Besnydenis

  • 4

Op 8 Augustus het ek oor die misbruik van kinders geskryf en spesifiek die besnydenis van seuntjies (https://www.litnet.co.za/Article/brief-die-misbruik-van-kinders). Met die afsluiting van die debat was my gevoel dat ek my plig gedoen het (bewustheid gekweek het) deur die saak onder die aandag te bring en dat dit die einde van die saak is. My pessimisme was voortydig (vermoede dat sake nog lank onveranderd sal voortgaan). Die Sweedse Kinderombudsman het pas besnydenis van kinders in Swede verbied, aangesien dit die basiese regte van seuns oortree.

Volgens die Ombudsman word die wet van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind ook oortree. Sowat 3000 seuns word elke jaar in Swede besny (dis min vir 'n groot land). In 2012, het ’n hof in Köln, Duitsland, verklaar dat die ritueel ’n ernstige liggaamsbesering is in ’n uitspraak wat internasionale opspraak verwek het. Die Duitse parlement het onder druk geswig en laat die praktyk steeds toe vir godsdienstige redes.

Die groot probleem met sulke prosedures is dat toestemming outomaties deur die ouers gegee word, sonder om te dink. Hierdie ontwikkelings behoort die gevolg te hê dat mense begin dink en dat die skending van kinders sal begin verminder. Vertel vir almal wat wil luister hiervan.

George

  • 4

Kommentaar

  • Ek dink dit is 'n ongevraagde en onnodige gewoonte. Die enigste rede vir besnydenis moet om mediese redes gedoen word, andersins is dit volgens my glad nie nodig nie. Ek kan ook nie die voordeel, higienies of esteties daarin sien nie. Dit kan moontlik help in 'n uitkenningsparade maar as jy een gesien het het jy almal gesien. Dit laat my dink aan die een seuntjie wat aan die ander een gevra het of hy besny is. Wat is dit wou hy weet. Die een verduidelik toe en die ander een vra of dit erg is. Ja antwoord hy, ek kon nie vir die eerste 11 maande loop nie.

  • George

    Ek dink die besnydenis al dan nie kwessie is 'n "storm in a teacup".  Ek het persoonlik direkte kennis met letterlik  duisende besnyde kaal mans oor my leeftyd (ek self is onbesny) gehad, en het nooit agtergekom dat selfs een 'n sielkundige letsel dienooreenkomstig opgedoen het nie, of dat dit 'n "issue" in enigeen se lewe was nie.  Hulle seksuele vermoëns is ook onaangetas, en orgiasties nie minder prikkelbaar as die onbesnyde man.

    Jaco Fourie

  • George Bekker

    Beste Reusedwerg, ek waardeer jou grappie.

    Besnydenes is erger nie sommer net iets onnodigs nie. Die voorpunt van die penis is sensitief en bedek met slymvlies wat die beskerming van die voorhuid nodig het – die mens is nie toevallig gemaak soos hy gemaak is nie.

    Verder, soos in my vorige brief vermeld: “stern medical circumcision results in the loss of ... between 50 and 80% or more of its erogenous sexual nerves.”

    George

  • CorneliusHenn

    Beste George,  

     

    Aangesien jou ontblote hofie nou reeds 'n paar dae op die voorblad verskyn, het ek gevoel dalk my eier onse liewe Webvoete sal aanmoedig om dit aan te rol.  

     

    Namens wie tik jy jou protes omtrent besnydenis George?  

     

    Voel jy geskend George?  

     

    Jy laat my erg aan die leliewit  doktor Piet Croukamp dink, wat so ewe namens professor Jonathan Jansen en president Zuma se mense 'n saak teen Louise Mabille gaan maak het oor iets wat deur die swart gemeenskap self bekla word - net omdat hy so graag 'n ridder op 'n WIT perd met 'n waslap op die kop wil wees (of Wouter Ferns, wat met sy Afrika demokrasie en slimmigheid, Donald Trump en Bruce Springsteen as anti- Amerikaans op sterkte sy patetieke breinspoeling probeer afmaak).

     

    Dra jy ook 'n waslap op die kop George?  

     

    Ek dra geen kennis van enige Jood of besnedene wat hul ouers daarvoor verwyt nie.  

     

    Self, het ek ook geen verwyt nie.

     

    Wat is die kanse jy protesteer oor iets soos die onderdrukking van Afrikaans in skole, of die gif in ons drinkwater wat jou identiteit en gesondheid ook raak  - en los ander se harte waarvan jy absoluut geen kennis dra nie?  

     

    Besnede groete,  

     

    Cornelius Henn

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top