'n Paar weke gelede het ek belowe om verder oor kindermisbruik te skryf, maar uit 'n ander hoek as die Katolieke Kerk [Ek het nie 'n begeerte om aanstoot te gee nie, maar dat die RKK 'n aandeel aan kindermisbruik het, is gewis, al is dit net in terme van die beskerming van oortreders, wat hoë poste in hulle hiërargie beklee.] 'n Ander geloofsgroep kom nou ter sprake en die mense wat sal kla (as hulle bewus word hiervan) is konserwatiewe Jode. Ek maak net van een bron gebruik, nl www.whale.to (dis 'n erg groot werf). Ja, natuurlik kan 'n mens met meerdere bronne beter objektiwiteit skep maar 'n mens het ook nie oneindig tyd om aan een saak te bestee nie en ek dink die prent sal volledig genoeg wees. Die onderwerp laat 'n normale mens siek voel maar as dit selfs net in kleiner kring tot groter bewustheid bydra, was dit die moeite werd. Dit lyk of daar soms enkelinge op LitNet is wat probeer om aanstoot te gee. Ek het geen neiging in dié rigting nie en sal ander se gevoelens in ag neem, maar ook feite in die oë kyk, indien nodig.
Dis wenslik om eerstens aandag aan 'n ander saak te gee, wat hierby aanskakel, nl die sieklike beheptheid met menslike geslagsorgane. Of 'n mens dit nou uit 'n evolusionêre of Skeppergod benadering beskou ons het geslagsorgane gekry om te geniet en te gebruik nadat ons seksryp is, sodat daar nie mettertyd 'n tekort aan mense ontstaan nie. Skynbaar is hierdie organe goed ontwerp/ontwikkel sonder werklike foute. Waarom is dit nodig om in die geval van minstens seuntjies kamtig hierop te verbeter? Dit is destyds godsdienstig verklaar as die behoefte om die Godsvolk tussen die destydse ander volke te onderskei. Ten spyte van 'n konserwatiewe godsdienstige agtergrond is my gevoel dat dit ontstaan het uit 'n sekere sieklike benadering by godsdienstiges en die godsdienstige sousie is nie meer voldoende om as verskoning te dien nie [dis 'n drastiese stelling en as iemand my tot ander insigte kan bring sal ek graag daarvan hoor]. Ja, die Joodse priesters doen die besnydenis (eintlik is dit ”male genetal mutilation”) reeds suksesvol vir duisende jare op die agste dag en daar is amper nooit ongevalle nie. Dis só blerrie eenvoudig as die (1) tegniek reg aangeleer is, (2) 'n skoon instrument en hande gebruik word en (3) 'n bietjie dieregal as ontsmettingsmiddel dien. Nogtans lyk dit of plaaslike inisiasieskole nog lank gaan neem om by basiese feite uit te kom. Eintlik, al wat hulle moet doen is om die vervloekte tradisie te verander en dit simbolies te maak – maar ons moet erken, dis werklik 'n moeilike een om reg te stel. Nogtans as selfs net enkelinge se oë eers oop is, is daar gevorder en kan sake geleidelik verbeter.
Kom ons bly eers by die arme Joodse seuntjie. Hy het by geboorte (soos die boertjies!) 'n penis gekry, waarmee daar eintlik nie fout is nie, maar nou moet hy besny word (vervloekte tradisie!). Wat is die gevolg? Hy het nou op die agste dag steeds 'n penis maar met 'n wond waar die voorskede verwyder is. Volgens Rix Winkel “stern medical circumcision results in the loss of ... between 50 and 80% or more of its erogenous sexual nerves.” (http://www.whale.to/a/male_circumcision_h.html). Afgesien hiervan is die natuurlike beskerming wat die voorhuid verskaf verwyder, terwyl die natuur juis op hierdie punt permanente beskerming van die slymvlies as noodsaaklik beskou! Mens kan maar net juig oor klein groepies Jode (persentasiegewys) wat hulle godsdiens herbedink het en 'n nuwe koers inslaan. Dit gaan egter seker nog eeue neem vir verstand om totaal oor te neem. In die VSA waar mense van kleins af geleer word om met enigiets geld te maak is die neiging om selfs pasgebore nie-Jode te opereer. Daar is verloskundiges wat hiermee 'n paar ekstra dollar maak. Of daar sulke medici in SA is, is nie aan my bekend nie. Nogtans is dit iets wat nêrens in die wêreld moet gebeur nie. Die enigste positiewe argument wat ooit gehoor word is 'higiëniese redes' sonder om by te voeg dat die gebruik van 'n bietjie water 'n paar keer per week (verkieslik daagliks) voldoende is om vir higiëne voorsiening te maak.
Daar word nou van Hella Winston se artikel “So Many Rules, So Little Protection, Sex & Suppression Among Ultra Orthodox Jews” gebruik gemaak (http://www.whale.to/c/so_many_rules.html), maar dieselfde tipe inligting is uit ander bronne beskikbaar. Winston begin haar artikel deur van die 12-jarige David Framowitz te vertel. 'n Gerespekteerde onderwyser (rabbi) van sy godsdienstige skool het sy genitalieë in die motor geliefkoos nadat hy David 'n rygeleentheid aangebied het. David het by sy ouers gaan kla maar hulle het sy storie verwerp, aangesien dit vir hulle ondenkbaar was dat 'n rabbi so 'n daad sal pleeg. Die rabbi het voortgegaan met hierdie optrede tot David na twee jaar van skool verwissel het. Op die ouderdom van 48 het David met 'n siviele aksie teen die rabbi en betrokke owerhede begin. Winston se kommentaar hierop is: “Not surprisingly, reactions to it in the ultra Orthodox world have hardly been encouraging for other victims.”
'n Tydskrif in New York het hierdie saak onder die aandag gebring. Die kern is: baie lede van hierdie kerk het in privaat gesprekke en op die internet (sonder om hulle name te verskaf) woede oor die voorval uitgespreek maar die kerkleiers het stil gebly. Die enkele rabbi's en ander leiers wat na die saak verwys het, se reaksie was ook woede, maar nie oor die wandaad nie, wel teenoor hulle wat die saak aan die lig bring.
Daar is 'n aantal tradisies soos geen inligtingsverskaffing (mesira) aan siviele owerhede, voorskrifte teen skinder, chilul Hashem (benadeling van god se naam), geïnterpreteer as om 'n swak beeld aan die gemeenskap te gee, wat slagoffers laat swyg en oortreders laat wegkom.
Om 'n lang storie kort te maak: enige tradisie om inligting te verswyg en nie openlik oor seks te wees nie versterk die moontlikheid dat kinders misbruik sal word. In terme van Suid-Afrikaanse kerke is ons in 'n gunstiger posisie as konserwatiewe Jode (of enige werklik konserwatiewe gemeenskap). Ons het nie allerlei tradisies van stilbly nie, behalwe miskien die teen skinder, maar as bv 'n predikant oortree sal daar nogtans gepraat word. Die feit bly staan, hoe hoër 'n man se posisie in die gemeenskap hoe onwilliger is ons om standpunt in te neem. Hierdie besef en openlikheid oor seks sal die toekomstige misbruik van kinders noodwendig laat verminder. Ouers moet tyd inruim om daagliks met hulle kinders te gesels en nooit aarsel om hulle kinders se belange te beskerm nie.
George


Kommentaar
Sjalom.
George se ywer (nes sy vriend Chris Dippenaar), om Godsdiens te ondermyn, staan duidelik weereens hierin.
Besnydenis het die Jode deur millennia heen, veel gesonder as menige om hulle deurgebring!
Wette en ritusse in die antieke tyd, soos byvoorbeeld die verbod op varkvleis, was meestal pragmaties en as gesondheidregulasie bedoel.
Die wetenskaplikes en dokters uit die antieke tyd, was juis die priesters en ander hooggeplaaste dienaars in Godsdienste, oral in die mensdom (omdat ek vreeslik besig is met somme en strukture op die oomblik, dink ek sommer hier byvoorbeeld aan iemand soos Pythagoras).
Sonder om veel verder tyd hierop te spandeer; die Jode se antieke en toegewyde gebruik tot eer van ons Skepper, is vandag algemene kennis en word besnydenis as 'n bewese maatreël om VIGS te voorkom beskou.
Om die Jode as die enigste wat besny word uit te sonder, is ook net so 'n waan.
Die gevolge van Zulus se besnydenisritus as deel van hul inisiasieproses, is elke jaar in die nuus. Al wat hulle vandag nog nodig het, is beter opleiding en toesig daarin.
Besnydenis, is gewis iets wys aan te beveel.
Dog, dit in 'n Godsdienstige toewyding kan geskied, dit soveel meer geseënd sal wees!
Namaste!
Cornelius Henn
(...en o ja, George se herhaalde opsetlik en onredelik verkeerde voorstelling en uitsondering van kindermisbruik in Godsdiens-organisasies, laat my gewis dink daar is iewers 'n lelike slang in die gras - "no pun intended")
"Wette en ritusse in die antieke tyd, soos byvoorbeeld die verbod op varkvleis, was meestal pragmaties en as gesondheidregulasie bedoel"??????????
Verduidelik, demonstreer uit die rekord en bewys!
Chris Dippenaar, ek gaan rêrig nie weer afdwaal en onnodig uitwei net om die skreiende onkunde jeens jou fundamentele ontnugtering in die Protestantisme, op te voed nie ... begin maar sommer hier om wat die onderwerp betref - juis iets by die Jode se sindelikheid te leer: https://en.wikipedia.org/wiki/Kashrut ( ... en vra dan vir Wouter Ferns om die Wikipedia te diskrediteer en dan met sy berugte copy&paste, jou waan bo alle kritiek verhef en heel slim laat lyk) ... wees dapper Chris en antwoord my vragie ook as jy kan; meen jy ook nes jou vriend George, dat besnydenis onsinnig is? ... (JA of NEE) ...
Cornelius, in jou ywer om George se bydrae te kelder/beswadder maak jy stellings wat duidelik jou onkunde oor sekere onderwerpe ten toon stel:
1 "Besnydenis het die Jode deur millennia heen, veel gesonder as menige om hulle deurgebring!"
Watter bewyse kan jy voorlê om hierdie stelling te ondersteun. Selfs al sou die Jode meer gesond gewees het, iets wat jy eerstens sal moet kan demonstreer, watter bewyse sou jy kon aanvoer dat dit die gevolg van besnydenis was?
2. "Die wetenskaplikes en dokters uit die antieke tyd, was juis die priesters en ander hooggeplaaste dienaars in Godsdienste, oral in die mensdom (omdat ek vreeslik besig is met somme en strukture op die oomblik, dink ek sommer hier byvoorbeeld aan iemand soos Pythagoras)."
Veduidelik hierdie stelling tov Pythagoras. Wat laat jou dink dat hy 'n geneesheer was?
3. "Sonder om veel verder tyd hierop te spandeer; die Jode se antieke en toegewyde gebruik tot eer van ons Skepper, is vandag algemene kennis en word besnydenis as 'n bewese maatreël om VIGS te voorkom beskou."
Verwys ons na die wetenskaplike studie(s) wat hierdie stelling ondersteun.
Cornelius skryf "... en word besnydenis as `n bewese maatreël om VIGS te voorkom beskou."
Hierdie stelling kan vertolk word as menende dat besnydenis `n vrywaring teen VIGS is. Dit is `n uiters onverantwoordelike stelling om te maak en kan miljoene mense se lewens in gevaar stel, veral dié van liggelowiges. Alhoewel sekere studies aandui dat die risiko van VIGS-besmetting deur besnydenis verlaag mag word, was daar ook ander studies waarin geen korrelasie gevind is nie.
(Terloops, Pythagorianisme kan beswaarlik as `n godsdiens beskou word en die Zoeloes, in teenstelling met ander bevolkingsgroepe, pas juis gewoonlik nie besnydenis toe nie.)
Ek is suspisieus dat hierdie veldtog om VIGS deur middel van besnydenis te probeer beveg deur godsdiens besmet is en die resultate van kliniese toetse in die veld sodoende deur subjektiewe motiewe verwring is.
Cornelius, gaan lees gerus die skakel wat jy hierbo verskaf. Dit weerspreek wat jy hier probeer verkoop as kennis: "Although some of the laws of ritual purity roughly correspond to modern ideas of physical cleanliness, many of them have little to do with hygiene. For example, there is no evidence that the 'unclean' animals are intrinsically bad to eat or to be avoided in a Mediterranean climate, as is sometimes asserted."
Wat ek met my artikel probeer bereik het was om bewustheid te skep van die verminking van babas se geslagsorgane en die misbruik van onskuldige kinders deur volwassenes in gesagsposisies. In terme van die reaksies ontvang lyk dit of die saad op harde aarde geval het. In elk geval het ek my plig gedoen ten spyte daarvan dat ek vooraf verwag het dat dit my aan smerigheid sou blootstel, bv (...en o ja, George se herhaalde opsetlik en onredelik verkeerde voorstelling en uitsondering van kindermisbruik in Godsdiens-organisasies, laat my gewis dink daar is iewers 'n lelike slang in die gras - "no pun intended").
Hopelik het ek tog enkele denkendes beïnvloed.
Ek het Henn voorheen tereggewys oor 'n lelike persoonlike aanval wat van onkunde getuig. Sedertdien ignoreer ek hom. Hierdie man voel skynbaar uitsonderlik minderwaardig. Gaan gerus sy bydraes na. Voordat hy sy saak stel is daar gewoonlik 'n aantal persone wat hy persoonlik aanval en kleineer. As hy 'n bydrae te maak het kan hy dit tog net doen en klaar, maar dikwels stel hy homself, sy kerk en die webwerf in 'n swak lig.
George
Chris Dippenaar, in die eerste plek hardloop jy weer heel papbroekig van my vragie aan jou: meen jy ook nes jou vriend George, dat besnydenis onsinnig is? ... (JA of NEE) ...
... kon dit sekerlik maar verwag het ...
By implikasie aanvaar ek egter wel dat jy jou vriend George se beskouing dat besnydenis onsinnig is glo... Hel, gun my asseblief net eers my uitbars van die lag!!!!!
... om te dink hoe Kobus de Klerk se kreasionisme as verkramp afgelag is ....
.... hehehe, en dan kom Charl le Roux, en gooi sy stukkie stront in die emmer met: Hierdie stelling kan vertolk word as menende dat besnydenis `n vrywaring teen VIGS is. Dit is `n uiters onverantwoordelike stelling om te maak en kan miljoene mense se lewens in gevaar stel, veral dié van liggelowiges. Alhoewel sekere studies aandui dat die risiko van VIGS-besmetting deur besnydenis verlaag mag word, was daar ook ander studies waarin geen korrelasie gevind is nie.
Natuurlik, met die regte hoeveelheid "Spirituele Intelligensie", kan enigiets "vertolk" word ...
Ja, vir Charl sou sekerlik die waarskuwings teen sigaret rook sekerlik ook "vertolk kan word as menende dat nie-rook `n vrywaring teen LONGKANKER is. Dit is `n uiters onverantwoordelike stelling om te maak en kan miljoene mense se lewens in gevaar stel, veral dié van liggelowiges. Alhoewel sekere studies aandui dat die risiko van Longkanker deur nie-rook verlaag mag word, was daar ook ander studies waarin geen korrelasie gevind is nie"...
Ag, en so kan 'n mens lank voortborduur op Charl se beskouing omtrent enige vorm van voorkoming ...
Ek doen eerder wat ek kon om myself en ander se welstand te beskerm, en aanvaar maar die noodlot waar 'n dronk vlieënier sy Boeing eendag op my dak probeer land.
Dis werklik nie eens vir my om enigiets te bewys nie, inteendeel; waar is Chris Dippenaar, Charl le Roux, of George se slim verwysing die wetenskaplike studie(s) wat hul gewaande stellings ondersteun?
Maar, dis nog altyd hoe wannabe ateïste, soos Chris veral, die munt probeer draai om als wat hy probeer ondermyn, aan 'n rafeltjie trek...
Nie dat dit hoegenaamd reg is om hul sin te gee nie, maar ek deel tog die volgende ingeligte bron met ander belangstellendes: http://people.howstuffworks.com/circumcision.htm (dit bestaan uit verskeie bladsye in eenvoudige Ingels wat selfs die uwe verstaan - lees asseblief soveel moontlik daarvan). Daar kan ook baie meer geGoogle word oor die onderwerp - Google het ook natuurlik lankal nie meer glans by ondermyners en onderdrukkers soos die slimjanne Wouter Ferns en Chris Dippenaar nie - dit laat val die gepeupel volgens hulle se oogklappe te maklik ....
Ja, ook nie net is daar mediese gronde dat besnydenis 'n maatreël is wat die verspreiding van VIGS kan help voorkom nie, daar is ook 'n verband tussen besnydenis en 'n verlaagde risiko aan prostaatkanker.
Cockadoodle-doooooo!!!!!,
Cornelius Henn
Wat ek dink van besnydenis:
Penn & Teller - Bullshit! - Circumcision
http://www.youtube.com/watch?v=5iN1cX_Zf2c
Chris Dippenaar se stelling: "Although some of the laws of ritual purity roughly correspond to modern ideas of physical cleanliness, many of them have little to do with hygiene. For example, there is no evidence that the 'unclean' animals are intrinsically bad to eat or to be avoided in a Mediterranean climate, as is sometimes asserted."... is in werklikheid uit die Oxford Bible Commentary.
Ek kan my net in Chris se gedagte voorstel dat die HELE argument nou tot niet is. Ek sal hom ook met graagte net daar wou laat, maar as daar enige ander is wat ook belangstel, is daar veel meer te fokus op: "three groups—laws that have a rational explanation and would probably be enacted by most orderly societies (mishpatim), laws that are understood after being explained but would not be legislated without the Torah's command (edot), and laws that do not have a rational explanation (chukim)".
Dit het egter weereens niks met die onderwerp te doen nie - Chris Dippenaar se meesterlike taktiek om enige onderwerp te ontspoor, of die waarheid op sy onsin weg te hou.
Soos George self die doel van sy neerhaling in absolute onkunde omtrent ander se Godsdiens ritusse beskryf: "...die verminking van babas se geslagsorgane en die misbruik van onskuldige kinders deur volwassenes in gesagsposisies".
Siestog, George se selfbejammering waar sy onsin aan die kaak gestel word, is tog so pynlik...
Derhalwe is dit George en sy vriend Chris Dippenaar, se uitsluitlike doel om Godsdiens te ondermyn ... wannabe ateïste; eintlik gewoon onderdrukkers en vol minagting vir ander se harte, en wat hulself geen waarde tot moraal en sedes kan byvoeg nie. Waarom hulle hierdie felheid spaar?
Cornelius Henn
Chris, doen tog iets aan daardie "onsinverklikker" van jou, dit lyk my die ding is 'n massaproduk uit Sjina ... ...
Ek het spesiaal maar vir jou Google gedoen omtrent (byvoorbeeld) die verband tussen prostaat kanker en besnyding:
http://www.google.co.za/#bav=on.2,or.r_qf.&fp=8f27cff14fef1f92&q=prostate+cancer+circumcision+associated+with+reduced+risk
... of plak net "prostate cancer circumcision associated with reduced risk" in jou Google soek blokkie...
Probeer dit en laat my weet!
Cornelius Henn
Cornelius, al wat ek nou wonder is of dit jou 'mengelmoes-kardoes gosdiens ideologie' (Dolf se term vir jou) en of dit dalk jou 'mengelmoes-kardoes onkritiese denke' wat eerste was. Wat het wat veroorsaak? Ek sal baie verbaas wees as enige iemand hier nog dink dat jy al jou varkies in die hok het.
Ns. George, ek moes van beter geweet het voordat ek reageer het op hierbo se uitlatings.
... en net vir die wis en die onwis; ek het nie aan Pythagoras as 'n "dokter" gedink nie, maar eerder as die "wetenskaplike" in my stelling "Die wetenskaplikes en dokters uit die antieke tyd, was juis die priesters en ander hooggeplaaste dienaars in Godsdienste { lees ook Religion / Geesteswereld} ... dink ek sommer hier byvoorbeeld aan iemand soos Pythagoras" ... ek is egter wel oortuig daarvan dat sou ek genoeg tyd had om te Google, ek verseker alle kante van Hippokrates sou wou nagaan ... maar, ek is egter wel seker dat dit eers moontlik deur sy toedoen is wat Godsdiens en medisyne afsonderlik benader is ... die Hippokrates eed handel daaroor om lewe te red; ongeag ENIGE natiwiteit wat dit probeer verhoed ... nou wonder ek of dokters eendag VERPLIG sal word om seuntjies te besny, gereken aan die bewese mediese voorsorg daaraan, of gaan hulle dit laat omdat daar fundamentele ongelowiges is wat hierdie gesonde handeling met Godsdiens assosieer? ... Cockadoodledoooo!!!! Cornelius Henn
Vir die leser
Ek het eers gedink George was kleinlik mbt baba besnydenis, maar na latere betragting, het ek tot die slotsom gekom hy het definitief ‘n punt beet. Nie weens enige godsdienstig of gesondheidsredes wat ander ter stawing vir bababesnydenis teen geopper het nie, maar suiwer rede dat dit ‘n skending van die persoon se mensereg is waar die keuse vir hom gemaak word, en waarin hy geen seggenskap het nie.
Ek en die staat het geen beswaar teen besnydenis hoegenaamd nie, mits dit die persoon se eie keuse en wens daartoe is. Die Xhosas wat hulself laat besny, doen dit vrywillig, alhoewel ander Xhosas wat gedwing word teen hulle sin, word hulle mensereg dienooreenkomstig geskend, en het juridies reg om beide krimineel asook siviele saak teenoor die betrokkenes te maak wat hom onder dwang laat besny het.
In Israel en die VSA waar alle baba’s besny word (omtrent alle Amerikaners is besny in teenstelling met die Engelse wat nie besny is nie), weens die feit dat die baba geen eie keuse daartoe ingestem het nie, is hulle menseregte tegnies geskend, en als volwassenes die volste reg het in terme van wetgewing rakende menseregte skendings, om ‘n siviele en kriminele saak teen die betrokkenes te maak, selfs teen eie ouers, wat in sekere gevalle juis gebeur het.
Die Westerling is gewalgd wanneer van die Noord Afrikane, hulle vrouens en dogters “besny”, deur beide die lippies asook die klitoris te verwyder, maar het geen beswaar wanneer ‘n seun of man besny word nie, altwee ook kamtig vir godsdienstige en gesondheidsredes deur die voorstanders daarvan as redes geopper. Dubbele standaarde!!
Jaco Fourie
Ek het die volgende oor besnydenis gehoor. Die twee laaities sit en gesels. Die een vra die ander een is jy ook besny. Nee seg die outjie, wat is dit. Hulle sny jou voorvel af. Was dit erg vra die ander lat. Joe joe praat jy, nadat hulle dit afgesny het kon ek vir die eerste tien maande nie loop nie.
Hello,
Circumcision May Lower Risk For Prostate Cancer
Is Henn nie die ou wat WOIII voorspel het na so gegoogle....Cockadoodledoooo!!!!
Hello George et al
Jaco Fourie laat geld homself met die volgende: "Ek [Jaco Fourie] het eers gedink George was kleinlik mbt baba besnydenis, maar na latere betragting, het ek tot die slotsom gekom hy het definitief ‘n punt beet. Nie weens enige godsdienstig of gesondheidsredes wat ander ter stawing vir bababesnydenis teen geopper het nie, maar suiwer rede dat dit [besnydenis] ‘n skending van die persoon se mensereg is waar die keuse vir hom gemaak word, en waarin hy geen seggenskap het nie.
Ja, wat 'n wonderlike dag sal dit vir Jaco Fourie wees, as ouers nie meer die keuse vir hul babas en kinders mag maak nie!
As ouers hul seggenskap in geloofsake soos die doop en besnydenis eers verloor, hoe maklik sal dit dan vir hierdie geveinsdes in hul absolute morele verval wees om kinders te misbruik!
Mag God ons al die dekadentes en promiskues se narsistiese drange spaar!
Cornelius Henn
Die patetieke bleeksiel Wouter Ferns (soos wat hy homself om simpatie te probeer wek voorstel), kerm die volgende: "Hello, Die beginsel wat ek volg is om nie meer met Cornelius Henn in gesprek te wees nie. Dit is verstommend hoe 'n destruktiewe deelnemer Cornelius Henn hier en is daar geen opbouende gesprek met Cornelius Henn nie. Die metode wat Henn volg is, wat dit ook al is 'n deelnemer hier plaas, Henn is teen dit en verdedig Henn 'n werklikheid wat net in Henn se eie skedel bestaan en vervuil Henn elke deelnemer hier se bydrae, soos gesien die afgelope week, soos gesien in een dag met George en Trienie se briewe. Dan praat ek nie eers van die briewe geplaas deur myself nie. Daar kan maar net gewonder word wat is fout en word daar gehoop dat hulp op pad is. Daarom George, dit is jammer dat daar nou al vir 'n tweede keer 'n ernstige brief van jou kant af deur Cornelius Henn probeer afgetakel word, maar is die kennis nou al dat niks beters kan Cornelius Henn verwag word nie".
Wouter Ferns bejammer die sogenaamde ALMAL ook elders met: "Trienie, nie te bekommer nie, die manier hoe Cornelius almal se briewe hier vervuil is soos verwag kan word. Cornelius merk ek op is desperaat om 'n reaksie te uit te lok is daar geen perke aan hoe mislik sy skrywes is nie). "
Hierdie sogenaamde ALMAL op LitNet, is eintlik net diegene wat na my mening ander se harte (spiritualiteit) buite hul sedelik vervalle groepie, minag en probeer ondermyn.
Siestog ja, hierdie narsistiese groepie fundamentele gelowiges en ongelowiges, kan hulself maar in hul ou bendetjie genaamd ALMAL lek en troos nes hulle wil.
Ek het dit reeds menigmaal en voorheen ook aan George gestel, dat sy agenda om Godsdiens daarmee te probeer ondermyn - hy daartoe bydra om die voorkoming en hantering rakende die misbruik van kinders, te belemmer!
Die misbruik van kinders vind ook plaas - en ek is oortuig daarvan selfs erger - buite enige Godsdiens!
Dis ook nie eens dat enige Godsdiens, die misbruik van kinders verkondig nie. Derhalwe, geen Godsdiensorganisasie kan verplig wees om die massamedia met sensasie te verryk om sulke probleme deur die vyandigheid van die wêreld se media te hanteer nie.
Deur die fokus op Godsdiens te plaas, laat die geveinsdes elders toe om in die skadu's daarvan rond te sluip - iets wat George se eentonige aandrang op Godsdiens as die sondebok, homself nou finaal verdag laat wat my betref!
Ja, in hul lafhartige poginge om Godsdiens verdag te laat en te probeer ondermyn, misbruik George en al sy meelopers JUIS die kinderslagoffers nog meer!
Dus, is ek ook glad nie verbaas dat die ALMAL hier, meestal godslasterlike, dekadente en promiskue dwepers met hul eie sieklike ego's en neigings is nie!
Neem dus kennis (en met permissie sou die webvoete my dit asseblief wel toelaat - ek is regtig op my knieë); ek sal voortgaan om die sogenaamde ALMAL se waan, oral uit te lig waar ek meen Godsdiens ondermyn word, of waar ek meen ander se harte geminag word - en ter wille van al die weerloses teen hul vieslike propaganda; dit so fel met die waarheid as wat hulle my daag hanteer.
Nie te danke nie!
Cornelius Henn
Meer as 20 reaksies op een skrywe is verbasend – ek het geensins daarvoor gesoek nie. Nogtans het ek aanvanklik gevrees dat die meeste reaksies eintlik afbreuk doen aan dit wat ek onder die aandag probeer bring. Veral is ek dankbaar teenoor Wouter vir sy helder siening en dat hy die aandag vestig op verdere kindermisbruik waaraan ek nie gedink het nie. Alhoewel ek dikwels probleme met Jaco het moet ek hom bedank vir sy belangrike bydrae.
Soos reeds gemeld gaan ek nie met Henn kommunikeer nie. Hy hammer egter op die feit dat ek godsdiens probeer ondermyn en by implikasie 'n ongelowige is. Vir SêNetters oor die algemeen se inligting wil ek bevestig dat ek 'n christelike gelowige is en dit is vir my belangrik dat dit goed moet gaan met die geloofsboodskap in die wêreld. Dit kan slegs gebeur as openlikheid en eerlikheid 'n belangrike deel van gelowiges se benadering is. Al is ek nie 'n Rooms Katoliek nie, hulle is 'n christelike denominasie wat 'n belangrike rol speel. Ek sou wens dat hulle die ernstige probleme wat hulle ondervind, bv binne die Curia en beskerming van kinderoortreders sal oorkom sodat hulle boodskap meer trefkrag kan hê. Ek het 'n hoë dunk van die huidige pous en sy twee voorgangers.
Verder wil ek erkenning gee aan die feit dat daar ateïste is wat hoë morele waardes nastreef en help om van die wêreld 'n beter plek te maak. Baie dankie.
George
Die inskrywing verskyn in die Jewish virtual library.
Circumcision Circumcision is the removal of the foreskin of the penis.
The rite of circumcision (brit milah) is one of the most ancient practices of Judaism. The commandment to circumcise male children was given to Abraham in the Torah (Genesis 17:714 and repeated in Leviticus 12:3): And God said unto Abraham: 'And as for thee, thou shalt keep My covenant, thou, and thy seed after thee throughout their generations.
This is My covenant, which ye shall keep, between Me and you and thy seed after thee: every male among you shall be circumcised. And ye shall be circumcised in the flesh of your foreskin; and it shall be a token of a covenant betwixt Me and you. And he that is eight days old shall be circumcised among you, every male throughout your generations, he that is born in the house, or bought with money of any foreigner, that is not of thy seed.
He that is born in thy house, and he that is bought with thy money, must needs be circumcised; and My covenant shall be in your flesh for an everlasting covenant. And the uncircumcised male who is not circumcised in the flesh of his foreskin, that should shall be cut off from his people; he hath broken My covenant. [English translation from 1917 JPS Tanach.]
Circumcision is (in general) a common denominator among movements: Reform, Conservative, Reconstructionist, Orthodox — all circumcise their male children and require male converts to undergo some form of circumcision.
Furthermore, faith is the only reason that Jews should circumcise their male children. In Moreh Nevuchim (Guide for the Perplexed), chapter 49, the Rambam says: "No one, however, should circumcise himself or his son for any other reason than pure faith; for circumcision is not like an incision on the leg or a burn on the arm, but a very difficult operation."
Current medical fashions play no role in circumcision, as it is a religious rite to Jews. Thus, it is pointless to attempt to argue for or against circumcision from a basis of medical need. The circumcision is done the eighth day after birth, unless ill health or serious medical problems prevent it. Even Shabbat does not stop a Brit. If a child is not circumcised, he is still considered a Jew [San. 44a; Hoffmann, Melamed Lehoil, Yoreh Dea, #79].
However, if there are no medical contraindications (e.g., hemophilia), it is incumbent for the individual to arrange for their circumcision when medically safe to do so.
Traditionally, the father is supposed to perform the Brit. Since most fathers do not have the appropriate training, a specialist called a mohel is usually called upon to perform the circumcision. It is customary that, if possible, a mohel performs his first Brit on his own son-under the supervision of an experienced accredited mohel (his teacher).
Mohelim are trained by all the religious movements and are sometimes also practicing physicians. The operation is usually done in the home or the shul. The infant is surrounded by family and friends, and held by the sandek (an adult being honored by the parents, often a grandfather).
In the Ashkenazi community, on the Shabbat night (Friday night) prior to the Brit, the community comes to the home of the newborn to welcome him with singing and thanksgiving to Hashem on his birth, and a small meal is served including chickpeas (ar'bes).
These are served as a sign of mourning: the child mourns that the angel caused him to forget everything he learned in his mother's womb (just one explanation of many for this custom of eating chickpeas). In Sephardi communities, the night before the Brit is called the night of "Brit Yitzchak" and the community and family gather to learn the Zohar together, to sing special songs and have a dinner. In many places people from the community and family get together and study all night, not only on the night before the Brit, but also during the preceding week.
Persoonlik glo dat daar waar water skaars is daar wel 'n rede vir die verwydering van die voorhuid kan wees, nl persoonlike higiëne want ongewas kan dit 'n broeiplek vir bakterieë, want laat ons dit maar
erken party mans is regte klossiegatte in die opsig.
Mosterd na die maal - dog is George se kommentaar hierbo, ook nogmaals geveinsd!
In die eerste kommentaar onder George se eerste bydrae onder hoofde" Misbruik van kinders" [ https://www.litnet.co.za/Article/misbruik-van-kinders ], het ek geantwoord:
(Begin van aanhaling)
George, ek [Cornelius Henn] het myself reeds menigmaal en oor baie jare heen hieroor uitgespreek. Ek gee egter toe dat ek myself moontlik met die vraag misgis, en daarom geheel verkeerd beantwoord. Nietemin, ek herhaal kortliks enkele van menige punte met die hoop dat my standpunt duidelik sal wees. Ek is geen kundige en het geen ervaring omtrent pedofilie nie ... Hoekom moet die molestering deur Katolieke priesters, meer aan die kaak gestel word in die samelewing as die molestering deur ooms, tannies, neefs, onderwysers, ... en Protestante dominees? Nie een van die kerk of die Bybel is volmaak nie. Inteendeel, die kerk is net 'n refleksie van die samelewing op hul knie in hul sonde voor ons almal se Skepper. Dus, van buite die van die Godsdiens beskou: algemene statistiek elders toon dat meeste gemolesteerde, self later in hul lewe - molesteerder word. Met die grootste respek; sedert my tienerjare reeds het elkeen my homoseksuele vriende al met hartseer teenoor my getuig dat hulle as kinders deur die een of ander vertroueling gemolesteer is - en nie een van die boewe wat hulle aangedoen het, was Katoliek, of katoliek nie. Ek ken persoonlik NIEMAND wat hul homoseksualiteit as geneties aanvaar nie. Al my {ouman} gay maatjies herlei hul homoseksualiteit na die feit dat hulle as KLEUTERS selfs gemolesteer is. Beteken dit dat my homoseksuele maatjies nou almal as pedofiele gebrandmerk kan word? Nee, gewis nie; sekerlik net so min as wat pedofilie, as die Katolieke se beleid en verkondiging gepropageer kan word (dis natuurlik anders as die Protestante, wat eers Apartheid as kerkbeleid met volle oorgawe in diens van die Regering van die kansel verkondig het en toe daarna, weereens in dien diens van die Regering van die dag en as kerkbeleid; verskoning daarvoor gepleit het). Nie alle gemolesteerdes word homoseksueel nie. Die ander helfte sulke slagoffers wat ek ken, het prostitute en/of erg promisku (soos in nimfe) geraak. Pedofilie in enige deel van die samelewing, is 'n euwel - en dit verdien gewis die doodstraf wat my betref. Dis 'n selfsugtige boosheid wat lewens oor geslagte heen vernietig. Nie een pedofiel slagoffer wat ek ken, voer 'n "normale" sekslewe nie. George, dink jy nie ook dat die pedofiele elders in die samelewing vandag, bloot die katolieke onder 'n vergrootglas plaas net om so met groot sensasie die aandag van hul eie dekadente en promiskue gedrag te probeer lei nie? George, ek voer graag hierdie gesprek met jou enduit. Vra asseblief en klaar dit vir my waar ek van die punt afdwaal.
(einde van aanhaling)
My kommentaar is toe ook deur George geïgnoreer. Wouter Ferns, Jaco Fourie en Chris Dippenaar het toe ook net so desperaat ingeklim om die onderwerp van die punt te stuur.
Na dit alles, het George destyds ook my vrae aan hom as deel van die "katgeveg" afgemaak, en toe tot sy eie gevolg gekom waarin sy agenda uit die staanspoor, wel duidelik is - nes weereens hierbo.
George, het toe sy lae houtjie ingekry deur te verwag dat ek myself van die Katolieke "distansieer". Hy stel dit toe in geen onduidelike terme aan die einde as volg: Vir Cornelius was my boodskap ondubbelsinnig - afgesien van die goeie in jou kerk, daar was net te veel verspreide voorvalle, waar kerkhoofde ook probeer het “om skade te beperk” - hulleself of “hulle saak” bo kindertjies gestel het. Jy [Cornelius Henn] het geen ander opsie as om jou hiervan te distansieer nie.
Ja, lees maar gerus self George se gewraakte bydrae voorheen onder dieselfde hoofde as hierdie een: [ https://www.litnet.co.za/Article/misbruik-van-kinders ]
Met dit alles in gedagte is dit nou vir enige redelike mens oop om George, Chris Dippenaar, Jaco Fourie en Wouter Ferns se bedoelinge waarin hulle een van selfs die oudste Godsdienste in die wêreld probeer ondermyn, in die sin om 'n kraamsaal na 'n slagpale te probeer laat lyk, in hul vieslike en laakbare goedkoop propaganda (waag maar self een van George se skakels in sy bydrae hier oop te maak).
Daar is vir my NIKS met hierdie geveinsdes onder allerlei dekmantels te kommunikeer nie. Ek sal hul boewery met die nodige felheid beantwoord, solank ek dit toegelaat word!
Mag Jesus Christus onse HERE, self die Lig in 'n ieder se hart wees wat hier lees.
Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,
Cornelius Henn
Beste FC Boot, hartlik dank vir jou kosbare inset hier. Cornelius Henn