Maar godsdiens is juis so 'n wonderlike skerm, en verregverdiging, vir doodmaak in die naam van een of ander god. Hoe anders kan mens doodmaak en moord regverdig as, om hierdie onnatuurlike kriminele daad te pleeg, op die basis van tekste in sg heilige skrifte? So is die Indiane in Suid-Amerika uitgeroei, hulle land en goud gesteel, omdat die Pous daardie stuk van die aardbol aan die Portugese en Spanjaarde "gegee" het om te doen daarmee wat hulle wil, en die Jesuite-priesters ( Society of Jesus) het gesorg dat diegene van die Indiane wie se siele nie gered kon word nie, aan brandstapels sterf, in die naam van Jesus.
Kommentaar
Beste CM,

Beste groete,
Pieter Redelinghuys
CM
Beste Pieter
Hopelik vorder ons na beskawing en sal ons mettertyd kan ontsnap uit die denke van primitiewe voorgangers.
Beste groete
CM
Beste Pieter
Volgens 'n woordeboek beteken dogma in Grieks ( 'dokeo') 'goed lyk'. Moord en doodslag lyk nie vir my so goed nie.
Beste groete
CM
Thomas
Die gespuug is juis die aanvaarde reaksie van stommerikke. Hopelik sal gesonde verstand dit mettertyd blus.
CM
Beste CM en Thomas,
Julle refreine skitter met die glans van die Renaissance.
Die stommerik ruik soos 'n ontbindende liggaam in 'n doodshuis met die walm van n tikkie swael.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys