Die mens se ‘gewete’ is gesetel in die gees van die mens. Let wel, nie siel. Maar waar kom die gewete vandaan. Wat is sy nut?
God het Sy lewe in die mens geblaas; deel van Homself. Dit beteken dat die mens uit God gebore is om deur Hom bewoon te word. Daarom het die mens die vermoë om met God gemeenskap te hou. God het nie die diere van die aarde so gemaak nie. Die mens alleen is geskape na die “beeld van God”.
Geen dier het die behoefte om ‘n Skepper te aanbid. Die mens alleen het die drang tot aanbidding, al aanbid hy ‘n afgod. Adam het in ‘n ekstase van goddelike heerlikheid gelewe. Want sy gees het prominensie oor sy siel en sy liggaam gehad. In 1 Tess 5:23 lees ons: “En mag julle GEES, SIEL en LIGGAAM geheel en al onberispelik bewaar word ...”
Adam en Eva het geen gewete gehad toe hulle deur God geskape is. Menslik gesproke leef hulle in kinnerlike onskuld. Die gewete is die kenner van goed en kwaad. Dit is wel ‘n feit dat sonde toe alreeds bestaan het. In die tuin van Eden waar Adam en Eva gebly het, was die openbaring van God se wil die boom van alle kennis waarvan hulle nie mag geëet het nie. Die Here het vir Adam gesê: “Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.”
Het Adam dadelik gesterf? Nee, nie fisies nie. Maar wel sy gees. Gees-skeiding. Die mens se geesgemeenskap met God het gesterf. God wou inderwaarheid Adam en Eva in onkunde hou omtrent sonde en daaglikse sorge. Maar Eva het die deur oopgestoot na die duisternis. Want God het gekies om die mens ‘n vrye wil tot keuse te bied.
Maar ek is opsoek na die ‘gewete’ van die mens. Ek lees Adam en Eva het gevrees. Vrees is ‘n emosie. Daarom word dit in die siel aangetref saam die wil en intellek. Maar die gewete? Waar beheer ek dit? Want dit is die gewete wat my sal aankla, dag vir dag, nag vir nag. Ongeag of ek gelowig of ongelowig is. Ek wil weet, hoe sus ek my gewete wanneer ek verkeerd optree en dit met slim redenerende woorde probeer dooddruk?
Kan ek dit onderdruk? Ongelukkig ja. Deur hardkoppig te bly rebelleer en my hart te verhard teen ‘n waarheid. Saam dit word die gewete ook kleiner sodat die moordenaar van vele op die ou einde sonder ‘n gewete kan sit in ‘n tronk. Is hierdie stelling waar?
Ek kan myself probeer oortuig dat iets reg of verkeerd is. My gewete sal egter die onderwerp wakker hou in my gemoed en maak dat ek weer en weer en weer daaroor wil skryf, teenstaan of wil verkeerd bewys. Selfs ander ook probeer oortuig dat ek reg glo of is.
Hoe kweek ek ‘n gesonde gewete? Hoe moet die gewete reageer en optree teenoor ander? Deur dit te hou na Gods Woord.
Anders sal my gewete nooit tot rus kom, want dit staan reg TEEN eie verkeerde oortuigings. Dit sal vreet soos ‘n wurm aan my vlees en nooit God se volle rus ingaan nie.
Trienie


Kommentaar
Trienie
Jy haal aan:
"In 1 Tess 5:23 lees ons: “En mag julle GEES, SIEL en LIGGAAM geheel en al onberispelik bewaar word ...”
Wat is die verskil tussen "gees" en "siel"?
Jaco Fourie
Mmmm Jaco,
Nou raak jy 'n lekker onderwerp aan! Sal jy omgee as ek meer volledig daaroor skryf? Wil graag dit doen aan die hand van 'n skets wat nie hier in kommentaar blok sal werk. Doen dit sodra ek kan. Kom ons kyk of iemand anders nie intussen jou ook wil antwoord daarop. Sal graag hul opinie ook wil hoor...
Uitstekend, Trienie, baie dankie vir hierdie Godgegewe perspektief.
Trienie
Neem jou tyd
Trienie,
Terwyl jy die onderwerp van gees en siel aanroer - hoekom praat die Bybel van die Heilige Gees, en nie die Heilige Siel nie....?
Mea Culpa