Deurmekaar

  • 0

Iemand wys my daarop dat daar op 4 Maart 'n artikel van George verskyn het onder die opskrif: Die mooi “gesig”. Dis onder die rubriek “Straight-hygliteratuur” – gelukkig was dit nie “Skewe-hygliteratuur” nie! Dis 'n herpublikasie van iets wat die eerste keer op 6 Junie 2006 verskyn het. Dis nodig om daarop te wys dat die skrywer van hierdie brief nie die outeur van die hygpublikasie is nie.

Die George wat onder “Straight-hygliteratuur” skryf is nie jou gewone uitasem-skrywer nie. Sy testosteroon vlakke is geweldig hoog. Om die waarheid te sê volgens hom sit sy brein nie meer in sy skedel nie maar is dit voor hom!

Die kwessie van identiteit is seker maar 'n permanente probleem. Iemand met die naam George skryf in 2006 'n uitasem-storie en raak weer vergete en enkele jare later kom nog 'n George en word onder hierdie naam aanvaar as 'n SêNet-bydraer. Nogtans om enige verwarring te voorkom vra die George wie se brein nog stewig in sy skedel sit vriendelik om voortaan as George B bekend te wees of selfs as George Bekker, want ek het niks om weg te steek nie. Terloops, volgens LitNet is my profiel as medewerker privaat. Met my aansluiting by SêNet het ek persoonlike inligting verstrek wat ek nog nooit privaat verklaar het nie en op een of ander stadium het dit sonder my medewete “privaat” geraak.

As 'n mens op 'n “privaat” bydraer se naam sou kliek is dit nie net sy persoonlike besonderhede wat geheim is nie maar ook al sy bydraes. Ek het verlede jaar voorgestel dat vorige bydraes in alle gevalle gelys behoort te word, al is die profiel privaat. Die reaksie van LitNet se kant was positief maar steeds word vorige bydraes van "privaat" ouens nie gelys nie.

George B

Ek het jou profiel verander na "George B" en dit "oop" gemaak. - Webvoet

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top