die heilige skaap

  • 0

As boorling van die BoKaroo weet ek nie veel van “holy cows” nie — maar ek herken  ’n ‘heilige skaap’ gemaklik.

Soos dit vermy word deur die dagpers wat in my jonger dae lesers die kans gegee het om hul siening duidelik te stel en lesersdebat aan te wakker. Dié sienings word deesdae gerelegeer na SMSse  wat met een of ander spitsvondigheid as basis in rye  erkenning kry as sogenaamde leserskommentaar. Of met die nodige vuur, beledigings en gewoonlik in anonimiteit kom dit te lande op facebook, twitter, LinkedIn, blogs en so aan waar elkeen poog om sy/haar  eie kraal vol te prop met selfgewerfde “friends”/”followers” (die uwe het   ook toegang tot die genoemde ‘web sites’ dus geen ‘suur druiwe’ hier te sprake nie) . Als en nog wat word rond geslinger met die opsies van “like it” en ‘gunstige kommentaar’ in afwagting as ego beloning. Diegene wat waag om ongunstige kommentaar te lewer wakker in baie gevalle ’n smerige eerder as intellektuele debat aan wat ander aanhangers soos brommers aanlok

Terug by die ‘Heilige Skaap’

Hoelank nog sal die bottelnek (die nalatenskap van Eric Louw circa 1948) op die N1 nog geduld word?

Motoriste kruip met hoë frustrasie—soms met woede—deur die hoofstraat van Beaufort Wes(t) onderhewig aan munisipale regulasies en ook as prooi van munisipale spoedlokvalle—’n mees gerieflike melkkoei

Die oorgrote meerderheid motoriste spandeer nie ’n enkele (vrywillige) sent in die dorp nie.

Hoekom kan die dorp nie tot sy potensiaal ontwikkel word nie — wie is die stiksieniges?

Die sentrale dorp hoort as ’n rustige, netjiese residensiële area met goeie, veilige gastehuise en die ‘kleindorpse’ professies en besighede ingestel op die plaaslike inwoners. Streekskantore van banke, bouverenigings en so aan sal netjies kan inpas in landelikheid.  Klein ondernemers vanuit die omgewing moet die geleentheid gegun word om  hulle talent en vaardighede  te ontwikkel om hul skeppings en self vervaardigde ware aan belangstellende besoekers te verkoop, Karoo-uniekheid ,kwaliteit, waarde vir geld sal deur goed deurdagte bemarking en “word of mouth”  hul reputasie bou en die kopers lok

Die Karoo konferensiesentrum hoort op die verbypad.

So ook Provinsiale verkeer- en regeringskantore.

Stalletjies vir die informele sektor met ingevoerde serpe, potjies en so aan hoort op die verbypad.

Op die verbypad moet “Truck City” goed afgebaken met die nodige geriewe onder goeie bestuur en onderhewig aan behoorlike wetstoepassing gevestig wees. Ook die petrol/diesel “cities” met hul eetplekke,  kleedkamers en rusareas.

Ook ’n 24/7 noodapteek wat beman kan word deur die dorp se bestaande aptekers.

Alle verspreiders van luukse voertuie moet saamspan om ’n fasiliteit te vestig waar motoriste kundig bygestaan kan word

Naas Viljoen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top