Jis, daar fok Heyneke Meyer regtig 'n gulde geleentheid op laas Saterdag!!
Ek het nog nooit so 'n geesdriftige skare gesien by enige rugby wedstryd nie, selfs al stuur jy trokke vol tenkers met brannas en coke in by Loftus gaan dit NOOIT gebeur daar dat mense hulself en die game so sal geniet nie ... shaaim, en hoeveel swart spelers in die span?? EEN!!
Dis korrek, een enkele enetjie, en die is 'n Zimbo!!
Ja-nee, kyk, dis net Afrikaners wat iets goeds so sleg kan opfok, wat 'n skande en skade vir die hele land .. .regtig tragies ... miskien moet ou HM in NZ loop afrig, sy kinderkrans-styl word dringend daar benodig ... ek lees bv in VB:
WELLINGTON. – Die voormalige All Black-losvoorspeler Jerry Collins is beveel om ’n hospitaal hier te verlaat nadat hy glo aggressief teenoor hospitaalpersoneel opgetree het.
Dit het gebeur terwyl hy vir behandeling vir ’n vriend gewag het.
Collins het verlede Sondag in die vroeë oggendure saam met twee ander by ongevalle aangekom, het Fairfax Media berig.
Hy was aanvanklik rustig, maar het kwaad geword toe hy moes wag en het verpleegsters gevloek.
Veiligheidswagte is oor luidsprekers geroep, maar Collins en sy vriende het koers gekies voor die wagte daar aangekom het.
’n Woordvoerder van die Wellington-hospitaal het die voorval bevestig. – APNZ
Ja-nee, jy kan die Afrikaners en Kiwis uit die bosse uit bring, maar hoe kry jy die bos uit hulle uit??
Francois Williams

