Tot dusver is meer as 2200 in die slag dood, merendeels burgerlikes van Oos-Oekraine. Rusland voorsien die rebelle met wapentuig, en die Weste por Wes-Oekraine aan om beheer oor die ooste te vestig.
Die werklike oplossing is om ‘n referendum in die betrokke Oos-Oekraine lande te hou om te bepaal waar die meerderheid burgerlikes se wense berus, nl OF eenheid met Wes-Oekraine OF as federale deelstaat van die Oekraine OF as onafhanklike losstaande staat OF as deel van die Russiese Federasie. Wat die meerderheid uitslag ook al is, behoort beide die NAVO lande en Rusland die inwoners se wense te eerbiedig.
Die feit dat die referendum-opsie by hulle nie eers ter sprake is nie, kan alleenlik beteken dat beide NAVO en Rusland ewe onseker van die uitslag is, tot so ‘n mate dat hulle nie hulle kanse met ‘n referendum wil waag nie.
Intussen is die burgerlikes die pionne in hierdie hele saak.
Met sanksies en teensanksies is Europa (wat Rusland insluit), besig om sy gat te sien.
Jaco Fourie


Kommentaar
Oor die Palistyne/Israel konflik is daar oorgenoeg geskryf. Mnr Ferns het opgemerk dat daar nie gou 'n oplossing sal wees nie. Ek stem saam. Ek wonder of daar ooit 'n langdurige vredesooreenkoms sal wees.