Die kwessie van homoseksualiteit

  • 22

Die kwessie van homoseksualiteit en homoseksualisme kom van tyd tot tyd weer en weer ter sprake, op sigself 'n aanduiding dat dit nie as normaal beskou word in die samelewing nie – dit geniet dieselfde vlak (nie soort) aandag as ander abnormale sosiale fenomene soos byvoorbeeld mishandeling van vroue en kinders, wat ook 'n fenomeen is vir sy eiesoortige redes waarom dit sosiaal onaanvaarbaar is en as sulks bespreek en ontleed word.

Jaco skrywe vir ons 'n artikel juis oor die onderwerp van homoseksualiteit en homoseksualisme, natuurlik vanuit die perspektief dat hy self een is en dan ook uit die perspektief van 'n ateïs, wat hy dan ook is, waarskynlik na aanleiding van die aandag wat die 'nuutste' polemiek oor die beweerde oorerflikheid van homoseksualiteit geniet in die media – die studie meen daar is waarskynlik merkers in die DNS wat van sommige mense homoseksuele maak.

Jaco probeer opmerklik objektief na die fenomeen kyk en verleen onmiddellik erkenning aan die feit dat daar ten minste 'n groep mense is wat definitief nie hul homoseksualiteit oorgeërf het nie, en noem enkele voorbeelde. Maar dan vermeld hy 'n ander groep wat op oorerflikheid daarvan kan dui, en as voorbeeld noem hy pre-puberteit kinders en ook tweelingkinders wat voor puberteit geskei is wat selfs onder hulle eweknie groep as anders uitgeken en gewoonlik ook uitgejou word, sonder om juis te weet waarom.

Die probleem met hierdie argument is eerstens dat sulke kinders nie, waar dit gebeur, uitgejou word oor hulle homoseksueel is nie, aangesien kinders van daardie ouderdomsgroep, hoewel bewus van geslagtelikheid (in teëstelling met seksualiteit) weens die feit dat hulle verskillende geslagsorgane het, maar onbekend is met die fenomeen van homoseksualiteit as 'n verskynsel van seksualiteit. Hulle word waarskynlik eerder deur hul eweknieë getreiter weens sosiale gedrag wat nie by die groep inpas nie en dié gedrag mag dalk deur 'n onderliggende homoseksuele neiging gemotiveer word en as sulks manifesteer.

Maar daar is 'n ander rede waarom so 'n argument nie kan dien as bewys dat so 'n kind homoseksuele neigings toon weens oorerflikheid nie. Kinders is al vanaf klein kleuter- en ook op sulke pre-puberteit-ouderdomme oor die algemeen emosioneel besonder beïnvloedbaar, vatbaar en gevoelig vir die verskeidenheid van onnatuurlike en/of ongebalanseerde of skadelike omgewingsinvloede binne en buite die huis waaraan hulle gereeld blootgestel word en waaroor hulle geen beheer of ontsnapping kan hê nie en daarom sal hierdie onverwerkte, opgekropte emosionele kwetsing dikwels in hul latere ontwikkeling vergestalt in verskillende vorme van emosionele en sosiale aberrasies, waarvan homoseksualiteit maar een is en dan ook selfs oordrewe heteroseksualiteit en in ander minder gereelde gevalle, aberrasies soos die een of ander fobie en/of psigopatie.

Dit verklaar ook waarom kinders wat aan dieselfde omgewingsinvloede binne en buite die huis blootgestel word, nie almal homoseksuele neigings toon nie en ook omdat sommige kinders se vermoë om weerstand te bied beter ontwikkel as ander s'n. Uiteindelik is elke mens mos darem na alles uniek ...

Daar is egter 'n heel spontane bewys dat homoseksuele neigings deur die gemeenskap as onnatuurlik en abnormaal ervaar word, juis weer by die optrede van pre-puberteit en veral vroeë puberteitkinders. Kinders is oor die algemeen nie pretensieus nie en is véél minder geneig tot inhibisies as jongmense of volwassenes. Tog sal hulle dikwels 'n kind wat homoseksuele gedrag vertoon, spot en selfs afknou. Kinders word nié in die huis Godsdienstig daaromtrent geïndoktrineer nie. Dit gebeur maar selde dat daar in selfs Godsdienstige huise oor dié onderwerpe in Godsdienstige verband gepraat word – dit sal trouens eerder vermy word. Dit dui dus op die natuurlike, spontane weersin wat hulle ervaar in die homoseksuele neiging wat in die gedrag van die homoseksuele kind manifesteer, al verstaan geeneen van hulle werklik waaroor dit gaan nie.

Ek is van mening dat homoseksuele mense nie hul homoseksualiteit oorerf nie. Hulle is só omdat hulle óf van kindsbeen af al die slagoffers is van hul sosiale omstandighede binne en buite die huis, óf by hul eie keuse, waar hulle in hulle tienderjare en later so word.

Uiteindelik het ons dan die situasie dat die gemeenskap nie weersin jeens homoseksualisme ervaar en vertoon omdat die Bybel sê hulle moet nie, maar die Bybel reflekteer die rede vir hierdie weersin wat al oor die eeue kom en die betrokke mense hou nie daarvan om dit te sien nie en begin dan allerlei maniere versin om by die waarheid daarvan te probeer verby redeneer.
Die feit is dat God nie mense homoseksueel skape nie. Boot het nou die dag in 'n kommentaar van hom elders uitgewys dat God vir 'n rede mense met verskillende geslagsdele geskape het en dit uiteraard só bedoel – man pas by vrou. Dit is onteenseglik 'n pasmaaksituasie en is perfek só. Homoseksuele verhoudings lei tot seksuele omgang van, wat in die Woord beskrywe word, 'n baie onnatuurlike aard (Romeine 1:24-28). Hier verwoord die Woord bloot net dít wat mense van nature reeds weet en ervaar en aanvaar. Maar daar was altyd dié wat hulle nie hieraan gesteur het nie, en so is dit vandag ook.

Wat die Woord ons wel ook leer, is dat die fenomeen van homoseksualiteit nie 'n fisiese oorsaak het nie, maar 'n emosionele, geestelike oorsaak. Die homoseksuele man en vrou se liggaam vertoon presies soos dié van die heteroseksueles. Die verskil lê by die emosie, die geestelike ingesteldheid en begeerte wat veroorsaak dat die betrokkene sy of haar liggaam op die vreemde manier seksueel aanwend en terselfdertyd 'n behoefte openbaar vir een van dieselfde geslag. Vir hierdie logiese en baie opsigtelike oorsaak, is daar mos darem ook aansluiting in die Woord te vind, juis in die gedeeltes wat oor daad van homoseksualisme (te onderskei van homoseksualiteit) handel, soos in Levitikus 18:22; Romeine 1:18-32 en 1 Korintiërs 6:9-11 te siene is.
Weereens bevestig die Woord net wat reeds bestaan en gee die korrekte perspektief en dit kan teruggevoer word na mense se verwydering van of rebellie teen die Wil van God (sonde en die houvas wat dit verkry – Eksodus 20:5; 1 Korintiërs 6:18; Psalm 81:12; Handelinge 7:42; Efesiërs 4:18, 19; Romeine 1:26-28)

Om 'n fisiese of genetiese oorsaak vir homoseksualiteit te soek, is desperaat en belaglik.

Maar dit is ook belangrik om te onthou dat God nie net homoseksualisme veroordeel nie – dit geld eweneens vir alle ander seksuele vergrype ook (Eksodus 20:14; Levitikus 20:10–13, 15-17, 19-21; Deuteronomium 22:13-21, 22–29; 23:17–18; Spreuke 5:1–23; 7:1–27; Mattheus 5:27–28; 1 Korintiërs 6:9; Efesiërs 5:3–5; 1 Tessalonisense 4:5).

God se Wil ten aansien van die beoefening van seksualiteit is duidelik – Romeine 6:17-19; 1 Tessalonisense 4:3-4.

Kobus de Klerk

  • 22

Kommentaar

  • Kobus,

    Verskoon my, maar ek gaan in die derde persoon skryf om sodoende onpersoonlik op te tree.

    Kobus het 'n goed deurdagte brief hierbo geskryf as teenvoeter tot sekere bewerings wat ek gemaak het mbt die oorerflikheid (fisiese sy) al dan nie van homoseksualiteit.

    In hierdie stadium is die sekulere (non-Bybelse) studie oor die onderwerp ver van afgehandel, en bly die fisiese sy van homoseksualiteit steeds in die hipotese vlak van die wetenskap.  Die groot verskil is dat dit wel wetenskaplik benader en bestudeer word in teenstelling met 'n Bybelse benadering. "God het gespreek dus is Sy woord finaal."  Enige bevindinge, verby "teorie" stadium, van die wetenskap ontvang gewoonlik universele aanvaarding, maar om uiteindelik by sodanige stadium uit te kom, moes daar eers  'n klompie "hipotese" en "teorie" plaasgevind het.  In teenstelling  met Bybelse opdragte wat meerendeels op suiwer geloof aanvaar word, en geen erngstige poging aangewend word om sodangie opdragte wetenskaplik te toets nie, sal daar nie eens 'n "hipotese" of "teorie" stadiums deurgewerk word nie, maar direk tot 'n onfeilbare finale konklusie herlei word.

    Die term "abnormaal" is relatief tot 'n meerderheid meridiaan. In die godsdienstige siening, het dit 'n absolute negatiewe konnotasie; in 'n wetenskaplike siening is dit 'n afwyking van die norm (meerderheid), "deviation from the norm" en het nie 'n negatiewe konnotasie nie.

    Wetenskapllkes woeker met vele vrae:  Oor die hermafrodiet (tweeslagtige); persone wat selfs met twee van dieselfde geslag gebore is; homoseksualiteit onder diere te vinde, ens.  Ek weet nie eers of die Bybel 'n antwoord daarvoor het nie, anders as dat alle afwykings die direkte gevolge van die sondeval is, en dienooreenkomstig dat die skepper God daarvoor nie aanspreeklik gehou kan word nie, heelwaarskynlik Satan.  Ek weet dat die wetenskap is besig om vir al hierdie fenomene wetenskaplike antwoorde te soek.

    Kobus en my vertolking van pre-puberteit verskil.  Ek het hoofsaaklik onder vie jarigeouderdom in gedagte,  gehad, waar die omgewings invloed op sy minimum is mbt studies oor identiese tweelinge en kinders wat ooglopend reeds homoseksueel voorkom. Kobus het verwys na pre-puberteit kinders wat reeds sterk aan omgewingsbepalinge onderhewig was, dus kan ek met hom saamstem dat pre-puberteit kinders wat op skool uitgejou word reeds 'n gedragspatroon begin ontwikkel het as gevolg van wat in hulle lewens voorafgegaan het, hetsy fisies, emosioneel of invloede van die omgewing of almal tot 'n grotere of mindere mate.

    Wat wel opvallend is, is dat voor die opkoms van die Abrahamse gelowe, (Jode, Christene en Islam), was homoseksualiteit 'n algemene verskynsel sonder negatiewe konnotasies. Inteendeel daar was nie onderling bevraagteken of jy "straight" of "gay" is nie.  Omtrent almal het homoseksuele dade tot 'n meerdere of mindere mate gepleeg deur die verloop van sy lewe.  Die Christelike kerk was die voorvegter vir die geweldadige onderdrukking van homoseksualiteit, wat daartoe gelei het dat dit in die proses gestigmatiseer is.  Selfs die Jode het nie sodanige geskiedenis nie.  Inteendeel daar is nie eens 'n geval in die Bybel en Joodse oorleweringe opgenoem dat enigeen gestenig was nie.  In teenstelling is vele genoem wat vir prostitusie gestenig was.  Islam het sy geweldadigheid omtrent die saak van die Christene geleer.  Wat ek in hierdie paragraaf sê, kan met gemak by vele skakels op die internet opgesoek word.

    Nou vir my as ateïs, wel ook 'n Bybelstudent, traak die Bybelse opdragte my geensins nie.  Ek kry net die gay Christen jammer wat poog om sy seksuele orientasie met die Bybel te probeer versoen, wat hy gewoonlik deur middel van sublimasie probeer regkry.

    Ek is 'n gelowige aan die wet van kontrak wat al bestaan het sedert die mens begin reëlings tref om konflik van belange te probeer oorbrug, veel ouer as die Bybel self.

    Huwelik, sekuler of godsdienstig is vir my uitgedien.  Gays maak hulself belaglik om vir hulself dieselfde voorregte op te eis, wat onder "straits" vinnig besig is om af te neem.  Eksponensieel leef al hoe meer pare liefs saam, met of sonder kontrak, eerder as om te wil trou.  Ek verstout my om te sê dat selfs hier in Suid-Afrika  gaan binnekort die meeste kinders "bastards" gebore word.  And so what?!

    En om af te sluit met 'n boodskap aan FC.  Neem 'n blaadjie vanuit Kobus se boek.  Hy ken sy Bybel en skryf ondubbelsinnig en sublimeer glad nie.  Sy logika is ook opeenvolgend.  Meerendeels sal ek nie met hom saamstem nie, maar hy gee 'n alternatief vir die leser om oor te herkou.

  • Charl le Roux

    In morele debatte oor homoseksualiteit is daar drie drogredenasies wat klokslag voorkom, tw:

     
    1. Die Argumentum ad Naturam drogrede.  Die debat ontspoor dikwels omdat daar gedebatteer word oor sou homoseksualiteit natuurlik wees al dan nie.  In `n debat oor morele waardes, is dit egter irrelevant.  Wat van morele belang is, is of iets wenslik is, nie of dit natuurlik is nie.  Dis dalk meer natuurlik om deur `n krokodil geëet te word as om in `n vliegtuig te vlieg, maar dis beslis nie meer wenslik nie.  Natuurlik of onnatuurlik dra dus geen gewig wat wenslikheid betref nie.
     
    2.  "Die Bybel sê so."  Daar is menige Bybelse voorskrifte wat drakonies is.  As morele gids, het Die Bybel sy kredietwaardigheid verloor.  `n Goeie morele waardesisteem moet die konsekwensies van `n mens se doen en late in aanmerking neem.  Dit wat jou medemens en natuur tot voordeel strek, is in die algemeen moreel.  Dit wat jou medemens en natuur tot nadeel strek, is in die algemeen immoreel.  Dit wat geen impak op jou medemens en die natuur het nie, is in die algemeen amoreel.  In die oorgrote meerderheid van gevalle van seksuele omgang tussen volwassenes sal ons vind dat dit geen impak het nie en dus uit `n morele oogpunt irrelevant is.  Die tekortkoming van talle Bybelse voorskrifte is dat dit geen verband hou met konsekwensies nie.  Veral opvallend is die beheptheid met seksuele gedrag.  Wanneer sulke voorskrifte aan ander opgedwing word, meng daardie dwang in met ander se vryheid en is die konsekwensies nadelig.  Om sulke voorskrifte op te dwing is dus immoreel.
     
    3.  "Homoseksualiteit is `n keuse."  Dit is die geval dat `n klein minderheid van mense oorwegend tot hulle eie geslag aangetrokke voel.  Of die oorsaak `n genetiese of sosiale oorsprong het, is `n interessante punt, maar moreel van min belang.  Mens is egter nie vry om jou seksuele oriëntasie na willekeur te kies nie.  Om homoseksuele mense in heteroseksuele verhoudings te probeer in dwing, strek niemand tot voordeel nie.
     
    In sy brief maak Kobus `n onderskeid tussen homoseksualiteit en "homoseksualisme".  Laasgenoemde term kom nie in my Afrikaanse woordeboek voor nie en is skynbaar gebaseer op die versinsel dat daar die een of ander sisteem ter sprake is.
     
    Groete,
     
    ClR
     
     
     
     
          
     
        
  • Liewe Kobus

     
    Baie dankie vir jou weldeurdagte analise en bespreking van homoseksualiteit / homoseksualisme. Dit is vir my 'n riem onder die hart dat 'n heteroseksueel die tyd uit sy dag kan neem om homoseksuele te berispe oor hul ongoddellike dade en weersinwekkende afvalligheid van die Bybel. Dit is tog lekker om Bybelversies rond te slinger. (Dit laat my altyd dink aan die verhaal van Dawid en Goliat.) 
     
    Wat vir my altyd baie interessant omtrent die bespreking van homoseksualiteit is, is die feit dat dit altyd heteroseksuele individue is wat daaroor wil praat. Dit fassineer my dat julle so belangstel in homoseksuele se lewens. (Ek en baie ander homoseksuele lê egter nie snags wakker en wonder wat heteroseksuele in hulle slaapkamers doen nie. Die pornografie waarna mans skelm kyk as vroutjie by haar moeder gaan kuier of as julle ander vroue se borste in die jongste uitgawe van die FHM bewonder nie. Dan praat ek nie eers van al die egskeidings en heteroseksuele mans wat hul eie dogters molesteer nie. Dominees wat die kerk se kollekte steel en bedrog pleeg, mans wat hulself naweke aan alkohol vergryp, hul buurman se nuwe Mercedes begeer en dies meer nie.) Maar dis mos net klein sondetjies - so ons moenie daaroor worry nie. Bybelversies is mos net van toepassing wanneer dit ons pas. God is mos aan die heteroseksuele Christene se kant. (Wat die arme ander gelowe gaan doen weet ek nie - waar is hulle God dan? Wie is reg? Gaan net die Katolieke hemel toe? (hulle bid immers deur 'n vrou genaamd Maria en sit standbeelde in hul huise ...) As ek reg onthou, het Christene in Suid-Afrika net 'n paar dekades terug rassisme deur God se Woord goedgepraat - nou is al daardie stemme skielik skoonveld - net soos wat geen Duitser na die Tweede Wêreldoorlog aan die NSDAP (Nazi's) behoort het nie. 

     
    Jy skryf: "Ek is van mening dat homoseksuele mense nie hul homoseksualiteit oorerf nie. Hulle is só omdat hulle óf van kindsbeen af al die slagoffers is van hul sosiale omstandighede binne en buite die huis, óf by hul eie keuse, waar hulle in hulle tienderjare en later so word." 
     
    Ek dink ek moet my goedhartige ouers dagvaar. As ek so na die onsin lees wat jy skryf, moet ek hulle blameer. (Hulle was terloops net besonders goeie ouers ...) Ek kan ook nie onthou dat ek een oggend opgestaan het en toe besluit het ek wil iets 'anders' probeer nie. Tog vreemd - ek het nog nie 'n enkele homoseksueel ontmoet wat gekies het om homoseksueel te wees nie. 
     
    Jy (en andere wat so dink) is geregtig op jul opinie. Ek (en ander homoseksuele) lag tog te lekker vir al die komieklike snert wat julle optower. My verhouding met God het niks met enige ander mens te doen nie. Ek weet waar ek staan met God. En die God waarin ek glo is beslis nie die God waarin jy glo nie. Ek glo in 'n God van liefde - nie een wat mense links en regs oor die vingers tik nie. 
     
    Dit maak my (en baie ander gay mense) seer wanneer "Christene" hulle kom hoog heilig hou en ons wil veroordeel. Maar ons is sterk van gees. Vir elke Bybelversie wat jy en andere met julle slingervelle na my bors gooi, word ek net sterker van gees. Want net soos jy bid ek elke aand tot my Here God en weet ek in my hart dat ek 'n goeie mens is en dat Jesus my net so lief het as vir jou of selfs die misdadiger wat in die tronk sit. 

    Geseënde Kersfees vir jou en ek hoop diep in my hart dat jy weer sal dink voor jy jou vooroordele uitspreek sonder dat jy die mens agter die sogenaamde 'sonde' geraadpleeg het. 

    Met vriendelike groete,
    Dewald Koen  
  • Kobus

     
    Soos ons gesien het met jou "opinie" oor Jupiter se mane is jou opinie nie regtig iets waaraan enigiemand hulle moet steur nie. Jou verdere aanhaling van 'n antieke primitiewe midde-oosterse geskrif om gewig aan jou opinie te gee, dui op die totale onbenulligheid van jou opinie en jou onvermoë om met wetenskaplike konsepte om te gaan. 
     
    Kry 'n bottel olyfolie met inhoudsmaat X en tap Y daaruit (waar Y>X)  soos jy hier beweer het. Onderwerp dit aan wetenskaplike verifikasie en as jy reg is sal ek my weer aan jou opinie steur.
     
    Groetnis
    Thomas
  • Dit is tragies dat mense soos Kobus de klerk onmiddellik die Bybel neem en dan mede-Christene met ander seksuele oortuigings oor die kop slaan en dan teen alle ander bevindinge in die Bybel as die wet van Mede en die Perse voor te hou.

    Die Bybel as sulks veroordeel nie homoseksueles omdat hul homoseksueel is nie maar veroordeel onnatuurlike dade van hetrogene en homoseksuele ewe sterk. Waarom so dit sou wees?

    Die Bybel leer dat elke orgaan van die mens tot stand gekom het onder leiding van die Skepper vir 'n spesifieke en besondere doel.Daarom neem ons onder alle natuurlike en normale omstandighede kos in deur ons mond wat dan toegerus is om te begin met die spysvertering en skei ons afvalstowwe uit deur ons  anus. Die primêre funksie van die anus is om afvalstowwe tydens ontlasting uit die liggaam te skei.

    Die behandeling van die menslike afvalstowwe is dus van groot belang en nalatigheid in die verband kan katastrofiese gevolge vir mense inhou. Anale seks is al bewys kan katastrofiese gevolge inhou al word watter voorsorgmaatreëls getref. Dit kan nagegaan word op enige goeie mediese webblad.

    Lees  Genetiese Predisposisie en Homoseksualiteit deur prof Johan Buitendag:  http://www.bybelkennis.co.za/genetiese-predisposisie-en-homoseksualiteit/

  • Kobus de Klerk

    Boot

    Ek dink jy lees die bronne so swak en insigloos en bevooroordeeld soos wat jy die bydraes wat ek weergee, lees. Dalk moet jy weer lees en as jy daartoe in staat is, objektief lees. Dan sal jy nie te velde trek teen iemand wat in essensie dieselfde weergee as wat jy probeer voorhou nie - uitgesonderd natuurlik jou pogings om die Woord te verdraai en af te water wat jy so erg doen, dat self ongelowiges dit onmiddellik raaksien by jou. Skaam jou daaroor ...

    Dit is so dat die Woord homoseksualisme (synde die homoseksuele praktyk) veroordeel, maar enige iemand met insig sal weet dat dit die gevolg is van die homoseksuele neiging, wat beveg moet word sodat dit nie manifesteer in die veroordeelde daad nie - maar kyk gerus na die HERE se waarskuwing waar HY waarsku dat as die mens soveel as dink daaroor (fantaseer), dan is dit so goed of hy het die daad self begaan (sien Mattheus 5:28-30 en ook 2 Samuel 11:2–5; Job 31:1; Spreuke 6:25; Mattheus 15:19; Jakobus 1:14-15 - as jy nie dit ook wil verdraai en afwater nie). En dit kan deurgetrek word na enige verbode perversie en sonde, ook die waarna jy verwys.

    Natuurlik is anale seks ens, sondig omdat dit so onnatuurlik is - nie net omdat dit gesondheidsrisiko ook boonop inhou nie. Nie eens diere doen dit nie ...

    Kobus de Klerk

  • Charl le Roux

    Dankie vir jou bydrae, met 'n ander inslag oor die onderwerp, nl "moraliteit".  Ek het beslis iets nuuts daaruit geleer.  Weereens dankie.

  • Dewald Koen

    Die Christen moet besluit of die Bybel sy bron van geloof is al dan nie.  Indien wel dan staan hy onder 'n verpligting om aan al die vereistes daarin opgeskryf te voldoen. 'n Christen kan ook nie eensydig besluit hierdie deel van die Bybel kom van God, en wat hy nie van hou nie, is nie goddelik op hom van toepassing nie.  Dit staan bekend as selektiewe geloof.  Die Bybel sê verder jy kan of warm (Christen) of koud (ateïs) wees, maar lou wees (selektiewe geloof) is Bybels verwerplik.

    Onthou die einste barmhartige God van die Nuwe Testament, is dieselfde wraaksugtige Ou Testamentiese God, met swaard in die hand, van die Wederkoms. Maak nie saak hoe goed jy in jou lewe was nie, kom jy nie in aanmerking vir aanvaarding ten tye van die Wederkoms nie, indien jy nie gedurende jou lewe Bybels voorskriftlik gehoorsaam was nie en seks met dieselfde geslag is vir God verwerplik in beide die Ou en Nuwe Testament.  Die Bybel sê juis as waarskuwing:  "Het ek nie mooi en goed, so en so in jou naam gehandel nie? God se antwoord is: Ek het jou nie geken nie!"

    Nou Kobus as verklaarde Christen, het 'n Bybelse verantwoordelikheid om mense attent te maak van sodanige "sondes" ten doel om hulle te probeer help beredder, so as mede-Christen kan jy hom dus nie verkwalik nie.

    Ek as ateïs asook gay, verwerp aansprake op enige vorm van goddelikheid, die Bybel s'n inkluis. Bybels is ek "koud". Ek geniet die Bybel as antieke skrifte, net soos ek non-Bybelse antieke skrifte van waarde ewe terdeë geniet.

  • Kobus de Klerk

    Jaco,

    Die skakel wat jy verleen om te probeer bewys dat sommige diere anale seks beoefen, is absolute snert. Daar is in jou Wikipedia artikel nie eens die geringste aanduiding dat diere so iets doen nie. Tewens, jou aangehaalde artikel bewys nie eens dat diere homoseksueel is nie.

    En om na reptiele of insekte te wil verwys wat op so 'n manier voortplant, is ewe onvanpas want dit is die manier van daardie betrokke reptiele of insekte. Maar hoe op aarde sal twee homoseksuele mense dit ooit regkry om voort te plant uit hul vergrype aan mekaar? As jy die verskil nie kan insien nie, wil jy gewoon nie, want vir die een (betrokke insek of reptiel) is dit natuurlike gedrag en vir die ander, heeltemal onnatuurlik. Voorts heg die reptiel of insek absoluut geen erotiese waarde daaraan nie, want sy drang is bloot om suksesvol te kan voortplant, wat hy dan ook regkry. Maar die homoseksueel wat so met 'n ander van dieselfde geslag verkeer, het geen behoefte om voort te plant nie, en doen dit waarskynlik hoofsaaklik vir die plesier, gedrewe deur wellus.

    Kyk na honde en beeste, byvoorbeeld. Die dominante manlike dier van die groep sal die ondergeskikte diere in die groep van dieselfde geslag bestyg met die doel om hulle te domineer in die hiërargie binne die groep - ek self het dit al male sonder tal gade geslaan, maar die doel is nie om seksueel te verkeer nie en daar is geen anale penetrasie nie. Net 'n mens se perverse en verwronge eroties-oorlaaide psige sal so iets daarin wil sien. Homoseksualiteit is uit en uit 'n psigologiese fenomeen. Diere het nie daardie probleem nie. Maar omdat die fisiese daad ooreenstem met wat die perverse mens met 'n erotiese seksdaad assosieer, moet die arme dier ook onder daardie perversie deurloop ...

    Maar wat, miskien is dit vir die homoseksualis geen probleem om homself tot op dieselfde vlak as 'n insek of reptiel te degradeer nie ... miskien nie 'n slegte vergelyking nie? Hoewel ek dink jy beledig dan die insek of reptiel, want dit het glad nie die psige om 'n seksdaad en wellus aan sy dominansie-optrede te wil koppel nie.

    Julle ouens moet versigtig wees om uit desperasie sommer regverdiging uit enige bron te loop soek - soos jy sien hierbo kan die implikasies daarvan vir julle baie skeefloop.

    Kobus de Klerk

  • Kobus

    Ek is geensins desperaat om homoseksualiteit onder diere, ens te wil bewys nie.  My reaksie was op 'n stelling wat jy sonder enige bewyse gemaak het waarop ek gereageer het.

    Inteendeel die skakel was vinnig uitgekies, weens die feit dat Wikipedia altyd die vinnigste is om aan te haal.  

    Al sou dit alleenlik mense wees wat dit doen, bodder dit my hoegenaamd nie.  Ek noem dit net omrede daar wel waarnemings daarvan geneem is.  In die nuwe jaar sal ek foto's wat ek voorheen al gesien het,  opsoek, waar diere wel anale seks het, en aan SêNet pos vir jou waarneming.

    Jy skryf: " Homoseksualiteit is uit en uit 'n psigologiese fenomeen".  Dit is suiwer 'n stelling (hipostese) aan jou kant.  Bewys hierdie stelling as feitlike bevinding van erkende wetenskaplikes.

    Ek pak nou op om more na die Grand Canarie eilande met vakansie te vlieg, na 'n gay mecca daar, nl die Jumba area,  dus sal ek hierdie onderwerp weer in die nuwe jaar aanpak.

    Ek  wens jou alles van die beste toe vir die nuwe jaar.

  • Beste Kobus de Klerk

     Ek kry nou eers tyd om dit wat jy geskryf het te lees.

    Jou mening dat "Ek is van mening dat homoseksuele mense nie hul homoseksualiteit oorerf nie. Hulle is só omdat hulle óf van kindsbeen af al die slagoffers is van hul sosiale omstandighede binne en buite die huis, óf by hul eie keuse, waar hulle in hulle tienderjare en later so word."

    Dis presies wat dit is - 'n mening en dan is dit 'n mening gegrond op niks. Daar word onsettend baie navorsing in die veld gedoen. Die funksie van al die merkers op spesifieke gene is nog nie uitgeklaar nie.

    Jy kan dus nie net 'n paar Bybelversies gryp en dan sê siedaar - dit is wat die Bybel sê en dit is dit. Finish en klaar.

    Jy is niks meer as 'n arrogante bombastiese man wat op grond van die Bybel soveel ongegronde uitsprake maak dat jy 'n verleentheid word vir gelowiges en ongelowiges. Moenie eers weer kom met  'onder die invloed van die Heilige Gees' uitsprake nie want dit is 'n verloëning  van 'n belangrike karaktertrek van die Heilige gees, nl die waarheid  en nie ongegronde en valse aannames wat jy maak nie.

    Die ateïste daarteen gebruik voorbeelde uit die natuur om hul seksuele dade goed te praat wat natuurlik net so krom en skeef is as jou Bybeluitleg oor die saak.

    Reik eerder jou hand uit na die mense en ontvang hul met die liefde en deernis wat Jesus Christus ook betoon het aan elke sondaar vir wie hy aan die kruis gesterf het.

    Mag dit met jou goed gaan.

  • Johan Martin T Labuschagne

    Die vraag wat gevra moet word: wat is die skade daarin as twee homoseksuele volwassenes konsensuele seks het? Wat maak dit aan Kobus of enigiemand van Suid-Afrika? Die antwoord is dat dit geen skadelike gevolge vir enigiemand het nie. Onthou: ons is 'n sekulêre staat - godsdiens en staat is geskei. Die staat mag nie enige godsdienstige groep se waardes op 'n ander afdwing nie. Kobus is vry om te glo dat homoseksualiteit die werk van die duiwel is, maar hy kan dit nie op ander afdwing nie. So hoekom die gesanik oor homoseksualiteit?

     
    Soos Jaco, glo ek ook dat homoseksualiteit 'n genetiese basis het. Wetenskaplikes spekuleer dat homoseksuele mense 'n funksie in die samelewing verrig deurdat hulle betrokke is met die grootmaak van die stam se kinders. Daarbenewens is daar ook aanduidings dat vrouens met homoseksuele voorouers vrugbaarder is as die ander.
  • Die vraag wat enigiemand hom/haarself moet afvra waarom anale seks in baie gemeenskappe taboe is.

    Dit is redelik duidelik waarom dit in die Bybel as skandalige seksuele gedrag beskou word, omdat dit regstreeks teen die Skepper se doel  met die skepping van die mens indruis.

    Tog is dit duidelik dat dit 'n toenemende praktyk  soos die mens al verder verwyderd raak van sy Skepper deur eerstens sy bestaan te ontken en dan eenvoudig die Bybel as 'n outydse ontoepaslike boek te beskryf geskryf deur mense wat eenvoudig nie geweet het waarvan hul praat veral as dit dan aan 'n wetenskaplike ondersoek onderwerp word.

    Op grond daarvan is dit dan maklik om 'n mens se gewete te sus of in so'n mate toe te skroei wat die Bybel en die God daarin bekend gestel het aanbetref dat dit maklik is om allerhande uitsprake te maak want dit is nou maar 'n menslike neiging om enige optrede wat deur ander bevraagteken word te verdedig.

    Tog bly die volgende waar:"Besin eer (voor) jy begin, dink eers goed na voordat jy iets aanpak."

    En dit is ook van toepassing vir enigiemand wat oorweging aan die beoefening van anale seks oorweeg of dit beoefen hetsy in homoseksuele of heteroseksuele verhoudings en sal dit goed wees as 'n mens eers die volgende webblaaie  of soortgelyke lees.

    http://www.webmd.com/sex/anal-sex-health-concerns? en
     ttps://www.medinstitute.org/2012/06/anal-sex-a-dangerous-trend-3-2/

  • Johan

    Dankie vir die vakansiewense.  Pas teruggekeer.  Hierdie keer net te kort, maar moet weer Maardag begin werk, anders het ek langer gekuier.

    Pragtige mense ontmoet, Morakane asook Swede.  Die plaaslike talent was maar power.  Hierdie is een van die weinige gevalle waar jy na 'n ander land toe gaan om ander toeriste te ontmoet eerder as die plaaslike bevolking.  'n Sonskyn-eieland met mooi sandduine en warmwatersee.

  • F.C. Boot

    Jou mediese verslag verwysing is suiwer 'n mediese verslag.  Jou pedantiese invlegging daarvan met godsdiens, is die toonbeeld van 'n gros wanvoortstellings van mediese feite.

    Die mediese verslag verwys na MOONTLIKE gevare van anale seks, welke WERKLIKE gebeurtenisse 'n seldsame verskynsel is.

    Net soos die geval met anale seks, is vaginale "warts", cervical cancer, vaginal tearing, hepetitus,  ens as gevolg van vaginale penetrasie deur die penis 'n seldsame WERKLIKE moontlikheid, en daar is vele skakels oor elke afsonderlike vaginale kwaal hier genoem, wat dit sal bevestig.

    Die werklikheid onder gays mbt anale seks.  Die anus word met ontsmette lou water uitgespoel, totdat daar geen sweem van faecis meer is nie. Gedurende seks is daar beide geen reuk asook geen faecis op die  penis nie.  En ja.  In beide anale seks asook vaginale seks, is dit altyd 'n vereiste om 'n kondom aan die penetrerende penis  te sit as teenmiddel vir enige vorm van moontlike siektes.

  • Kobus de Klerk

    Jaco,

    Jou verduidelikings aan Boot betreffende anale seks en dies meer gaan nie op nie.

    Jou aanname dat die sogenaamde ontsmette water waarmee die anale opening uitgespoel word, die probleem vir julle op[los, is snert. Die probleem lê nie net by dit wat jy kan sien of nie sien nie, maar inderdaad by wat jy nie kan sien nie ('n kenmerkende probleem van die deursnee agnostikus wat hom net steur aan wat hy kan sien)... dit is bekend dat anale vloeistof - waarin die skadelike bakterieë voorkom -  gedurigdeur teenwoordig is, en al probeer jy die vaste ontlasting uitspoel, is die ontlastingvloeistof immer teenwoordig en kom vanuit dieper in die kolon juis om die beweging van ontlasting na die anale opening te bevorder. Niks wat jy sê, kan hierdie probleem oplos nie.

    Daar is ook absoluut geen brokkie bewys dat gewone en normale penetrasie van die penis in die vagina enige van die kwale wat jy daaraan probeer koppel, veroorsaak nie. Dit is absolute snert.  Wat ongelukkig wel gebeur is dat sommige vroue allerlei vreemde voorwerpe en seksuele hulpmiddels in hulle vaginale opening forseer, met uiters nadelige gevolge. Dit is 'n gruwelike praktyk.

    Daar is ook geen nodigheid vir kuise man en vrou binne die monogame verhouding, om ooit 'n kondoom te gebruik nie - anders as by onnatuurlike gedrange.
     
    Jou eie verduideliking wys stilweg die onnatuurlike aard van die homoseksualisme uit. Natuurlike geslagsomgang tussen man en vrou verg absoluut geen uitwassing en ontsmetting van die vaginale opening nie, en is die vloeistowwe wat daar voorkom natuurlik en juis bedoel om die geslagtelike verkeer te akkommodeer - want dit is die uitsluitlike doel van die vroulike vagina - om die manlike penis te ontvang en dan die seën te ervaar van nuwe lewe wat as gevolg daarvan ontstaan. Niks hiervan is van toepassing op die gruweldaad van anale seks en homoseksualisme nie. Dit is 'n walglike ervaring om te dink dat 'n geslagsorgaan soos die penis in die anale kanaal opgedruk word wat op sy beurt weer uitsluitlik bedoel is om ontlasting uit te skei - dit is gewoon nie goed te praat nie en is baie duidelik 'n gruwelike vergrype, hetsy deur mense van dieselfde geslag of tussen 'n man en 'n vrou.

    Wat jou video aanbetref waar jy dit wat ek hierbo weergee ten opsigte van die onnatuurlikheid van homoseksualisme waar dit nie eens in die diereryk voorkom nie, probeer weerlê, is dit duidelik dat jy nie eens die moeite gedoen het om behoorlik te kyk nie - daar is geen anale penetrasie tussen die twee diere nie. Dit bevestig inderdaad wat ek weergegee het, naamlik dat dit 'n manier is om dominansie te toon. Daar is 'n wyfie en beide die leeumannetjies wil hulle dominansie aantoon. Nie een van hulle is egter dominant nie (tipies wat gebeur by roofdiere in aanhouding), en daarom dieselfde gedrag deur beide teenoor mekaar, waar die een aan die ander te kenne gee dat hy nie die ander se dominansie ervaar nie. Dan moet jy ook probeer verstaan dat diere met geluide, gedrag en posturering kommunikeer - hulle bedoeling met hul optrede is dus baie ver verwyderd van die interpretasies van seksbehepte mense. Trouens, diere het nie seks vir die plesier nie - hulle uitsluitlike doel is om te probeer prokreëer en dit geskied slegs wanneer die wyfie op hitte is.

    Ek dink jy besef dit is belaglik om te probeer voorgee dat twee gevaarlike roofdiere 'teerheid' teenoor mekaar probeer betoon. As jy meer kennis had van die diere, sou jy besef dat hulle (nes honde) kliere het agter die kake en ore en dat hulle daardie sekresie probeer afsmeer aan iets wat hulle probeer merk. Sulke afsmeer van sekresies is ook 'n manier van kommunikasie.

    Dit is die mens wat hom aan sy eie ek en sy eie liggaam vergryp waar alle insig en perspektief verdwyn en alles in 'n perverse erotiese konteks beskou word - self die diere moet deurloop.

    Jy verstaan dus nie wat jy sien nie en jy kyk nie behoorlik nie.  En dan behoort dit nie vir my nodig te wees om aan jou uit te wys watter tweederangse sensasiegerigte webblad jy as gesag probeer ophaal nie.

    Tragies dat sommiges selfs by die diereryk probeer regverdiging soek vir onnatuurlik seksuele optredes... dit is baie desperaat.

    Boot,

    Wat jou aanbetref, is jy 'n gelowige wat gehoor het, maar nog nie ervaar het nie. Jy het gehoor van die HERE, en verkondig hier wat jy van die HERE gelees het in geskrifte van ander mense wat oor die HERE praat. Self is daar by jou duidelik geen persoonlike kontak met die HERE nie, vandaar dat jy so rondpeuter tussen die opinies van verskillende mense en die eienaardige fenomeen dat jy sekere gedeeltes van die Woord aanvaar en aanhaal, maar ander verdraai - nie vanuit eie oortuiging nie, maar aan die neus gelei deur vele geskrifte van ander. Jaco het vir jou baie goeie raad gegee, naamlik dat jy eerder by God Self moet gaan kers opsteek in stede van so rondval (so ooglopend dat dit selfs vir hom as ateïs opvallend is), maar omdat  hy 'n ateïs is, het jy die raad verwerp. Jy weet so min van God, dat jy nie besef dat God enige mens - want God het Krag oor alle mense - te enige tyd kan gebruik om SY wil te doen nie, al is dit nou om iemand te waarsku. Al hoe mens dit kan regkry om die onderskeid te tref, is as hy die HERE se Wil dien. In hierdie geval die beginsel dat mens nie 'n aannemer van persoon moet wees nie. Maar jy is dit ongelukkig nie en daarom verwerp jy alles wat Jaco sê by voorbaat omdat hy ateïsties is. Jy poog nie eens om die korrels van die kaf te skei nie, want selfs by die ateïs is daar soms kosbare korrels tussen die hope kaf. Jy het nog nooit getuig dat jy insig van God kry of selfs soek nie, maar die opinies van ander verkondig jy wyd en syd - jou mentors is 'n spul skrywers ongeag waar hulle hul inspirasie vandaan kry - soms in die kol, soms heel van spoor af... 'n gemors.

    Ek vertrou egter dat jy sal regkom want ek glo dat dat jy wil. Jy is net verdwaald maar boonop baie arrogant daaromtrent. Jy het dus 'n enorme agterstand...

    Kobus de Klerk

  • Mense, dit hang alles af waarvan jy gemaak is.

    Is jy van 'n hopie grond gemaak? Kenmerke: jy is lief vir die vroulike geslag en jou ringvingers is langer as jou wysvingers.
     
    Is jy van 'n ribbebeen gemaak? Kenmerke: jy is lief vir die mansgeslag en jou ringvingers is netso lank as jou wysvingers. 
  • Beste Kobus de Klerk

    Soms weet ek nie of ek moet lag of huil oor jou absolute verkragting van die Evangelie nie. Jy is besig om te vergaan in jou eie skrifarrogansie en dit is hoekom ateïste so sonder dat jy dit agterkom besig is om goedig met jou daaroor te spot.  

    Dit is net ’n mens wat besig is om te verstik in sy eie waan wat nie kennis neem of homself op die hoogte bring met wat ander mense en dan diegene wat ’n godsdiens beoefen waaruit die Christelike godsdiens ontstaan het oor sekere sake te sê het nie.  

    Jy is die een wat geen kontak met God het nie want jy is so vol van jouself dat die verhaal vervat in Lukas 18 vers 9 tot 14 nou op jou van toepassing is (verhaal van die Fariseër en die belastinggaarder)en jy bid soos die Fariseër.

      Daarom gaan ek in my eenvoud bid dat jy soos Saulus ’n ontmoeting met Christus sal hê op jou pad van hoogmoed en dat die skille van jou oë sal afval en werklik van jou opgeblase skrifverklaring sal afsien sodat ouens soos George B weer die moed sal hê om te lees wat jy te sê het.  

    Mag dit met jou goed gaan.

  • Hendrik van Pretoria

    Angus
    Jou kommentaar het betrekking.
    Ek vermoed jy verwys na studies rondom die geslag van ’n individu se brein. Ek vind die studies uiters interessant en lees graag meer daarvan.
    Daarom juis hoop ek dat jou kommentaar tong in die kies was. Die geslag van ’n mens se brein bepaal sekere vaardighede, vermoëns en belangstellings. Dit het soms ’n impak op die persoon se gelaat en ander fisiese kenmerke.
    Die wetenskaplikes is dit egter eens, 'n individu se breingeslag het niks te doen met hulle fisiese geslag, geslagsidentiteit of seksuele oriëntasie nie.
    Groete
    Hendrik

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top