Die Bybel: Mens en dier het 'n siel

  • 7

Heil die leser.

Soos daar geskrywe staan: En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel (nephesh) geword. (uit Genesis 2)

Verder staan daar geskrywe: Want die siel (nephesh) van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Niemand van julle mag bloed eet nie; ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie. En elkeen uit die kinders van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat 'n stuk wild of 'n voël vang wat geëet mag word hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak; want wat die siel van ALLE vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Julle mag die bloed van ENIGE vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word. (uit Levitikus 17)?  

Nes die Griekse woord "Logos" nie eenvoudig na "Woord" vertaal kan word nie, net so het die woord "Nephesh", 'n lang lys van betekenis wat alles op die lewe van vlees en bloed dui, en kan dit ook nie net eenvoudig na "siel" vertaal word nie.

Wat egter wel duidelik uit die bostaande gedeeltes in die Bybel na vore kom, is die feit dat die siel van mens en dier dieselfde in God se skaal weeg. Daarom eet ek Halaal en Kousjer, want ons verlossing in Jesus Christus het gewis nie die siel uit die diere, visse en hoenders se bloed geneem nie.

Ek oordink hierdie gedagtes in die eerste plek ter wille van die Evangelie. Dis wel nodig aangesien die ware Christengelowiges weereens 'n gewildheid veldtog van stapel gestuur het onder hoofde "Die gewete het geen rus". Daarin dwaal Trienie Mahne gewetenloos met die volgende - ook in direkte stryd met die gedeeltes uit die Bybel hierbo:

God het Sy lewe in die mens geblaas; deel van Homself. Dit beteken dat die mens uit God gebore is om deur Hom bewoon te word. Daarom het die mens die vermoë om met God gemeenskap te hou. God het nie die diere van die aarde so gemaak nie (vetdruk vir nadruk deur die uwe aangebring).

Die berugte Kobus de Klerk vang toe ewe gewetenloos sy bose gees met: Uitstekend, Trienie, baie dankie vir hierdie Godgegewe perspektief.

Anders as Kobus de Klerk en Trienie Mahne, beskou ek nie die Bybel as "Gods Woord" nie aangesien Jesus Christus, die Woord van God is - en dat Jesus Christus, God is. Daarom lees ek ook die Bybel heel anders as hulle.
 
Maar wat onderskei dan wel die mens van die voëls, visse en diere op aarde?

Anders as diere, voëls en visse, is die mens na die BEELD van God geskape.

En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. (uit Genesis 1)

God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. (uit Johannes 4)

God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God ... Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus. (uit 1 Korinte 2)

Waarom sal ek die Bybel as Jesus Christus wil aanbid, as ek die sin van die Woord (Logos), in my hart het?

Die punt is ook dat hier vir jare reeds onder mekaar gedien en gekruip word - alles ten koste van die Evangelie. Sou ek byvoorbeeld gewaag het om Trienie Mahne se stelling hierbo te maak, sou nie een van die egotistiese en siniese kruipers hier - gelowig en ongelowig - my fout vergewe het nie!

Nee, ek sou soos menigmaal voorheen in hul absolute onkunde vervloek word uit Openbaringe 22 - Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

Laat ek dit tog duidelik maak - ek hou nie Openbaringe 22 soos 'n wafferse Dolf van Loggerenberg en Kobus de Klerk teen enigeen nie.

God alleen ken elkeen se hart en die bedoeling daarin.

Daarom my gebed: Heilige Maria, Moeder van God, wees met ons sondaars - nou en tot in ewigheid!

Mag Jesus Christus onse Hemelse Vader, self die gewete in 'n ieder se hart wees. 

Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,
Cornelius Henn

  • 7

Kommentaar

  • Nou vir wat vervloek julle Christene mekaar so? Is dit omdat julle dit wat die menslike verbeelding geskep het, anders sien? Nog iets wat ek wil weet, mag Christene bloed drink as hulle dit dan nie mag eet nie? Hulle doen dit mos met die nagmaal.

  • CorneliusHenn

    Beste Angus, hoe omskryf jy 'n Christen? ... katolieke groete, Cornelius Henn (En o ja, nes jy nie elke keer op jou verjaarsdag uit jou moeder se liggaam as 'n pasgebore babatjie te voorskyn kom nie, net so min het die gebruik van Nagmaal met kanibalisme of bloeddrink te make -  gaan kerk toe en ruik self aan die beker as jy my nie glo nie).

     

     

  • Beste Cornelius,

    Dis waar wat jy sê: nagmaal het niks met kannibalisme te make nie.  Toe ek nog Nagmaal gebruik het, kon ek sweer dis brood en wyn wat hulle vir my gegee het. Die dominee het egter uit  1 Kor. 11 gelees,en my verseker dis Jesus se liggaam en bloed wat ek eet en drink.  Na kerk het ek altyd soos 'n kannibaal gevoel. Seker maar omdat hierdie Nagmaal-ritueel 'n voortsetting is van 'n soortgelyke heidense ritueel, waar hulle glo wel mensvleis geëet en bloed gedrink het. 
     
    Groete,
    Angus
    • Kerkorreltonteldoos

      Wat het daai ou in die tronkstorie op TV destyds altyd gesê? "Hulle wie dink hulle's so donners slim is toe glad nie so slim nie ..." Hy sou dit hier baie hard kon bevestig. Ydele woorde soos min gehoor. Babataal maak meer sin. Dan vra hy nog: "Hoekom val julle Christene mekaar so aan?" asof hy nou VER VER VER BO DIT UIT GEVORDER het in sy asem-in-die-wind-mens-bestaan ... toemaar ... elkeen het 'n keuse.

  • CorneliusHenn

    Beste Angus, kan dit wees dat jy ook op elke verjaarsdag weer soos 'n pasgebore babatjie voel, na 'n moeder se bors smag en 'n doek dra? ... met respek; ek sou ook graag jou omskrywing van 'n Christen wil lees ... Namaste! Cornelius Henn

     

     

  • Nagmaal is ’n moet vir ’n kind van God. In die boek Johannes 6 as jy nie die bloed drink en die brood neem nie, het jy nie deel aan Christus nie. Daar was fariseërs en dissipels wat aanstoot geneem het en geloop het. Hulle sê dit was te erg.

  • Magda Matthysen

    Sê die Woord moet tog nie betrokke raak by allerlei dwase vrae en redenasies nie. Geestelike mense verstaan die Geestelike. Die ander wat nog buite staan verstaan nog nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top