Die hekse in Swaziland

  • 3

Ek sien daar is 'n wet in Swaziland wat hekse verbied om hoër as 150m te vlieg. Ek kon dit eers nie glo nie en "Google" dit toe.

En daar is dit, die Swazi-polisie gaat vir hulle arresteer as hulle nou net durf waag om bo daai hoogte te vlieg. Ek kon egter nie sien of hulle die besems soos vliegtuie moet registreer nie, ek weet ook nie of hulle 'n vlugplan moet "file" nie.

Ai, Afrika, Afrika, jy bly maar 'n belaglike spulletjie

Duitswester

  • 3

Kommentaar

  • Ek kan nie jou probleem daarmee sien nie; op daardie hoogte is daar baie keer mikrovliegtuigies en dit is dus 'n veiligheidsmaatreël.

    Jan Rap

  • CorneliusHenn

    Meer nog Duistwester, hier is Afrikane soos Chris Dippenaar en Kobus de Klerk wie se hare rys as jy die mees tegnolgies gevordere inligtingmasjien "Google", spel of spreek ... hulle glo dis 'n slimgees wat almal net so Spiritueel Intelligent soos hulle sal maak - natuurlik ook hul grooste vrees op aarde!... geGoogelde en Afrikagroete, Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top