Die EFF (EVV) in die parlement

  • 1

Ek wonder hoe gaan hierdie ouens optree in die parlement? Hulle grootbaas Julius het al bewys hy steur hom nie aan konvensies nie. Of aan enige reëls en regulasies nie.

Gaan hulle dalk op die banke spring en slagspreuke skreeu? Miskien die president en die voorsittende beampte uitskel?

Nugter weet, maar dis taamlik seker dat ons 'n nuwe, interessante tydperk binnegaan. Die doenighede in die parlement gaan dalk die burgers van die land se belangstelling prikkel soos nog nooit tevore nie. Ek hoop hulle saai dit direk uit op televisie, dan kry ek my springmieleis en koeldrank reg en sit die hele dag op my leunstoel die petalje en betrag.

Groete,

Varkspek

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top