Daar bestaan, nou en dan, in die Anglo-Saksiese (Amerikaanse en Britse) pers berigte oor China se "oorname" van Afrika om grondstowwe te bekom waardeur die "arme" Afrikane uitgebuit word (vergeet wat die Westerse kolonialiste in die vorige eeu gedoen het). Ook word die Westerse leespubliek voorberei en gedurig vertel van die korrupsie, die afwesigheid van vryheid van spraak, en dié van basiese menseregte in hierdie land. (Vergeet maar van die alomteenwoordigheid van die VSA se sekuriteitsapparaat en spionasienetwerk wat alle Amerikaanse burgers vandag betrek.) So word die sielkundige raamwerk van vyandigheid teenoor China gegiet in die Westerse psige wat later ontgin en misbruik sal word om ’n oorlog teen hierdie land te regverdig.
Hillary Clinton praat van "the containment of China", en hiermee bedoel sy dat dié land omring moet word deur VSA militêre basisse, en om Amerikaanse wapens aan al die omliggende lande, soos Taiwan, Indonesië, edm, te verkoop. Met Japan het die VSA reeds ’n militêre verdrag sedert die Tweede Wêreld Oorlog. Oral waar sy besoek afgelê het, oa Myanmar, Thailand, Laos en Cambodia soek sy alliansies in hierdie lande, militêre ooreenkomste gerig teen China. Die VSA het vanouds dieselfde strategie gevolg tydens die Koueoorlog betreffende die Sowjet-Unie, en hulle missiele geplaas tot op die drumpel van Rusland.
Mens kan seker wees dat die Pentagon reeds planne opgetrek het vir militêre optrede van een of ander soort om Obama se sg "pacific century of the USA" te verwerklik waar die VSA heerser van die Stille- en Indiese Oseane sal word. Dusvêr kort daar slegs ’n goeie verskoning vir militêre intervensie maar wanneer die tyd ryp is kan die spanning wat daar reeds heers tussen China, Japan, die Philippyne en Vietnam oor die Spratly-eilande, geleë in Suid-Chinese See, van gebruik gemaak word met meer as net ’n tikkie hulp van die CIA.
Die VSA het reeds voorheen in sy geskiedenis insidente gefabriseer, en die reaksies daarop georkestreer en as rede aangevoer vir oorlog in Suid-Oos-Asië, soos met die ontploffing van die skip USS Main wat die Spaanse-Amerikaanse Oorlog ontketen het, en wat verder gelei het tot die ontwrigting van die Philippyne uit die hande van die Spanjaarde, en met die Tonkin-baai insident wat President Johnson vryehande verleen het om Noord-Vietnam mee by te kom.
Sedert die Tweede Wêreld Oorlog het die VSA telkemale sy teenstanders gedreig met atoomwapens, bv in Korea, in Cuba en in Vietnam. Een insident word beskryf (dit staan alles op rekord) waar Johnson in ’n vergadering met sy top generaals woedend geword en hulle uitgevloek het dat hulle aandrang om atoomwapens in Vietnam te gebruik sou lei tot ’n derde wêreld oorlog. Dit is die soort mense wat in die Pentagon sit, en as George W Bush destyds president was, kan mens alleen raai hoe hy op so ’n voorstel sou reageer het.
Die VSA funksioneer nie langer volgens internasionale wette, standaarde of konvensies nie, steur hom nie aan wêreldopinie nie maar is ’n wet tot homself. Die VSA is die nuwe Imperiale Rome van ons tyd maar een dag sal daar wel ’n rekening kom, en almal weet hoe Rome geëindig het.
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
Beste Pieter, ek het geheel ooreenstemming met jou hierin ... net Chris Dippenaar en die slim Wouter Ferns se gesaghebbende "SlayerX", sal jou kan "debunk" ... saamsweer teoretikus groete, Cornelius Henn
Pieter. Soos jy teen die tyd bewus is, is ek nie 'n groot aanhanger van die VSA nie. Hulle arrogansie grens aan verwaandheidswaansin en domastrantheid. Ongelukkig word die land goed deur sy media en Coke en hamburger kultuur bemark. Ek hoop ek is reg deur te noem dat hul ekonomie soos 'n bankrot boer sin werk. Al wat hy doen is om die bankbestuurder te lek om sy oortrokke fasilitiet te verhoog. Die boer daarenteen het die voordeel, hy het nog 'n bate in die grond wat hy besit. Die VSA het vet mooi nokkol. Ek gee toe die mense is innoverend en tegnologies verder as enige ander moondheid waarvan ons weet gevorder. Ek probeer nie eers die gevolge van 'n oorloggie tussen die VSA en die Sjinese voorstel nie. Dit gaan 'n moerse gemors afgee, soos 'n oorle pel van my altyd geseg het, "too ghastly to contemplate". Ek is nogal geneig om met die Afrinees (ons geleerde vriend Fransie Willemse) saam te stem. Ons bly hier onder ver van die poef af, maar ongelukkig as die VSA nies, kry ons almal verkoue. Ons sal maar wag en sien. Dit is opwindende tye wat ons tegemoed gaan. Langenhoven het mos geseg, die ou wat die eesrte slaan wen die geveg. Ons sal sien wie druk die eerste knoppie.
Hello,
Google - protocols of the elders of zion - op Wikipedia word dit beskryf as 'n hoax, maar as enige mens met logiese denke sien hoe alles in vandag se lewe afspeel kom mens tot die gevolgtreking dat dit presies is wat aangaan.