Die stereotipering van blanke Afrikaners deur Busani Ngcaweni

  • 12

Lees die volle berig wat oorspronklik in “The Sunday Independent” 26/10/14 verskyn het:

http://www.iol.co.za/sundayindependent/white-masculinity-since-1994-1.1770751#.SQSgQSh8z_M

“Ngcaweni is editor of Liberation Diaries: Reflections on 20 Years of Democracy, Jacana Media”.

Hierdie persoon beweer dat die Oscar Pistorius saak die sluier gelig het mbt tot middelklas Afrikanermans mbv suiwer subjektiewe veralgemenings in sy rubriek.

‘n Gejag na blondines
Voorliefde vir vinnige motors
Het meer as genoeg geld om op duur eetplekke te vermors
‘n Beheptheid met vuurwapens
Die konsep onder middelklas Afrikaners dat landswette nie op hulle van toepassing is nie
Dat daar ondersteuning en bywoning aan private militere kampe vir hul jeug is.
Afrikanervrouens is oneerlik en hoogmoedig
Hulle is die oorhoofse oorsaak van ras beheptheid wat onder die verskillende rasse te vinde is.
Die mans, weens hul sogenaamde Calvinistiese “patriargale” kultuur, onderdruk hul vrouens

  • 12

Kommentaar

  • Beste Jaco,   

     
    Enigiemand wat 'n skatryk, openbare persoonlikheid soos Oscar Pretorius (soos voor die tragedie en die hofsaak, natuurlik) gelykstel aan die "wit middelklas Afrikanerman" moet doodgewoon geïgnoreer word.  Ngcaweni het duidelik nie die vaagste benul wat “middelklas” beteken nie.    
     
    Daarbenewens is die Sunday Independent se lesers intelligent genoeg om die nonsens wat hy kwytraak, soos “…Die skisofreniese karaktertrekke van wit manlikheid…” te sien vir wat dit is: Oningeligte stereotipering. Genoeg gesê…
  • Johan Martin T Labuschagne

    Dit, my vriend, is pure rassisme. Wie gaan hom verkla by die Menseregte Kommissie? Ek of jy?

  • Jaco dankie dat jy die man se skrywe onder ons aandag gebring het. Ek het die artikel gelees. Ek probeer gewoonlik so objektief as moontlik oor sulke skrywes wees. Aan die een kant vra ek, is die man nie dalk reg nie. Dit is 'n aanname wat die man maak of moontlik die Afrikaners met wie hy te doen kry. Ek hoef myself gelukkig nie te regverdig teenoor 'n ander mens nie. Ek kan ook artikels skryf dat swartes dom, agressief, agterlik en wat ook al is. Ek sal egter aangekla word van die ergste rasissme, maar die knaap en sy mede-burgers kan doen en sê wat hulle wil. Ek weet nie wie sy lesers is nie, dit gaan my ook nie aan nie. Ek staan apaties teenoor hom en sy sienswyse. Elke mens het die reg om sy/haar naam gat te maak.

  • Dirk en F.C. Boot

    Was hierdie net 'n kommentaar van een van die Independant se leserspubliek, sou ek dit ignoreer het, maar die man is 'n openbare persoon van aansien in die swart gemeenskap, wat aandui die tipe propaganda wat hierdie mense  bereid is om teenoor Afrikaners aan te voer om swart gevoel negatief  aan te hits.  Boonop het hierdie man se rubriek promonent  in die koerant verskyn.

    Jan

    Engels of Afrikaans; hierdie man het die persepsie dat Oscar Afrikaans is, wat in sy kraal geval het, ten doel om Afrikaners by te kom.

    Onlangs het 'n musiekgroep 'n lied opgestel wat plaasmoorde aanhits wat AfriForum gaan veg.  Van ons liberale Afrikaners sê ook dit moet eerder geïgnoreer word, maar soos AfriForum terreggesê het, was dit die Zimbabwe-boere se houding ook gewees tot hulle uiteindelike spyt.

  • Reusedwerg

    Die belangrikste is om standpunt te kan inneem, en sodanige standpunt met feite te kan regverdig. 

    Sekere standpunte sal vir jou noodgedwonge subjektief wees waar dit jou sieninge rakende jou volk en jou geloof (al dan nie) raak, gesien dit deel van jou persoonlike menswees uitmaak.  Selfs subjektiewe standpunte kan met feite geregverdig word.

  • Dirk, Jaco, FC Boot en Reusedwerg

    Dis goed dat Jaco die skakel geplaas het, dis baie leersaam.

    Die feit dat baie van ons dit sien vir die twak wat dit is, is niksseggend.  Wat beduidend is, is dat hierdie Ngcaweni se skryfsel die kollig plaas op 'n meme wat posgevat het die oomblik, en gegroei het sedert, De Klerk verskoning vir apartheid gevra het.  In die hedendaagse swart kultuur word die Afrikaner as 'n onderduimse en dus veragtelike figuur gesien en hoe meer 'versoenend' ons optree hoe meer skuldig is ons in hulle oë.  Al manier om hierdie lat wat ons vir ons eie gatte gepluk het ontslae van te raak is om van ALLE openbare platforms ALLE verskonings gemaak ten opsigte van sogenaamde apartheid onvoorwaardelik terug te trek.  Terselfdertyd moet dan aangedring word op verskonings vanaf regeringskant vir slaggate, stukkende rioolpompe, plaasmoorde, transitorowe, die daling van die rand en nog 'n hele paar dinge wat manifestasies van die mislukte staat is.

  • Johan Martin T Labuschagne

    FC Boot, Jaco is reg. Mense se opinies word gevorm deur wat hulle lees en daarom is dit belangrik om te let op wat in koerante geskryf word. Inderdaad het Zim nie in eendag gebeur nie - dit het ook begin met sulke openbare beswaddering van witmense. Soos ons in die reg leer - as 'n stelling nie aangeveg word nie, dan word dit as die waarheid beskou. Dieselfde geld hier: as iemand nie die knaap op sy denkfoute en vooroordele wys nie gaan dit aanvaar word wat hy kwyt geraak het is die waarheid.

     
    Jaco (en ek) het 'n realistiese bekommernis.
  • Beste Jan Rap
    Die skrywe het bykans 800 verskillende kommentare ontlok, waarvan een was:

    "This article is racist rubbish written by an ignorant bigot."

    Die probleem met hierdie tipe skrywe is dat hoe meer mense reageer, hoe meer geniet die skrywer die publisiteit en floreer daarop.

    Dit bly maar steeds waar dat "woorde wek - maar dade trek". Die beste antwoord op sulke skrywes is elkeen se optrede in die openbaar teenoor mense van ander kleur.Dit is natuurlik ook makliker om beskaafd op te tree voordat  Bachus oorneem.

    Ons grootste probleem is dat ons tans met 'n pragtige ,humanistiese gronwet sit, maar dieselfde kan nie van 'n groot gros wetstoepassers gesê word nie.

    Jy kan geen beter voorbeeld hiervan kry as om na http://www.netwerk24.com/nuus/2014-10-29-padvalke-slaan-toe-op-meisie-se-partytjie

    Oscar se regskoste het  17.5 miljoen Rand gekos.Dit is duidelik buite die vermoë van die gewone man op straat wat hom dalk onskuldig is so'n posisie kan bevind.

    Jare gelede was daar 'n soortgelyke saak in die omgewing waar ek bly.'n Bekende Apteekster het haar dogter doodgeskiet wat sy vir 'n inbreker aangesien het. Die kind het laat uitgebly en wou nie haar ma wakker maak nie.

    Sy het volgens beriggewing deur 'n oop badkamervenster geklim.Haar ma het 'n geraas gehoor en haar vir  'n inbreker aangesien,'n skoot gevuur en die kind noodlottig gewond.Ek weet ongelukkig nie wat van die saak geword het nie.

  • FC. Die vraag wat by my ontstaan is, wat moet jy doen? Gee jy die man aandag, kry hy waarna hy soek. Ignoreer jy hom karring hy maar net aan. Dit is soos neef Julius. Hy raas en skree. Hy vestig die aandag op hom en kry die gewenste reakise. As jy hom sou ignoreer sal hy aanhou. Dit is soos die ou gesegde, daar is geen goeie of slegte publisiteit nie. Publisitiet is publisiteit. Die probleem van sulke artikels is dat die man soos Julius die "regte" geluide maak en het by die "village idiots" 'n aanhang. Die meer gematigde persoon sal dit aflag. Dit werk alby kante toe. Emosies kan maklik opgeklits word. Ek was al in situasies waar ek openlik uitgelok is. Die persone het nie 'n reakise by my kon uitlok nie. Die manne kan dit nie hanteer as jy nie reageer nie. Ek lag hulle gewoonlik af. Ek het een dag die beste voorbeeld van die blinde sambok gesien. Ek wag om regs te draai by 'n stopstraat. Woerts skiet die taxi man sommer voor my in en draai regs. Hy het nie die ander taxi gesien wat van die regterkant af die stopstraat nader nie. Hulle moer letterlik in mekaar vas. Ek ry toe aan en na 'n ruk op pad terug staan die twee manne en stry en skade beheer bepaal. Ek stop langs hulle, draai die venster af en lag lekker uit my maag vir hulle. Ongelukkig het ek nie 'n kamera by my gehad nie.

  • Beste Reusedwerg

    Ek het begrip  vir jou siening ,tog bly dit maar waar van die mense, dat 'Leë blikke die meeste geraas maak'.Daar sal altyd sulke mense in die samelewing wees.

    Die probleem lê 'n bietjie dieper en dit is die pers wat onder die dekmantel van 'vryheid van spraak' sulke artikels plaas.Ek go nie in allerhande 'conspiracy theories' nie, maar dit wil tog vir my voorkom of die pers en die Nasionale pers ,te gemaklik  toelaat dat sulke artikels geplaas word, en  sodoende aan die mense 'n uitlaatklep gee, om allerhande onwaarhede ,in hierdie geval, die Afrikanermans, kwyt te raak.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top