Bohaai oor Nkandla

  • 5

Ek wonder of mense regtig dink oor die dinge. Vat nou maar die klagtes oor die geboue beveilig is teen aardbewings. Daar word net gekonsentreer op die bewering dat daar net elke 80 jaar 'n ligte aardbewing in die omgewing is. Maar oorweeg tog ook die volgende asseblief:

As die man by sy huis is, eet hy baie beesvleis met allerlei kruie en speserye. Dit veroorsaak dat 'n mens baie winde in jou maag opbou. Nou as so 'n magtige man 'n wind laat is daar natuurlik elke keer 'n aardskudding!

Verskeie voorsienings moes gemaak word vir die behoeftes van die inwoners. Alles jaag die prys op. So is daar byvoorbeeld nie mediese dienste in die omgewing nie, en daar sal natuurlik kantore vir 'n sangoma ook wees, volledig met ondersoekkamer en kaste vol verskillende soorte dolosse, want jy kan nie elke keer dieselfde dolosse gebruik voor die voorvaders dit gereinig het nie.

Varkspek

  • 5

Kommentaar

  • Jy is klaarblyklik te dom om te besef dis net 'n grappie, Jaco. In teenstelling met jou ernstige bestudering van Praag se webwerf.

    Varkspek

  • Varkspek, jy moet ligloop. Laat jy net 'n grap op die Net maak en jy is in vir 'n ding. Jy sal uitgekryt word wat grens aan agterlik, sielsiek en onvolwasse. Die Net is nie vir mense wat die ligter sy van die lewe raaksien nie. Ek het al soveel strooi in my lewe deurgemaak en gesien dat ek nie anders kan as om die glas altyd half vol te sien nie. Jy weet mos jou lippe sal bars as jy glimlag. Eish... Ek seg niks meer nie, nie dat ek my juis aan beuselagtighede steur nie.

  • Reusedwerg,

    Party mense verstaan skynbaar net kort grappe met vuil woorde daarin. As ek gesê het "poep" sou hy dit seker gouer gesnap het.

    Ek hou van humor, gaan voort met jou werksaamhede. Of is dit pret eerder as werk?

    Varkspek

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top