Dienste-betogings is deesdae die norm. Almal raas en rumoer want die beloftes word nie gehou nie en die wat belowe het raak blinkvet van die oorvloedigheid wat hierdie droefland voorsien. So het Oesterland helaas ook nie ontkom nie. Want die onwettige kragaansluitings moet een of ander tyd verwyder word want dit is tog immers teen die land se wette. Want Eishkom kan bloot nie meer genoeg lewer nie en al minder betaal. En toe brand hulle. Skole, biblioteke en sorgsentrums. En alle dienste word ontwrig. Die Boere slaan terug en die politici staan bont en belowe dat die onwettige kragaansluitings, wel, weer aangesluit sal word.
Omdat die massas enigeen wat werk dreig met die dood bly almal maar tuis want dit was net noudiedag wat voorbeelde met halssnoere gemaak is. Wat insluit kaklorries. Die stront word nie weggery nie want die drywers help om te plunder en af te brand. En hier plaaslik, omdat alle dienste ontwrig is, besluit ons eie locals om al wat 'n pad en plek is met stront te bestrooi. Die gemoedere loop hoog en die reuk van stront hang hoog in die lug.
Die enigste wese waarvan ek bewus is wat van sy eie stront hou is 'n vark. En dit slegs omdat hy op hok is. Jy is kwaad vir alles en almal en jy is nie tevrede met gratis krag en water en basiese dienste nie. Jy wil jou punt bewys, en dan strooi jy stront in jou eie strate rond. Strate waarin jou kinders moet speel en jy self die volgende oggend moet loop.
En nou is jy eers kwaad want niemand wil die stront wat jy gestrooi het optel nie, en dan beplan jy verdere optogte want nou is jy eers kwaad want jou kinders trap stront in die huis in, op die matte, die tapyte, die rusbank ... jy kan nie eens in jou eie sitkamer sit en dstv kyk nie want alles ruik na stront. Jannie, een van my voormanne stap dik vies hier in en hy beduie my dat dit nog oukei is as jy soms onwetend in jou eie honne se stront moet trap. Maar nou ruik sy huis na sy buurman se stront en hy wou nog nooit sy buurman so naby leer ken het nie.
Dit is 'n al groterwordende obsessie, hierdie medeburgers van ons se obsessie met stront.
oester


Kommentaar
Ai Oester, so is dit mos maar in die dorp. Dit is eintlik 'n strontstorie. Dit is die mense se demokratiese reg. Jy moet mos van beter weet dit is polities korrek om dit te doen en dit is hoe demokrasie in die land vertolk word. Pasop vir die kritiek wat jy op die lyf gaan loop van die demokrate. Ek het geleer mens moet oppas wat jy op die Net skryf.
(Glimlag)
Nee, ek is sommer heel in my skik met die demokratiese regte en die maniere hoe dit uitgedruk word. Dit gaan al lekkerder in lalaland. Maar dit is nie my probleem met hierdie manier van regte uitoefen nie. As jy jou demokratiese reg uitoefen en stront rondstrooi moet jy mos weet dat jou buurt nie aangenaam gaan ruik nie. Aksie-reaksie. As jy dan wil betoog oor die stront wat jy self aangejaag het, dan begin ek 'n effense probleem hê daarmee. Dan kan jy nie ander mense of die verlede blameer nie.