbeen-spasie al te gou versadig raak ...

Kobus de Klerk

  • 10

Kommentaar

  • Kobus

     
    Jy was darem lank stil ou Kobus. Ek sien jy het niks geleer terwyl jy weg was nie!
     
    Thomas
  • Hallo Kobus,

     Dankie vir jou skrywe. Ek het lanklaas op hierdie forum kommentaar gelewer, asook die verskillende skrywes gelees, bloot omdat dit my dikwels nie interesseer nie. Ek het laas week Donderdag en vandag egter die verskillende skrywes gelees en ek moet sê dat min verander het.

    Ek stem saam met jou dat die CM-karakter nog net so 'n amusante spul onnoselhede, of dan dwaashede kwytraak soos in die verlede, dit wil voorkom asof sy gebrabbel egter meer geword het? Ek wil myself oorloof om te sê dat CM, Thomas en Pieter R dieselfde wêreldse dwaasheid deel. Dit is vir my so ongelooflik opmerklik van hoe beperk hul kennis van feitlik enigiets is en hoe hulle telkemale die gesegde "slim vang sy baas" so mooi illustreer - veral Thomas is 'n meester daarin....

     Die ergste is dan ook hoe hulle dikwels oorloop van eie lof (en lof vir mekaar) vir hul sogenaamde "wyshede" (lees dwaashede) en te onnosel is om die sotlikheid daarin raak te sien - hulle herinner my nogal dikwels aan Rom:1.

     Ek is seker daar sal nou weer 'n strotvloed van teenskrywes na my kant toe kom ... miskien lees ek dit nog gedurende hierdie jaar ... maar nou ja, dit daar gelaat.

     Ek sal my in elk geval nie te veel aan hierdie manne se skrywes steur nie Kobus, behalwe natuurlik as ek vervelig is en iets komies soek om oor te lag.

     Groete daar.

     Dolf

  • CorneliusHenn

    Dolf tik die volgende:

    "Die ergste is dan ook hoe hulle dikwels oorloop van eie lof (en lof vir mekaar) vir hul sogenaamde "wyshede" (lees dwaashede) en te onnosel is om die sotlikheid daarin raak te sien - hulle herinner my nogal dikwels aan Rom:1."

    (einde van aanhaling)

    Ewe erg is dat nie een van Dolf, of Kobus de Klerk, hulself daarin sal raaklees nie!

    Wat wel leersaam hieruit kom is dat sinici (ongeag hul geloof of ongeloof), ewe veel afkeur vir hul medemens koester.

    Daar is geen onderskeid tussen CM, Thomas, Pieter Redelinghuys, Chris Dippenaar, Wouter Ferns, Angus, Kobus de Klerk, Dolf van Loggerenberg ... of enige ander misantroop se anderhaat nie.

    Dit is werklik nie vir enige kamstig ware gelowige of eksplisiete ongelowige om ander te bespot of te veroordeel nie.

    Ek pleit dat elkeen se hart in God se liefde en genade gelaat word.

    Nederige groete,

    Cornelius Henn

  • Dolf,

    Jy klink darem baie na Kobus se ego. Tot die beledigende en onbeskofte styl word baie oulik nageboots. (amusante onnoselhede; dwaashede; beperkte kennis van feitlik enigiets; dikwels oorloop van eie lof en vir mekaar en te onnosel om die sotlikheid daarin raak te sien) Jy het mos nou presies niks gesê wat Kobus nie klaar gegalbraak het nie.

    En jy bedoel seker 'verveeld' en nie 'vervelig' nie?

    Panda

  • Kobus de Klerk

    Dolf,

     
    Mens laat die spulletjie so aan hulself oor vir u rukkie en dan borrel dit behoorlik, soos ons mos sien. 
     
    Nog 'n tipiese verskynsel by hulle is dat geeneen van hulle die insig het om te begryp waaroor die kommentaar gaan nie en dan sien ons hulle ploef-plaf so in hulle eie stof rond met uitlatings wat die reeds bekrompe skedel-spasie net nog meer uitlig en demonstreer.
     
    En natuurlik hul pseudo-gelowige meelopers ook, wat religie-gepoetste leuens verkondig en maar op die ou end nes hulle is. Kyk maar na Boot se kommentaar. Nou wonder mens of Boot een enkele geval vir ons kan uitwys waar ek sou sê dat ek meen die aarde is net 6000 jaar oud of dat elke skeppingsdag 'n 24 uur tydperk was.
     
    Panda het darem agtergekom dat ons normale mense se opinie van hullle ooreenstem, maar dit is ook duidelik dat hy nie weet wat om met daardie inligting te doen nie - tipies.
     
    Groete,
     
    Kobus de Klerk
  • Beste Kobus de Klerk

    Dit is tyd dat jy nou van die volstruispolitiek omtrent die skepping en sg sondelose mense begin afsienen lesers presies vertel waar jy staan tov van die skepping, die ontstaan van lewe hier op aarde en die evolusie op mikro- en makrovlak wat daarna gevolg het.

    Jou verdoemende en veroordelende kritiek dryf mense weg  en verhard hul  sienswyse omtrent die Bybel en die inhoud daarvan ,as 'n norm waarvolgens mense hul lewe behoort in te rig en dit ontneem jou van die geleentheid om sinvolle gesprekke met andersdenkende mense op hierdie forum te voer.

     Jou bombastiese en beterweterige houding omtrent die Evangelie en die onderwerpe hierbo genoem verhard  veral die houding van die mense, veral diegene wat voorheen lidmate van een van die Susterskerke was en dryf hul al verder weg, instede daarvan om hul terug te bring na die koninkryk van God.

  • Kobus de Klerk

    Boot,

     
    Jy sal maar moet aandui, soos ek uitwys, waar ek sou sê dat die aarde net 6000 jaar oud is en waar ek sê dat die skeppingsdae algar tydperke van 24 uur is. Straks blyk jy dan die volstruis te wees, met die kop in die sand, want jy gaan nie regkom nie.
     
    Een ding is seker - mense weet wat ek sê en weet waar hulle met my staan. Hulle verstaan dit nie altyd almal nie en ander hou ook nie altyd daarvan nie, maar ek is nie 'n witvoetjiesoeker soos wat jy jou gedra nie - Goddank nie.
     
    Kon ek vertel jou iets van die Evangelie van die HERE Jesus Christus - die Krag daarvan is ver verhewe bo jou en my pogings as mense se vermoëns. Dit is nie ons wat ander na die Evangelie trek nie, maar die Woord Self deur die werking van die Heilige Gees. Die Krag daarvan is ons nie beskore nie - ons moet die boodskappers wees.
     
    Maar mense soos jy besef nie met Wie jy te doene het waar dit by die Evangelie kom nie. Jy dink jou bespotlik power poginkies om die Evangelie meer 'aanvaarbaar' en 'verstaanbaar' te maak, sal mense lok? Ja , dit lok dalk 'n paar, maar van die wal af in die sloot - daar waar jy met jou eiewys evangelisasie is en wee die een wat 'n ander mislei...
     
    Nee, die ware dienaar van God sal hom nie aanmatig om Gods Woord te probeer versoen (eintlik verdraai) om mense se sienswyses te probeer pas, soos waartoe jy jou aanmatig nie - allermins. Die ware dienaar van God, waarvan ek deur SY genade en goedertierenheid alleen, wel die voorreg het om een te wees (en lees maar, daar is ander ook wat hier skrywe), weet dat Gods Woord Waarheid is en dat dit die Waarheid is Wie mense aantrek, nie jou soort van bespotlike pogings nie.
     
    Maar net soos dit die Waarheid Self is Wie mense aantrek (Johannes 14:23), net so ook sal die Waarheid ander aanstoot gee (Johannes 14:17) en hulle is gewoonlik diegene wat nie die Waarheid werklik liefhet en ken nie - dan maak hulle soos jy - hulle verdraai die Waarheid totdat dit vir hulle aanneemlik is. Nou ja, meeste van ons weet - verdraaide waarheid is eintlik 'n verdoeselde leuen.
     
    Die ware dienaar van God versaak en verloën homself, weens sy eie nietigheid voor die Aangesig van die Waarheid Gods, Wie hy moet verkondig en verkondig die Woord van God eenvoudig suiwer. Die Woord en Heilige Gees sal sorg vir die verstaan daarvan.  As jy dan vind dat jy dit nie verstaan nie, gaan dan op jou knieë en verootmoedig jouself en vind jou verbintenis met die Woord en met SY Gees, maar moet nie, soos wat jy tans doen, jou verwyder van die Woord en jou gaan wend na die opinie van ander wat net so verdwaald is soos jy en jou eerder by hulle gaan skaar, omdat hulle dinge sê waarvan jy meer hou nie.
     
    Kobus de Klerk
  • Beste Kobus de Klerk

    Moenie vir my preek nie, beantwoord net die vrae.

    'n Ware dienaar verkondig tog altyd die waarheid ook omtrent die skepping.Nou haal jy ook skrifgedeeltes aan wat niks met die saak te doen het nie, want die betrokke gedeelte gaan oor 'God is by elkeen wat in Hom glo'. Johannes 14 vers 24 tot 31.

    Jy doen jouself  voor as 'n ware  dienaar, wat altyd die waarheid verkondig,maar eintlik iemand is wat wegkruip agter baie Bybelversies en die gedurig uit konteks aanhaal. Selfs Satan is daartoe instaat.

    Jy praat van bespotlik terwyl wie eintlik die een is wat homself bespotlik maak en mense wegdryf van die Koninkryk van God.Goddank die Skepper wat ek  en biljoene ander aanbid laat hom nie bind of voorskryf  hoe Hy moes geskep het en hoe lank dit moes geneem het nie.

    Jy is net nie groot en mans genoeg om te erken dat die wetenskap die letterlike vertolking van die Skeppingsverhale soos opgeteken in Genesis as verkeerd bewys het net soos Galileo Galilei die 'ware dienaars' van sy tyd verkeerd bewys het.

    Dit is verstommend dat 'n mens soos jy solank kan wegkom met die verdraaing van die Evangelie en mense gedurig verdoem.Geen wonder die meeste mense neem jou nooit ernstig op, op hierdie forum en baie kere goedig met jou die spot dryf.

    Selfs die manier waarop jy antwoord begin bewys dat jy nie eers in staat is om 'n beskaafde gesprek te voer nie en niks meer is as 'n hooghartige persoon wat gewoond is om te hiet en te gebied en geen teëpraat duld nie.

  • kobus de klerk

    Jy preek " Dit is nie ons wat ander na die Evangelie trek nie, maar die Woord Self deur die werking van die Heilige Gees."

    Skuif so bietjie eenkant toe jy meng in.

    Groente

    Oupa

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top