Die Bambatha Opstand teen Britse oorheersing en belastings in Natal het in 1906 plaasgevind.
Wit werkgewers het gesukkel om plaasarbeiders te kry weens mededinging van die goudmyne aan die Rand. Die koloniale owerheid besluit toe op 'n bykomende £1 belasting ("poll tax" = kopbelasting) benewens die bestaande hut belasting, om swart mans te dwing om werk op te neem. Bambatha ka Mancinza was een van die hoofmanne wat weerstand gebied het teen die instelling en insameling van die nuwe belasting.
Die Natal-regering het hierop polisiebeamptes gestuur om die geld in te vorder van weerbarstiges, maar twee polisiemanne is vermoor naby Richmond. Krygswet word ingestel en Bambatha vlug noord na Koning Dinizulu wat hom stilswyend ondersteun. Toe hy terugkeer na die Mpunzi vallei vind hy dat die owerheid hom as hoofman afgesit het. Hy kry 'n strydmag bymekaar en begin met guerrilla aanvalle, maar troepe onder Kolonel Duncan McKenzie verslaan hom in April 1906 na 'n strawwe geveg by Mome Ravyn.
Bambatha is gedood en onthoof. Tussen 3000 en 4000 Zoeloes is in die opstand dood (sommige het aan die kant van die Natal-regering geveg). Meer as 7000 word opgesluit, 4000 is die kats gegee, Koning Dinizulu kry vier jaar tronkstraf vir hoogverraad.
Nou, na my mening is dit totale minagting van 'n nasie as jy sy vegters na 'n oorlog kats gee, so asof hulle sommer net stout "boys" is. Volgens internasionale reg word dit vandag nie toegelaat nie, sover ek weet. En het hulle die reg gehad om die koning in die tronk te stop? Hoogverraad teen wie? Teen 'n regering wat hulle nie self gekies het nie, maar wat hom op hulle afgedwing het!
Groete,
Varkspek
NS: Bostaande inligting kry ek in die Wikipedia ensiklopedie na invoering van "Zulu Rebellion" in 'n soekenjin.


Kommentaar
Die Engelse het destyds dié wat aan Engelse kant teen hulle eie mense geveg het 'loyals' genoem en die wat lojaal teenoor hulle eie mense was, met ander woorde téén die Engelse, was 'rebels' en is gefussileer want om teen Engeland te wees is hoogverraad.