Anti-gay gays

  • 5

Daar is al wetenskaplik bewys dat daar in baie gevalle, waar die persoon heftig teenoor gays, veral in die openbaar optree, dat sodanige persoon, of gay, of onderliggend gay is. Sodanige persoon vrees dat die gemeenskap sal agterkom hy is gay, en kompenseer hy daarvoor deur heftig teenoor gays op te tree, om sodanig sy oriëntasie vir die publiek te verbloem. Waar dit veral voorkom is onder godsdienstige en politieke figure. In die meeste gevalle is hulle ook getroud met kinders.

Ek onthou toe ek nog op hoërskool was, was daar ‘n bullebak wat in die besondere op een verwyfde seun in ons klas gedurig gepik, en voor die ander verkleineer het. Jare later loop ek hom teë in een van Johannesburg se gay klubs, en die persoon wat op skool so “butch” voorgekom het, is toe die ene gillende verwyfde “queen” met pruik, lipstiffie en al, in die klub. In teenstelling, die sogenaamde “verwyfde” skoolseun is na skool gelukkig getroud, en toe glad nie eers gay nie.

In die VSA, veral in konserwatiewe gemeenskappe, die anti-gay Republikeinse Party, en die sogenaamde “Bible Belt”, is heelwat heftige anti-gay publieke figure op heterdaad met homoseksuele dade betrap.

Ler. Ted Haggard, pa van 5
Ler. George Allen Weakers. Baptiste predikant met “rent”, (manlike prostituut) betrap.
Rep Senator. Richard Curtis, jong man in porn winkel opgetel en na hotel toe geneem. Die het hom prober afpers
Rep Senator. Ray Ashburn, weens dronk bestuur ge-arresteer, nadat hy vanuit gay klub gekom het.
Ler. Albert Odule. Predikant van Glory House (amper dink ek Glory Hole) Pentacostal Kerk, met onder ouderdom seuns betrap.
Biskop Long. Meer as net heftig anti-gay; jong mans in sy kerk uitgelok, met beloftes van geld en vakansies.

Kyk gerus na hierdie youtube video, nl.: http://www.youtube.com/watch?v=_V39WFJIESU, wat bogenoemde publieke figure asook vele ander uitlig wat betrap was. Ek verseker die leser dat dit die moeite werd is om na te kyk.

Nog videos wat openbare anti-gays uitlig. http://www.ranker.com/list/top-10-anti-gay-activists-caught-being-gay/joanne

Die “straight”, al is hy ook moontlik anti-gay, tree glad nie heftig in die openbaar op teenoor gays soos genoemde persone nie.

Hier op SêNet het ons ook skrywers wat heftig en platvloers teenoor gays optree. Dit laat 'n mens wonder nè?

Jaco Fourie

  • 5

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    ... maar dan is hier ook skrywers soos Jaco Fourie en "Wouter Ferns", wat heftig en platvloers teenoor ander se geloof en Godsdiens optree ... dit laat 'n mens wonder nè? ... beslis ook nie dat Jaco Fourie en "Wouter Ferns" hoegenaamd verteenwoordigend van gays is nie ... net interessant hoe graag Jaco Fourie sy gay baadjie aantrek as hy teenstand vir sy drek kry ... siestog ... en nou is hier kwansuis skrywers wat heftig en platvloers teenoor gays optree ... dit lees nes die ewige apartheid blaam vir alles wat skeef loop jeens die onnoselheid van ons piesang demokrasie se leiers vandag ...

  • Luister na die liedjie " i can see clearly now" . My vertolking in Afrikaans, "ek kan nou duidelik voel daars fout met my", ek het net lesbiese neigings. En dit wil nie weggaan nie. Ek soek raad?

  • Ek weet nie of daar wetenskaplike bewys is vir wat jy sê nie maar dat dit wel 'n feit is staan soos 'n paal bo water.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top