Afrikaners wat doen en nie net praat nie … (word hiermee vervolg)

  • 9

AfriForum het die Ga-Segonyana Munisipaliteit tot 25 September 2013 kans gegee om een van hulle amptenare se aanstelling tersyde te stel omdat die aanstelling nie ingevolge wetlike bepalings geskied het nie.

Daar is ? nuwe senior bibliotekaris aangestel teen bykans R500 000 per jaar sonder dat die pos vooraf adverteer is. Volgens inligting is die persoon beide ongekwalifiseerd en onbekwaam vir die pos.

“Me. Mape se vorige kontrak in ? ander pos het verstryk en dit blyk dat die bibliotekarispos vir haar geskep is,” sê Wesley Martin, AfriForum se organiseerder vir die Noord-Kaap.

“Ga-Segonyana sal deeglik moet bewys dat daar wel vir die pos begroot is en dat die regte prosedure vir die aanstelling gevolg is.”

***********

Na die marathon-litigasieproses namens Zimbabwiese boere teen die Regering van Zimbabwe in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria, die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein en die Konstitusionele Hof, is die veiling van ? Zimbabwiese huis in Kenilworth, Kaapstad nou geskeduleer vir eerskomende Maandag, 16 September 2013 in Kaapstad.

Dit sal die hoogtepunt wees van ’n vier jaar lange regstryd waarmee AfriForum Zimbabwiese boere bygestaan het om deur middel van Suid-Afrikaanse regsprosesse druk op die bewind van Robert Mugabe toe te pas om af te sien van sy onwettige grondgrypprogram. Die Konstitusionele Hof het op 27 Junie vanjaar eenparig ten gunste van Zimbabwe-boere beslis, wat ’n bevinding van die tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap ten gunste van ’n bejaarde boer van Zimbabwe, mnr. Mike Campbell, en 77 ander boere ? bevel van die hof gemaak het.

  • 9

Kommentaar

  • Na afloop van AfriForum se suksesvolle Blou- en Groendruppel-projek wat deur al 120 AfriForum-takke regoor die land uitgevoer is, het inwoners van ander dorpe AfriForum genader met versoeke om ook húlle dorpe se watergehalte te toets. “Bekommerde inwoners van Welkom het AfriForum in kennis gestel van rioolstorting wat al ? geruime tyd plaasvind en versoek dat die organisasie die saak ondersoek. Ons sal die saak nou namens ons lede verder voer,” het CW Els, AfriForum se organiseerder vir die Vrystaat gesê

  • Die veiling van ’n huis in Salisburyweg 28 in Kenilworth, Kaapstad wat môre om 10:00 sou plaasvind, is pas opgeskort nadat die Zimbabwiese regering Vrydag inderhaas voldoen het aan ’n bestraffende kostebevel van die Tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG). Die bedrag van die bestraffende kostebevel wat deur die Tribunaal teen Zimbabwe toegestaan is, is Vrydag op die trustrekening van AfriForum se regsverteenwoordigers, Hurter Spies Ingelyf inbetaal.

  • VIER 'n AFRIKANERFEES te VOORTREKKERMONUMENT  24 Sept 13

    Gereël deur AfriForum

    Braaivleis, potjieskos, souskluitjies, koek- sisters, stokbrood, tuisgemaakte konfyt en vele tradisionele gunstelinge om die mond te laat water. Dan is daar volkspele, boeresport, ‘n boereorkes en ‘n aanloklike antiekmark ook.

  • CorneliusHenn

    ... en 'n gaypride? ... nie dat my sou lok nie; net jou entoesiasme is tog so oorweldigend!

     

     

     

  • Cornelius.

    'n 2009 Nuusuittreksel van 'n gayfees by die Voortrekkermonument.  'n Fees waar mense trots was om beide gay en Afrikaner te wees.  Die daaropvolgende reaksie van die kerke en die Voortrekker-jeugbeweging was so oorweldiging negatief, dat opvolg feeste daarna nie meer toegelaat is nie.

    15 Aug  2009.   Pretoria celebrates its Rainbow Community this August with a day of music, entertainment and fun for the whole family at the Voortrekker Monument’s Amphitheatre, co-sponsored by OUT Well-being and Prism Lifestyle Centre (www.out.org.za). The Pink Jacaranda Music Affair will paint the city all shades of pink on Saturday August 15; featuring live performances by Afrikaans rocker KAREN ZOID, the legendary ELZABÉ ZIETSMAN, out-and-proud MELANIE LOWE, funny man MARC LOTTERING and South Africa’s leading boy band, EDEN. In addition to the day's entertainment, it has been announced that OUT-Lesbian/Gay/Bisexual/Transgender (LGBT) Well-being will also be playing a major role at the Pink Jacaranda Music Festival.

  • AfriForum se tak in Kuruman het ? skrywe gerig aan Ga-Segonyana Munisipaliteit waarin 18 brandpunte uitgelig word wat die gemeenskap as geheel benadeel en Kuruman se infrastruktuur laat verbrokkel. Die skrywe is gerig met die doel om Ga-Segonyana in te lig van probleme en om dan oplossings te vind om seker te maak dat die dorp vooruitgaan. Tot dusver is daar nog geen antwoord ontvang vanaf die munisipaliteit nie. “Dit toon duidelik dat munisipale amptenare poste beklee en salarisse trek, maar glo dat dienslewering aan die gemeenskap nie Ga-Segonyana se prioriteit is nie,” sê Nico Erasmus, voorsitter van AfriForum se tak in Kuruman.

                                                             *********************************

    Die burgerregte-organisasie AfriForum hou vandag samesprekings met alle belangrike rolspelers in die Mooinooi-omgewing in Noordwes om te besluit hoe gebrekkige dienslewering in die dorp die hoof gebied kan word. “Sonder ? georganiseerde burgerlike inisiatief stuur Mooinooi op ? ramp af,” het Ian Cameron, AfriForum se organiseerder in Noordwes gesê. 

                                                            **********************************
     
    AfriForum het ’n tak in Utrecht gestig om die inwoners van dié dorp in KwaZulu-Natal te help om swak dienslewering, munisipale wanbestuur, omgewingsake en veiligheidskwessies te hanteer. Die organisasie en sy lede wil graag dié dorp, wat sy 160ste bestaansjaar aanstaande jaar vier, in sy eertydse glorie herstel. AfriForum se betrokkenheid in die streek bring mee dat die gemeenskap nou die kapasiteit het om kwessies aan te pak wat die hele gemeenskap raak.

  • Die burgerregte-organisasie AfriForum het ? aansoek gebring ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om die diensvlakooreenkoms tussen die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit en Centlec te verkry. Die oogmerk van die aansoek is om die bepalings en voorwaardes van die ooreenkoms te fynkam nadat AfriForum verskeie klagtes oor Centlec se diens ontvang het, onder andere oor buitengewone rekeninge en ? gebrek aan reaksie op navrae. ? Gastehuis het byvoorbeeld ? rekening van R895 117 vir een maand ontvang.                                                                                
                                                                                     **********
    AfriForum se Upington-tak het in Mei 2013 ? klag by die SAPD gelê oor vrugtelose besteding van belastinggeld. Tydens die Musiekfees in 2011 is daar ? maatskappy aangestel om die fees te bestuur teen ? bedrag van bykans R1,2 miljoen – ? bedrag waarvan Khara Hais nie rekenskap kan gee nie.  Verder kan inkomste uit kaartjieverkope van R156 000 nie opgespoor word in Khara Hais se boeke nie. Een van die kunstenaars wat moes optree, is betaal maar het nooit opgedaag nie. Dit kos die belastingbetaler R20 000.

                                                                                     **********
    AfriForum Jeug het vandag ‘n nuwe liefdadigheidsinisiatief bekend gestel. Groen emmers vol skryfbehoeftes en ander benodighede sal aan kinders uitgedeel word. Die Groenemmerprojek het ten doel om skole en kinderhuise te ondersteun wat weens regeringsbeleid en rasseklassifikasie nie meer die nodige finansiële ondersteuning vanaf die regering en die sakesektor ontvang nie. Nuwe beleid bepaal dat besighede slegs punte vir Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) sal ontvang indien die kinderhuis wat hulle ondersteun meer as 75% swart kinders het.

  • AfriForum het vandag onmiddellik saam met die gemeenskap van Thabazimbi opgetree en daarin geslaag om grondbesetters te laat verwyder. Dít, nadat die organisasie klagtes vanuit die gemeenskap ontvang het oor die beweerde plakkery naby die Marakele-pad, sowat 3 kilometers buite Thabazimbi. “Dit is ? groot oorwinning vir die gemeenskap en ons is bly dat hulle die probleem by AfriForum aangemeld het, sodat die plakkers onmiddellik verwyder kon word,“ het Morné Mostert, AfriForum se organiseerder vir Limpopo gesê.

                                                                           **********
    AfriForum se regspan sal gereed wees om te keer dat hul lede in die Thaba Chweu munisipale gebied se elektrisiteit, as gevolg van die onbevoegdheid van ? paar individue in dié munisipaliteit, afgesny word. Eskom het aangekondig dat elektrisiteitstoevoer op 16 Oktober 2013 afgesny gaan word in onder meer Lydenburg, Graskop en Sabie, omdat die munisipaliteit versuim het om sy rekening van R146 638 495.43 te vereffen.

                                                                          ******
    Die burgerregte-organisasie AfriForum het ná 2 gewelddadige aanvalle in Zeerust in die Noordwes vandag bevestig dat hulle nou self gemeenskappe gaan begin beveilig. Hierdie aankondiging volg nadat die Suid-Afrikaanse Polisiediens steeds nie plaasaanvalle geprioritiseer het nie en versuim om dorpsgemeenskappe veilig te hou. “AfriForum gaan nou pro-aktief gemeenskappe begin organiseer om self strate te begin patrolleer. Radiostelsels word ook reeds by takke geïmplementeer om kommunikasie in gemeenskappe te bewerkstellig,” het Ian Cameron, organiseerder vir AfriForum, gesê.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top