… dat jy my attent op Dan Roodt se skrywe gemaak het; ek het lanklaas 'n artikel so geniet soos daardie een.
Jy's bietjie onregverdig as jy sê hy stel sy slimheid ten toon deur sy Franse en Duitse aanhalings en dat Engelse aanhalings dom sou wees. Waar het hy gesê Engelse aanhalings is dom? Miskien het ek te vinnig gelees, ek sal bly wees as jy dit kan uitwys. Maar so terloops, Engelse aanhalings, sonder om die vertaling by te sit, ondermyn Afrikaans, so al asof dit aanvaar word dat almal hier Engels MOET ken. Dan het darem die Afrikaans by al sy vreemde aanhalings gevoeg.
Jy verstaan Dan verkeerd want, wat hy sê, is die volgende: As jy 'n resep volg om, sê, bobotie, te maak en jou bobotie is keer op keer oneetbaar dan is jy te dom om die resep te volg, so eenvoudig soos dit. Jy's te dom om bobotie te maak want jy maak elke keer 'n gemors.
Analoog daaraan: Die land is 'n gemors en die wat 'n hand daarin het MOET dan dom wees, of hoe? Dan se hele artikel handel oor HOEKOM hy reken die betrokkenes is dom en om hom verkeerd te bewys sou ek reken mens sou moet uitwys hoe wonderlik die NSA is wat moeilik gaan wees. Dis seker moontlik, ek wag in spanning vir iemand om dit wel te doen.
Jy moet ook verstaan Dan is kwaad. Jy ook as ek na jou bydraes van gister kyk en ek en my maters ook. Hoe anders? Kyk na die Rand se duiselingwekkende val, die protesoptogte, die misdaad, die vervolging van Afrikaans en die Afrikaner en dan kry jy nog mense wat dit goed praat. Dan, omdat hy slim is, wys telkens hoe kaal die keiser is en diegene wat die keiser se fyn klere besing kry dan die horries want hulle word uitgevang. So, Dan is nog kwater as ons want juis om hierdie rede word meer as ander hy verguis. Kan jy die man kwalik neem dat hy warm onder die kraag word?
Anders egter as Mandela, Zuma en Malema verkondig hy nie moord en doodslag nie; hy skryf maar net 'n brander en daarvoor word hy verdoem in 'n veel erger mate as eersgenoemde drie here. Kan jy dit glo?
Hier's 'n slang in die gras; ek dink meeste van ons mense is gebreinspoel. Moet wees. Wat 'n skande en wat 'n verleentheid.
Jan Rap


Kommentaar
Jan
Dan Roodt het sy aanhangers, oa jouself, welke aanhangers nie sal toelaat dat enigiets hulle hom van hulle sal wil laat afsien nie.
Wat vir my veral vieslik en laakbaar was, in die konteks van sy rubriek, sy onnodige aanval op 'n oorlede persoon in die wese van Van Zyl Slabbert, en sy vernederende beskrywing van die se fisiese persoon, ook onnodig.
Hy verklaar eenvoudig dat sekere mense DOM is, sonder om hulle domheid enigsins feitlik te uit te wys nie. Sy aanhalings mbt die filosowe Valerey en Erasmus, is heeltemal buite die konteks van hulle dissiplines. Die twee here sal ongetwyfeld kapsie neem indien hulle sou geweet het hoe hy hulle uiteensettings verkrag het vir goedkoop gewin.
Dan die weerspreking in wese, waar hy vra dat ordentlikheid vorendag onder sy eie volgelinge moet geskied, maar hyself toon die ene onbeskoflikheid teenoor die wat van sy sieninge verskil.
Maar Jan. Ek het jou by 'n vorige geleentheid gevra. Wat dink jy van Kallie Kriel, Verster, en Buys van AfriForum. Die het jy tot datum nog nie antwoord op gegee nie.
... net so had die berugte Jaco Fourie nog nooit die moed tot datum om Kallie Kriel, Vester, en Buys van AfriForum onder die vaandel sy DAgga(ng) en Antie Zille te verduidelik nie ... in sy arrogante voortvarendheid sonder enige konsekwentheid of gewete omtrent sy kru en laakbare minagting vir ander se geloof en waardes beskou Jaco Fourie homself as onskuldig ... werklik bejammerenswaardige getuienis omtrent enigeen se opvoeding ...