Darwin en die belastingbetaler

  • 3

Ek glo aan G_d. Ek glo die Bybel, minus die briewe van Paulus. Ek glo dat G_d alle materie en alle lewe geskep het en die alleen-eienaar van die totale heelal is. Dit is my geloof. Ek hoef dit aan niemand te bewys nie, want ek noem dit geloof, nie wetenskap nie.

Anders as die ateïs met sy evolusie-teorie. Die ateïs noem evolusie ‘n wetenskap. Dit moet dus deur wetenskaplike metodes bewysbaar wees. Evolusie is nie bewys nie, nog nooit nie, dit is dus nie ‘n wetenskap nie, maar ‘n geloof.

Ek vra nie die belastingbetaler om my geloof te bewys nie, maar die ateïs vra hom om sy geloof te bewys. So, meneer die ateïs, betaal self die propaganda van jou geloof. Ek besef dat G_d se wette en riglyne erg inmeng met jou lewenswyse, veral jou seksgewoontes en daarom is enige geloof wat die bestaan van sulke wette ontken vir jou jubelend aanvaarbaar, maar hou op “spunge”, betaal self vir jou geloof.

Soos altyd, met diepe verdraagsaamheid.

Duitswester

  • 3

Kommentaar

  • Duitswester: 

     
    Ter inligting:
     
    Evolusie het niks met ateïsme te make nie.

     
    En geen wetenskaplike teorie van enige aard is nog ooit bewys nie.
     
    Of belastingbetalers te behoort te betaal vir enige navorsing is 'n ander vraagstuk, wat ek maar aan politici oorlaat om oor te baklei.
     
  • Duitswester

     
    Ek verstaan nie mooi nie ... hoekom glo jy die Bybel,maar minus die briewe van Paulus?Jy is mos veronderstel om alles in die Bybel te glo, nie net selektief nie. Sal graag jou antwoord wil hoor.
     
     Soos wat jy nou kerm oor die belastingbetaler wat moet betaal oor navorsing van evolusie, moet ek jou daarop wys dat kerke geen belasting betaal nie. Dus ry jou godsdiens ook op die belastingbetaler se rug.
  • "moet ek jou daarop wys dat kerke geen belasting betaal nie. Dus ry jou godsdiens ook op die belastingbetaler se rug."

    Skerp!

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top