Die mag van koalisieregering

  • 2

Ek neem die Gauteng Provinsiale Regering as my scenariovoorbeeld.

Ek gee die huidige aantal persentasie ondersteuning, vergeleke met my scenario persentasie ondersteuning, ten doel om my argument te staaf.

        2009   2014
         %          %

ANC 64          45 (verlies hoofsaaklik ten gunste van DA; en EFF; aanwins van COPE)
DA     22         35 (verlies aan ontevrede Afrikaner steun, aanwins hoofsaaklik van die ANC)
COPE 8          4 (Verloor ten gunste van ANC)
VV+  1.5          6 (aanwins hoofsaaklik van DA)
Inkatha 1.5      2 (marginale aanwins van meer Zulus van Natal in Gauteng)
ACD  1.5           1 (marginale verlies, merendeels ouer mense wat uitgesterf het)
Onafhanklik 1.5 0 (nie genoegsame belangstelling nie)
EFF      0              4 (aanwins van die ANC)
AGANG 0          3 (aanwins van die ANC en ontevrede Afrikaner DA steun)

In 2009 het die ANC amper ‘n tweederde meerderheid, die opposisie ‘n total van 36%. Die ANC kon hiet en gebied na willekeur wetend dat, al staan al die opposisielede saam, kan hulle nie die ANC uit die kussings lig nie. Nie enige van die opposisie partye kan hulle agenda enigsins deurvoer nie, selfs nie die DA, die grootste onder hulle nie.

In 2014 verander die prentjie (my scenario). Die ANC het nog steeds die meerderheid steun, maar nie meer ‘n volstrekte meerderheid nie. ‘n Hele aantal scenarios is moontlik wat die situasie vloeibaar maak, om sodoende die partye op hulle tone te hou.

1. Met enig een of gesamentlik van al die opposisie partye, buiten die DA, het hulle maar net 20% gesamentlik van die totale stem, dus kan hierdie koalisie nie die regering sonder die DA van die ANC oorneem nie. Die ANC sal die provinsie steeds as minderheidsregering kan regeer met die DA as hoof opposisie, ‘n situasie onverander soos voor 2014, dus nie na wense nie.

2. Die ANC en EEF staan saam in koalisie met 49% gesamentlik, steeds nie ‘n volstrekte meerderheid nie, wat die DA en al die ander opposisie partye dwing om saam te staan om sodoende ‘n volstrekte meerderheid regering met 51% te word. Al sou die ACD besluit om nie deel van die DA koalisie te wees nie, behou die DA koalisie steeds ‘n volstrekte meerderheid met 50%.

3. Die ACD dreig om in koalisie met die ANC/EFF te gaan wat veroorsaak dat die steun nou 50/50% is. Indien die DA koalisie nie die ACD kan oorreed om of saam met hulle te staan nie, of buite enige koalisie te staan, sal dit veroorsaak dat beide koalisies om die beurt die provinsie regeer tot of ‘n wanbalans weer ingestel is of die volgende verkiesing plaasvind. Dus kan selfs die kleinste partye ‘n hewige impak op ‘n koalisie uitoefen. Hierdie kleinste party het selfs meer bemagtiging, deurdat hy die een koalisie teenoor die ander kan afspeel.

4. In die DA koalisie bots een of meer lede onderling, en besluit om van die koalisie te onttrek. Onmiddellike is die DA koalisie onder die 50% en moet ook onmiddellik die teuels aan die ANC/EFF koalisie oorhandig.

5. Indien die gesamentlik DA koalisie lede steun gesamentlik onder 45% val, kan die ANC as minderheidsregering sonder die EFF regeer.

Koalisieregering, net soos alle ander vorms van regering, het beide sy voor en nadele.

Voordele:

Elke party kan sy agenda op die tafel neersit in gesamentlike onderhandeling vir die behoud van die koalisie. Partye sal moet kan komprimeer (give and take) om die koalisie ongeskonde te behou. Indien enige aanslag op enige lid se agenda vir hom te sterk en nie na wense is nie, sal hy noodgedwonge van die koalisie wil onttrek. Die oorblywende lede sal moet besin of hulle bereid is om meer te wil toegee om die lid te kan behou om sodoende steeds die regerende party te wees, indien nie, sal dit ‘n verwisseling in regering veroorsaak. Met ‘n volstrekte enkelpartymeerderheid, (soos tans met die ANC in agt provinsies en die DA in die Wes-Kaap) word uitsluitlik daardie party se agenda sonder onderhandeling nagestreef, heeltemal tot nadeel van al ander partye se belange.

Nadele:

Te veel verwisseling in regering voor die volgende verkiesing strem gesonde administrasie en beleid uitvoering. (Kyk wat onlangs in Potchefstroom gebeur het.)

Hierdie scenario is ook van toepassing op parlementêre vlak.

Voordeel vir die Afrikaner.

Die DA stel geensins in enige Afrikaner agenda’s in belang nie, net die van hulle meerderheid ondersteuningsbasis wat swart is. Die Afrikaner kan nou enige ander opposisieparty ondersteun, wetend dat daar tog uiteindelik saam met die DA gestaan gaan word, met die verskil dat sy agenda nou bemagtig bevat (nie soos voorheen nie) wat sy belange baie beter gaan beskerm en moontlike daadwerklike uitvoering aan kan gee, as voor 2014.

Jaco Fourie

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top