Dan Roodt se rubriek: “Inval van die imbesiele – 19 Jan 14 - http://praag.co.za/?p=21241, het betrekking.
Vir hom is dit “slim” indien hy Frans (wat sy volgelinge nie kan verstaan nie) saam met Afrikaans te kan kwoteer, maar “dom” indien Engels (wat hulle wel kan verstaan) met Afrikaans te kwoteer.
Hy probeer sy slimgeit aan sy volgelinge uit te wys deur die filosowe, Erasmus en Valerey, heeltemal buite verband te kwoteer, om gesiene slim Suid-Afrikaners soos Prof Van Zyl Slabbert, André Brink, Roelf Meyer en FW de Klerk as DOM uit te kryt, ‘n algehele en onbeskaafde verkragting van sodanige filosowe se dissiplines. Maar natuurlik maak hy daarop staat dat sy volgelinge te dom is om dit wel agter te kom
Hy skel soos volg, Prof “Van Zyl Slabbert, wat ook in Dakar was, is verreweg een van die domste mense wat ek ooit die twyfelagtige voorreg gehad het om te ontmoet”.
Oor Naspers skryf hy: “In Afrikaans het ons die mediagroep NAARPERS wat dag na dag, week na week, sy ongeneeslike ONNOSELHEID op ons uitstort. Jacob Zuma met sy standerd vier is veel slimmer as enige Naarpersrubriek- of hoofartikelskrywer”.
Aan die einde van elke Praag-rubriek, verskyn die volgende sin, nl.
“Ons vereis dat u ter wille van BESKAAFDHEID, …….., u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle………, twissoekery en algemene "trol"-gedrag”.
Wat hy van ander verwag, is hy nie beskaaf genoeg om dit op homself toe te pas nie.
Jaco Fourie


Kommentaar
Dankie vir die skakel na Dr. Dan Roodt se uiters leersame artikel ... ek haal die volgende daaruit aan: "Só is dit ook vandag in Suid-Afrika, ‘n land van stommerikke en idiote! Byna tevergeefs verset ‘n mens jou daarteen, want die dommes daarbuite verstaan niks behalwe die links-liberale propagandaslagspreuke wat reeds dekades lank die land oorspoel nie. Hulle val op hul knieë voor Madiba en aanbid die niet waaromheen hul eie verwarde gedagtes wentel en dwarrel" ... PRAGTIG gestel Dr. Roodt! ... ja, hoe slim is Jaco Fourie as hy die Afrikaner se belange onder 'n vaandel van sy Ingelse Antie Zille probeer bevorder? ... hoe berug is Jaco en sy tjommies die klug "Wouter Ferns" en Dirk Rigter reeds vir hul breinlose napraat van die neo-liberale propagandaslagspreuke op die werf? ... en dan is daar die gedurige en banale gespog in die kruste taal moontlik deur Jaco Fourie met sy promiskue en dekadente homoseksuele orgies ... ek wil nog sien watter Boer saam met 'n Jaco Fourie in 'n loopgraaf klim!
Jaco, ek dink jy behoort jou mening oor Dan Roodt te heroorweeg. Daarmee ontken ek nie dat Roodt soms oorboord gaan nie. Die feit is dat julle twee in baie opsigte saamstem. Jy moet nie toelaat dat "die media" aan jou voorskryf dat Roodt verregs is en daarom ongekwalifiseerd verdoem moet word nie. Roodt is wyd belese en toon dikwels goeie insig. Deur 'n ander standpunt as die geykte polities korrekte te stel, vervul Roodt myns insiens 'n baie belangrike, eintlik onontbeerlike, funksie. Ek lees gedrukte koerante en ook Praag sodat ek tot 'n eie en hopelik ewewigtige standpunt kan kom.
Johannes Comestor
Johannes Comestor
Dankie vir jou respons op my brief
Ek verseker jou. My waarneming van Dan Roodt, is geensins deur enige media gevorm of beïnvloed nie, maar suiwer as gevolg van hoe hy homself uitdruk en homself gedra, en al twee imponeer my glad nie.
Ek en hy deel glad nie dieselfde sieninge nie. Hy projekteer 'n droomwêreld, 'n onwerklikheid, waar ek in teendeel aan PRAGMATIESE oplossings vir die Afrikaner eerder soek. Die dat ek AfriForum ondersteun wat vir die Afrikaner WERK, in teenstelling met Dan Roodt wat net stront PRAAT.
Omrede hy nie verslaggewers het nie, is al sy geselekteerde nuus, 'n "re-hash" van ander nuusmedias se berigte, en gewoonlik 'n paar dae verouderd. Ek in teendeel lees verskillende nuusmedias se berigte om 'n gebalanseerde prentjie te probeer bekom. Die sal ek beslis nie in die Praag webblad vind nie.
... natuurlik opmerklik hoe die "slim" en arme weetniet Jaco Fourie omtrent sy soeke vir PRAGMATIESE oplossings vir die Afrikaner, sy aanhang van Afrikanerhaat organisasies en leiers soos sy Black Sash Antie Zille bokant die toewyding van Dr. Roodt sal minag ...