Solidariteit het ‘n geweldige oorwinning teen onregmatige regstellende aksie teen wittes gemik, laas week in die hof verpletterend gewen. Dit skep ‘n wetlike president vir ander gevalle vorentoe. Vir die volle berig lees:
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Regstelaksie-n-Stortvloed-sake-kom-20131130.
Ek het in ‘n vorige skrywe genoem dat die huidige konstitusie nog gaan voorsien dat die hele debakel van regstellende aksie onkonstitusioneel verklaar gaan word. Wag. Julle gaan dit nog sien kom. Ek verwag die ANC en sy bondgenote gaan skarrel om die konstitusie gewysig te wil verklaar in ‘n poging om hulle onderdrukking teen blankes te probeer voortsit.
Afrikaner leierskap is nou werklik in wording sedert Solidariteit / AfriForum hul aksies ‘n klompie jare begin voortsit het. Hulle is nie alleenlik ‘n burgerregte groep meer nie, maar daadwerklik ook ‘n mag wat nie geïgnoreer kan word nie. Die DA sal oor sy skouer voorts moet loer wat Solidariteit / AfriForum doen en daarmee tred hou indien hulle nie hulle groot Afrikanersteun wil verloor nie.
Die verlede met al sy foute beide kante toe is verewig verby. Die opwindende toekoms vir Afrikaners lê nog vorentoe om opgeraap te word.
Jaco Fourie


Kommentaar
Jaco Fourie se optimisme is pragtig! ... sy besorgdheid oor sy "swart serp" antie Zille en hul DA, is egter ironies ... nee Jaco Fourie, jou antie se organisasie is selfs die eerste in die geskiedenis van die "demokrasie" om teen die Afrikaner Boere se grondwetlike reg buite Kleinfontein te gaan protesteer het ... jou antie was ook onlangs in die nuus toe haar Ingelse bende nog meer wetgewing gesteun het in haar "swart serp" tradisie vir regstellende aksies en swart bemagtiging wat die Afrikaner Boere se oorlewing ondermyn ... die Boere Afrikaners is ‘n gewilde teiken van bykans al wat ‘n wet, beleid of regeringsuitspraak is ... ja, ten spyte of selfs as gevolg daarvan, het ons ‘n goeie saak en groeiende aansprake op beskerming en die bevordering van ons historiese ideale ... as OPPOSISIE vir die DA! ... Boeregroete, Cornelius Henn
Jaco ek stem heelhartig saam met jou. Die geleenthede is daar om gebruik te word. Ek was ook een van die PANDA (previously advantaged now disadvantaged) lede van die samelewing. Ek het vriende afgeskryf wat die heel tyd op die negatiewe haper en het my gesindheid verander. Trienie het die tipe persone as toksies gebrandmerk. Ek hoor ook gereeld van die Boere gaan weer die land terugvat ens met die normale retoriek van gewapende opstande. Ek wil dit eers sien. Reël 'n "opstand vergadering" tydens die rugbyseisoen en kyk hoeveel latte daag daar op. Dit is baie maklik om die situasie te manupileer en tot jou voordeel uit te buit. Jy moet net weet hoe en dit is nie kruiperigheid nie.
Rooi Daantjie se Praag gal oor plaasmoorde en oor regstellende aksies teen wittes gemik, maar swyg soos die graf wanneer AfriForum, soos hierbo en elders genoem, iets positiefs daaromtrent doen. Jy sal nêrens op Praag-webblad iets daaroor lees nie, net alleenlik die propaganda wat hulle vir hulle lesers wil opdis.
Jacobus Faasen
In 'n vorige respons het jy genoem dat Solidariteit / AfriForum 'n rassistiese organisasie is. Ek het onmiddellik daarna die teendeel vir jou bewys waarop jy nie die moeite gedoen om my te antwoord nie. Ek gee jou verdere bewys deur Rapport 01/11/13 te kwoteer vanuit die skakel hierbo in my brief aangegee, dat hulle ook vir bruinmense optree, nl.
"Verlede maand het die arbeidshof in Kaapstad bevind die departement van korrektiewe dienste se regstellende-aksieplan is onbillik. Solidariteit het dié saak namens tien bruin bewaarders hanteer".
Reusedwerg
Dankie vir jou respons
AFRIKANERS WAT DIE AFRIKANERSAAK ERG SKAAD
Flip Buys uitvoerende hoof van Solidariteit / AfriForum het ‘n striemende aanval geloods teenoor gekkegrens Afrikaners wat deur hulle optredes en openbare uitsprake, die Afrikanersaak erg skaad. Hy het gereageer deur te sê:
“Dan Roodt se gebruik van rasse argumente, skynbaar in ‘n lomp poging om die Afrikanersaak te bevorder deur te probeer ‘bewys’ hoe dom swartmense nou regtig is, veral gemeet teen geleerde wit rassiste”.
“Al wat sulke mense en hul argumente regkry, is om nog meer verbete vyande vir Afrikaners te maak, en om talle gematigde Afrikaners te vervreem van enige iets wat Afrikaans is……….Afrikaners het ‘n goeie saak, en dis nie nodig om dit met swak argumente self verder te benadeel nie”.
“Daarom het ons sedert die beginjare van die opbou van die Solidariteit Beweging, besluit om ons saak verstandig, oordeelkundig en geloofwaardig uit te bou. Ons speel altyd hard, maar nooit vuil nie. Ons veg vir die Afrikaner se waardigheid, maar gaan nie ander se menswaardigheid in die proses probeer afbreek nie. Ons eis niks op wat ons nie vir ander gun nie.” (Aldus Flip Buys - Maroelamedia).
Vir die volle berig, lees: http://debat.maroelamedia.co.za/2013/12/04/rasse-argumente-benadeel-afrikanersaak/
Jaco Fourie
Jaco Fourie, kry jy nie genoeg van jouself nie ... ek meen, sommer drie uit vier van die kommintare deur jou hierbo is aan jouself ... nietemin, skraap moed bymekaar en plaas sommer self Praag se sinvolle kommentaar op Flip Buys se kwaad stokery tussen Afrikaners ... daar is grootse organisasies soos OASE wat ook lankal gatvol is vir die kleinlikhede van Afrikaners wat jy ook nes Flip Buys so graag probeer misbruik ... wat sou die Afrikaner se vyande soos jou antie Zille meer wou had as twis in Afrikaner geledere? ... derhalwe, gaan kyk hoe lojaal is die ander Afrikane aan hul medegenote in teenstelling met jou lus vir binnegevegte met jou mede Afrikaners ... Afrikaners stem vir Afrikaners - wat dink jy tog daarvan? ... 'n groot Afrikaner het op 'n dag geseg: "die lafaards en verraaiers in die geledere van sy eie volk, en nie die moedige Britse soldate nie, was die hoofoorsaak van die gruweldade teenoor ons vroue en kmders. Hulle was die gespuis wat ons meer skade berokken het as die hele Britse mag," het hy altyd met veragting uitgeroep" ... Boeregroet, Cornelius Henn