Afrikaner help teenvigsmiddel ontwerp

  • 4

Van die menigte Afrikaners wat dit land vir beter geleenthede in die buiteland verlaat het, het hul stempel op die mensdom agtergelaat. Onder hulle is Dr Elna van der Ryst.

Dr Elna van der Ryst, meanwhile, was early in her career as a medical doctor in South Africa when the AIDS epidemic hit her native land with full force. “Every single South African has been touched by HIV, and even as a young doctor I lost friends and patients to the disease. Seeing patients die early in the epidemic shaped my career. For me, it was personal.”

Convinced there must be better options for treating the disease, she completed a postgraduate degree in virology and started to do research on HIV. After earning various degrees, including a Ph.D. with studies on HIV vaccines, she joined Drs. Wood and Perros at the Pfizer lab in 1999. http://www.innovation.org/index.cfm/StoriesofInnovation/InnovatorStories/The_Story_of_Selzentry

SELZENTRY was the first new oral medication for HIV in 10 years when it was approved in 2007 for CCR5-tropic patients already taking antiretroviral treatment. In November 2009, the Food and Drug Administration also approved it for newly infected patients who are CCR5-tropic. More than half of the more than one million Americans infected with HIV are CCR5-tropic and thus potential candidates to benefit from SELZENTRY.

Drs Wood, van der Ryst and Perros accepted the award at a luncheon at PhRMA's annual meeting today in Arlington, Va. Awards were presented by PhRMA President and CEO Billy Tauzin and by two-time Olympic gold medalist Greg Louganis.

Louganis said that when he was first diagnosed with HIV/AIDS in 1988, the disease was considered by many a death sentence. He was prepared to go home, lock the door and wait to die. Instead, his life was saved through new medicines. Most recently, he began taking SELZENTRY and today was looking forward to thanking the scientists for their work.

"I feel incredibly privileged to be part of the team that was in the right place at the right time to convert science into something of value to mankind," Dr. Wood said in an interview prior to the award. "We not only found a medicine, but firsts in many ways in terms of science."

Dr van der Ryst, who began researching HIV after the deaths of both friends and patients in her native South Africa, said her years working on SELZENTRY were the most exciting of her life. Dr Perros added, "It doesn't take tens of thousands or millions of patients to make the work feel worthwhile. To sit with one person who survived and is healthy because of medicine you worked on is a tremendous feeling of satisfaction."

PhRMA's Discoverers Award recognizes scientists whose work has greatly benefited mankind.
http://www.natap.org/2010/newsUpdates/032010_01.htm

Jaco Fourie

  • 4

Kommentaar

  • Ek is erg trots op Suid-Afrikaners wat iewers iets ontwikkel en of ontdek het. Dit is maar weereens 'n bewys van die breinkrag wat onder die Suid-Afrikaners te vinde is.

    Wat my bietjie stof tot nadenke gee is uitsprake en onthullings dat daar 'n teenmiddel of genesing vir HIV en of Vigs ontwikkel/gekry is. Ek het op die forum reeds geskryf dat daar nie werklik 'n teenmiddel of geneesmiddel vir die siektes te vinde sal wees nie. Ek motiveer my stelling op wat 'n baie slimmer ou as wat ek is vir my verduidelik het.
    Hy het genoem jy kry hoofsaaklik drie soorte "siektes". Virusse, swamme en infeksies. Laasgenoemde twee kan jy lokaliseer, 'n virus nie. Hy gebruik die eenvoudige voorbeeld van die verkouevirus. Die virus beweeg, hy verander en val ander organe aan. Hy noem ook as jy verkoue het, gaan kooi toe vir drie of vier dae. Drink baie water of lemoensap. Drink Disprin. Sedert hy dit vir my genoem het, spaar ek doktersgelde, apteekgeld en het sielerus. Ek dink die mense skep vals hoop op uitsprake dat daar 'n geneesmiddel vir Vigs/HIV is.
  • Hello, 

     
    Hierdie raak my diep en het ek nog nie seker in detail daar deur gewerk nie, maar in November 2012 & Desember 2012 was ek in die VIGS-stadium. Met koors en infeksies elke dag, kon skaars loop, was pap elke dag en het soos 'n zombie op my ouers se rusbank gewees terwyl ek op verlof was. 
     
    Ek het Desember begin werk, die eerste dag terug het ek 'n koue koors gehad, voor sewe die oggend, ek begin ses uur die oggend en het een oggend amper versmoor tussen die huis en werk en is net gered aangesien 'n persoon wat by dieselfde plek as ek werk my langs die pad gekry het en ek my asem so kon herstel en daarna in die oggende 'n geleentheid gebied het. 
     
    In daardie week is ek ook behandel vir longontsteking en afgeboek vir 'n week en op 'n dosis antibiotika gesit wat my deur getrek het. 
     
    Tussen week twee en vier van Desember het hierdie dodemars voortgegaan, in die middae het dit my 'n uur en half geneem om 'n kilometer en 'n half te loop...
     
    So het dit aangekarring, tot en met 'n 'intervention', my bestuurder, my ouers, twee kollegas, vriende wat aangedring het dat ek my moet laat toets vir 'n reeks siektes en het HIV die lys gemaak. 
     
    Maar nog steeds geen ore nie, en gaan die hele Januarie 2013 ook so verby, hierdie geraamte in almal se midde en ek wat aanhou dit is 'nasale drip'. 
     
    Uit die bloute besluit ek tog om 1 Februarie 2013 te gaan vir toetse, 8 Februarie 2013 het ek my resultate en is dit bevestig. HIV+. 
     
    Wat 'n omwenteling. 
     
    Die medikasie is nie so pynloos soos gedink sou word nie, die naarheid, die slapeloosheid, die duisligheid, die 'kognitiewe disfunksie', 'n dofheid, stadige reaksie, so produkwiteit is soms 'n uitdaging, maar eerder dit as sit en dood gaan..... 
     
    Die afgelope twee dae bv, Maandag, 'n naarheid sonder end, vandag 'n duisligheid en 'n klap van die windmeul wat my van balans het en stadig laat dink wat eers hier teen 11 uur gelig het. 
     
    Elke dag is 'n verrassing en is 'n dag waar ek volkome 'perfek' is 'n blye dag.....
     
    Twee weke gelede lees ek, How we die, met twee hoofstukke wat VIGS aanspreek.
     
    Daar is geen maklike dood nie, maar het die beskrywing daarvan my met afgryse gevul en is VIGS 'n uiterse onaangename manier om te sterf, 'n lang manier en is die vernietigende krag van hierdie virus vir my verstommend, amper 'n tipe kanker, aangesien die virus vermenigvuldig by die biljoene daagligs en so jou liggaam oor tyd volkome vernietig, soos kanker doen. 
     
    Die medikasie vernietig hierdie 'copies', elke dag, maar die virus is uitgeslape en is nou deel van jou DNA en kan dit nie daaruit vernietig word nie. 
     
    Twee weke se stop van medikasie, laat die 'copies' weer lewendig word en die biljoene wat dan per dag geskep word in volle geweld na vore kom en weer met die aftakeling van jou liggaam begin. 
     
    Daarom dan, daar is geen genesing nie, en glo ek nie Jaco het daardie indruk geskep nie, slegs die onderdrukking van die biljoene 'copies' wat daagliks in jou bloed stroom. 
     
    Hierdie jaar is 1 Desember 2013, VIGS-dag vir my veral van belang en beplan ek om aktief betrokke te wees. 
     
    Hart, ouderdom, kanker, alzheimers, is alles verskriklike maniere om te sterf, sit daarby nou die virus en sy uiteinde, VIGS.
     
    Ek bied geen kommentaar oor ander virusse nie en het my net beperk tot hierdie een. 
     
    (Daar kan bv na Carl Zimmer se 'a planet of viruses', gekyk word). 
     
    'n Virus is 'n erge ding en hierdie is een van die ergstes, 'n verstommende vernietigende entiteit. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Beste Wouter

    Dankie vir hierdie eerlike insiggewende kommentaarbrief van jou oor VIGS. 'n Naby familielid van my sit met dieselfde probleem en wou ek jou al omtrent simptomes (soos hierbo deur jou genoem) uitgevra het, maar wou jou nie ontbloot. Die 'nasale drip' is ook vir my 'n openbaring.

    Namens ander, wat ek weet jou skrywes gaan dophou, vra ek dat jy nie jou kennis of inligting daaroor sal terughou, maar met ons sal deel. Hoe ookal gering. Ander in dieselfde boot het nie die moed om daaroor te skryf of te praat nie, en weet ek hul hou jou skrywes dop met valkoë. Dit help ons baie wat naby sulke mense is, om hul optredes te verstaan. Ek sal ook waardeer indien jy kan laat weet watter 'tyd' die beste is om die medikasie te neem. Sou jy dit voor ete of na ete aanbeveel? Help dit ook om Disprin saam dit te neem?   

    Waardeer

     

     

        

  • Ek bedank jou ook vir die insiggewende brief. Soos dit maar in die lewe gaan, onkunde is gevaarlik, nie dat ek dink ek is kundig op die HIV/Vigs onderwerp nie. Die mense moet praat, daar is ander wat daarmee moet saam leef maar nie kennis het nie. Sterkte

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top