Afrikaners wat wen

  • 0

AfriForum het vandag geslaag met ? dringende hofaansoek teen onder meer die nasionale polisiekommissaris en die South African Professional Firearms Trainers Council (SAPFTC). Die saak volg nadat die SAPD alle diensverskaffers verplig het om voor 1 November 2013 vir akkreditasie by die SAPFTC aansoek te doen. Laasgenoemde word bestuur deur ander mededingers in die professie, en direksielede van SAPFTC is self diensverskaffers. Dit beteken hulle mag nou hulle kompetisie ook reguleer.

“Dit is ? baie groot oorwinning deur AfriForum vir diensverskaffers in die vuurwapenopleidingsbedryf en die bevel sorg dat die geldigheid van die verskeie diensverskaffers se bestaande akkreditasies verseker is,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapveiligheid gesê.

AfriForum meen dat die SAPFTC ? monopolie geskep het deurdat SAPFTC sy mededingers se bedrywighede sou kon beheer, beperk en manipuleer omdat SAPFTC ‘n mededinger in die bedryf is. Die SAPFTC kon ook insae in vertroulike inligting van mededingers bekom. Die volhoubaarheid en lewensvatbaarheid van ander diensverskaffers word so in die gedrang gebring.

Volgens Cameron het die SAPD en SAPFTC sonder enige konsultasie met rolspelers die reg om opleiding te verskaf sonder waarskuwing ongeldig verklaar, deur ? brief uit te reik wat diensverskaffers as’t ware dwing om aansoek by SAPFTC te doen vir akkreditasie. Die hofbevel beskerm dus diensverskaffers se regte in dié verband.
“Die wapenwetgewing en regulasies is reeds ingewikkeld en moeilik om te bestuur. Koste styg ook voortdurend en gewone mense vind dit al hoe moeiliker om wapens te registreer,” het Cameron bygevoeg.

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top