Dankie oom Jan Rap!

  • 4

Dankie vir oom se raad oor my meisie wat pregnant is. Ons het toe met my pa gepraat en hy was bietjie vies, maar darem nie te erg nie. Hy sê dis nie 'n wonder nie, soos ons gedurig aan mekaar vasklou het hy dit half verwag. Hy sê hy sal met Emily se ouers praat en ons moet nie uit die skool gaan nie, hy sal ons help, hy is seker haar ouers sal ook help, hy ken haar pa goed, hulle kuier saam by die klub. Miskien kan ons twee in die ou bediendekamer intrek agter die huis. Dit staan nou leeg, want ons kan nie meer 'n voltydse bediende bekostig nie, dit het te duur geword. Oom, weet oom hoe bly is ek!? 'n Groot probleem is opgelos!

Oom is reg, alles in die land is in 'n gemors, my pa sê ook so. Partykeer skel hy erg op die regering, en my ma sê hy moet nie so aangaan nie, netnou hoor hulle hom, dan vat hulle ons huis af, of soiets.

Party van die onderwysers by die skool is nie so lekker nie, veral die geskiedenisonderwyser, hy sê gedurig die witmense het alles wat hulle het by die swartes gesteel. Hy sê ook dr Verwoerd en meneer Voster en PW Botha was skelms. My pa word woedend as ek dit vir hom vertel, my ma sê sy is bang hy skiet 'n koronêr, ek moet liewer nie stories aandra uit die skool uit nie. Oom, hy sê daardie ou leiers was helde wat die land bestuur het in baie moeilike tye. Hy sê Verwoerd was die slimste minister wat ons nog gehad het, behalwe miskien daai skelm verraaier Jannie Smuts. As Verwoerd net nie so vroeg vermoor is nie, sou hy met slim planne gekom het om almal tevrede te stel. En al het Vorster te vuil gesuip, was hy 'n sterk leier. PW Botha ook, hy het ons gelei toe ons in 'n oorlog was, met sanksies en boikotte van alle kante.

Ek wonder waar kan ek 'n goeie boek kry om oor die ware geskiedenis van die land te lees, weet oom dalk?

Natuurlik wil die swartes ook ware vryheid en vrede hê, maar waar sal ons dit kry met so 'n vrot regering?

Oom, ek voel ook sleg as hulle die dagga so verbrand. Dit word al hoe duurder, later sal mense dit nie meer kan bekostig nie. Maak oom ook partykeer 'n zol?

Groete daar by die huis.

Jannie

  • 4

Kommentaar

  • hahaha!

    Neef Jannie, dis antie Trienie wat hier praat. Ek wil jou komplimenteer. Jou brief se styl is foutloos!  Jinne - weet die juffrou ooit jy kan so goed skryf en spel? Ek dink sy moet jou heel voor in die klas sit. Of sit die dommes voor?  

  • CorneliusHenn

    Antie Mahne, lees 'n mens jou kommintaar hierbo, dan blyk dit jy selfs 'n verslaafde plaaslyn inluisteraar te wees ... hierdie is egter nie 'n plaaslyn wat afgeluister word nie - dis die Internet! ... jou "liewe naampie" staan boaan elke kommintaartjie van jou ... dis nie eens nodig om dit aan die einde te herhaal nie (soos ekke ook maar uit gewoonte doen nie) ... nie te danke, Cornelius Henn (glimlag)

  • Hello Jannie

     
    Kennis geneem van jou kommentaar onder die brief wat ek vir jou geskryf het.
     
    Dan is dit so en hoop ek jy vind 'n boek wat volgens jou standaarde die ware geskiedenis van die land kan beskryf tot jou tevredenheid, 'n boek wat heel waarskynlik, kort en in Afrikaans moet wees. 
     
    Ek het nie veel hoop dat jy so iets sal kry nie, maar dalk eendag wanneer jy klaar gespeel het en is ek heeltemal ten gunste van speel en kan dit ernstig ook wees, sal jy dalk..... 
     
    Tot eendag dan....
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
     
  • Ai Jannie, dit gebeur mos as kinners met grootmense se goed speel. Ek het 'n vriendin wat saam met haar vriend op die sofa gelê het toe die se ouma hulle betrap en vra wat maak hulle. Sy seg toe nee niks ouma, ons  lê net bietjie rug teen rug. Dit was nie baie lank daarna nie toe is sy innie anner tyd in. Ouma antwoord toe dit ook nog en dan is die man nog boonop gebreklik.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top