Der Untergang des Westens

  • 1

ISIS ( Islamic State of Irak and Syria) deur die Westerse media gedoop as "gevaarliker as al-Qaeda", verower tans groot gebiede in Sirië en Irak, en hulle doeleinde is hoogs waarskynlik gemik op die beheer van die olievelde in daardie gebiede. Daar kan geargumenteer word oor die rede vir die ontstaan van hierdie militante Jihadiste, maar een feit bly staan dat hulle die nagevolg is van die VSA se oorlog in Irak wat die land in ‘n onstabiele toestand van burgeroorlog gedompel het. Die Jihadiste wat ISIS vorm bestaan uit daardie Moslem Sunnis wat die arogante Amerikaner, by name Bremer, uit die Irakese administrasie en verdedigingsmagte geskop het toe die VSA die land oorrompel het. Hierdie meneer en die menere na hom is die hoofargitekte vir die chaos wat die land verswelg. Soveel kan gesê word vir die VSA se inmenging in ‘n land wat voor die aanvang van die Irak-oorlog stabiel en sekulêr was.

Dieselfde VSA inmenging in die interne politiek van die Oekraïne is nou ook deels verantwoordelik vir die konflik daar vandag, en as daar nie ‘n oplossing gevind kan word nie, kan die Russe die oliekrane na die Weste afsluit, as teenreaksie vir Westerse boikotte en handelssanksies.

Die Weste staar dus ‘n moontlike oliekrisis vanuit twee fronte in die gesig, nie alleen vanuit een rigting soos in die afloop van die sg Yom Kippur Oorlog van Oktober 6, 1973 nie, die direkte respons van Midde-Ooste olieproduserende lande teen die VSA oor sy militêre steun vir Israel in hierdie konflik.

Beste groete,

Pieter Redelinghuys

  • 1

Kommentaar

  • Pieter

    Ek kies nie kant vir of teen enige van die groot moonthede in die Oekraine debakel nie.  My persoonlike gevoel is dat die mense van die Oekraine self moet besluit waar hulle wil wees.  Wes-Oekraine het klaar besluit waar hulle wil wees, dus hoort hulle hulle volksgenote in die Ooste dieselfde regte te vergun deur middel van 'n referendum daar.

    Huidig is die hele Oekraine pionne in die stryd tussen NAVO lande en Rusland, met die onnodige hoë burgerlike lewensverliese.

    Jy is geneig om die VSA vir alles daar te wil verkwalik.  Op die oog af, wil dit vir my voorkom dat vorige state wat onder Russiese heerskappy was, glad nie gretig is om enigsins naby Rusland te wil wees nie.  Inteendeel, hulle is die felste onder die EU state wat hulle weersin in Putin uitspreek, veral Poland.

    Nou onlangs het Putin 'n gevaarlike stelling gemaak dat hy Kiev binne 'n week sal kan oorneem, 'n stelling wat vrese vir Russiese aggressie onderskraag.   Ek persoonlik dink dat Rusland erg taktiese foute begaan met sy huidige optredes, (tog nie mbt tot die Krim nie) wat Rusland in die midde tot langtermyn duur te staan gaan kom.

    Alles was basies goed op dreef dat Rusland mettertyd deel van die EU sou word, en ek glo behoort te wees, totdat Putin na die Sowjet Unie dae terug gehunker het, en Rusland op daardie pad begin terugsit het.

    Dit sal jammer wees indien Rusland, soos Iran en Noord-Korea as "pariah" staat geklassifiseer word.  Ek dink die Russiese bevolking verdien dit nie.  Dit is onwaarskynlik dat Sjina Rusland vir te lank in hierdie stryd gaan steun, want Sjina is besig om 'n neseier vir haarself in die Weste en Derdewêreldlande te lê, wat mettertyd veel meer vir Sjina gaan beteken as Rusland.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top